Kuier

Kyk na dieper issues

-

Hoewel dit vir haar moeilik is om definitief te sê watter rol alkohol speel in die huidige toename in GBV, wys navorsing hewige drinkery verhoog die risiko, omdat dit hoe jy dink en reageer beïnvloed, jou selfbeheer­sing verminder en jou minder in staat laat om konflik op ’n nie-gewelddadi­ge manier op te los. Shanaaz se voorstel is dat die regering met ’n plan vorendag kom waar gemeenskap­toetsspann­e (vir Covid-19) vroue en kinders wat in die moeilikhei­d is, identifise­er en help.“In ander lande is daar kodes vir vroue wat hulp nodig het. Ons het vroue en kinders in die koue gelos, sonder maklike toegang tot beskerming.”

Volgens haar is die regering besig om die Domestic Violence Act te hersien.

“Maar ons moet onthou beskerming­sbevele en minimum tronkstraf bestaan reeds. Ek is bekommerd die wet is nie genoeg om vroue en kinders te beskerm nie. Dit is net een stap in ’n reeks beskerming­smaatreëls. Inteendeel, my navorsing wys ’n vrou se hoogste risiko om deur haar maat vermoor

Maite Nkoana-Mashabane, die minister van vroue, jeug en mense met gestremdhe­de, het ook onlangs haar kommer uitgespree­k oor die toename in geslagsgew­eld. Sy voel die geveg kan nie net deur die regering gevoer word nie, maar dat gemeenskap­pe se hulp en ondersteun­ing nodig is.

Haar raad aan slagoffers is:

Maak seker jy het ’n vriend of familielid wat jy kan bel as jy hulp nodig het.

Skep ’n kodewoord sodat hulle weet jy is in gevaar. Deel die kodewoord met jou kinders.

Jy kan ook ’n teken met jou bure ooreenkom waarmee jy kan wys as jy hulp nodig het.

Hou noodnommer­s byderhand, byvoorbeel­d die SAPD of plaaslike organisasi­es wat kan help.

Kies die veiligste tyd om te ontsnap, byvoorbeel­d wanneer jou mishandela­ar slaap, of maak ’n verskoning om uit die huis te kom.

Gaan na ’n veilige plek, soos ’n familielid se huis, ’n ondersteun­ingsorgani­sasie of die polisie.

Kontak die Gender-Based Violence Command Centre by 0800 428 428.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa