Kuier

Kultuur van geweld

-

Charlie Johnson (37), ’n predikant van Bellville in Kaapstad, sê hy dink heeltemal te veel mense, veral vroue, ken iemand wat ’n slagoffer van geslagsgew­eld is of was.

“Ek dink dit begin by opvoeding en ’n omgewing skep waar mense vertroue het dat as hulle vorentoe gaan kom met inligting, hulle werklik die hulp gaan kry wat hulle benodig,”sê hy.

“Jy kan nie net‘ag shame’sê en dan vir hulle terugstuur na waar hulle onveilig is nie. Maar meer as dit moet ons mans, seuns en selfs vroue en jong meisies bewus maak dat dit nie reg is nie. Jy moet onmiddelli­k opstaan wanneer daar iets in jou midde gebeur.”

Marisa Calvert (36), ’n ma van Brackenfel­l in die noordelike voorstede van Kaapstad, sê as ’n vrou en ma in Suid-Afrika vrees sy daagliks vir haar en haar kleuter se lewens. Sy voel werklik die kanse is groter dat sy verkrag of vermoor kan word, voordat sy met Covid-19 gediagnose­er sal word.

“Verkragter­s en mishandela­ars verskyn nie net eendag nie, hulle word gegroom en grootgemaa­k in ’n kultuur van wolfwhistl­ing, slut-shaming en body-shaming. In ’n samelewing en kultuur waar die slagoffer die skuld kry en waar hulle dink hulle ’n vrou se liggaam besit,”sê sy kwaad.

“Mans moet hul vriende aanspreekl­ik hou vir die voortbesta­an van verkragtin­gskultuur. Hou op met die grappies, hou op om vroue te blameer en te sê dat hulle sletterig aangetrek het, en as ’n vrou nee sê, dan is dit nee.”

Marisa voeg by dat vroue nie“ja”hoef te sê net om ’n man se kosbare ego te prys nie.“Ons het platforms nodig vir regte gesprekke en debat, omdat mans meer geraak word deur ’n hashtag soos #menaretras­h in plaas daarvan om vir vroue en kinders se veiligheid te veg.”

Laila Majiet (29) van Johannesbu­rg sê GBV is nie ’n plaag wat die regering alleen kan regstel nie. Sy glo sterk ’n veeldoelig­e benadering is nodig om dit te hanteer.

“Dis nie vroue se plig om meer matig aan te trek om hulself te beskerm sodat hulle die risiko dat hulle aangeval, mishandel, verkrag of vermoor word tot die minimum beperk nie. Dis mans se taak om hul gedrag te verander en dit begin tuis.”

“Die manier waarop ons seuntjies grootmaak, hoe hulle hul vaders se gedrag teenoor hul ma sien en hoe ander ouer manlike figure die vroue in hul gesin behandel, dít is waar dit alles begin.”

Prof. Shanaaz Mathews van die Children’s Instituut in Kaapstad vertel die GBV Command Centre het ’n skokkende toename in oproepe ontvang, hoewel die meeste gevalle ’n hulpkreet vir armoedever­ligting en nie geweld is nie.

“Childline Gauteng het 60% meer oproepe oor geweld en mishandeli­ng ontvang. Wat ons weet, is dat gewelddadi­ge misdade afgeneem het tydens lockdown vlakke vyf en vier, terwyl trauma-eenhede in hospitale weer besig geraak het toe die alkoholver­bod gelig is en ons kan net voorspel dat vlakke van geslagsgew­eld weer toegeneem het.” te word, is wanneer sy hom los.”

Shanaaz voel die dieper issues, dit wat dié geweld dryf, moet aangespree­k word.

“Dit gaan oor sosiale norme in die gemeenskap – dat mans steeds toegelaat word om vroue en kinders te beheer. Tot ons dít nie verander nie, verander hoe die gemeenskap die rol en plek van ’n vrou sien nie, gaan ons nie geslagsgew­eld beëindig nie.”

Maar geen van dié planne, beloftes, opinies of wette maak enigsins ’n verskil aan die hartseer van Martin en Dorena Kortjie en so baie ander soos hulle nie. Hul lewens is vir ewig verwoes, gedompel in rou en verlange, deur die sinnelose dade van gewetenlos­e varke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa