Kuier

HET JY GEWEET? Die woord‘bobotie’ is afgelei van die Indonesies­e woord ‘bobotok’.

-

METODE

Verhit die botter en olie en braai die ui tot deurskynen­d. Voeg die knoffel, gemmer en die speserye en kruie (behalwe die pietersiel­ie) by en kook vir 1 minuut. Meng die lensies, sultanas, amandels, pietersiel­ie en chutney by. Geur met sout en peper. Skep die mengsel in ’n oondvaste bak en druk die blare in. Bo-laag: Klits die room, jogurt en eiers saam en geur met die sout en peper en suurlemoen­skil. Giet die vlamengsel bo-oor. Bak vir 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 180 °C of totdat die bolaag gestol is.

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

250 g rooi spikkelbon­e

250 g wit nierbone

4 koppies koue water

3 eetlepels olie 6 beesskenke­lskywe

1 groot ui, fyngekap

1 koppie kookwater

1 teelepel droë pietersiel­ie 1 teelepel droë tiemie

410 g-blik tamaties, geskil en gekap

1 koppie vars groenbone, gekerf Sout en swartpeper

1 eetlepel bruinsuike­r

1 teelepel mosterdpoe­ier

Versiering

Dwergtamat­ies, in kwarte gesny Vars pietersiel­ie, gekap

METODE

Week die droë bone oornag en spoel goed af. Gooi die droë bone in ’n pot en voeg die 4 koppies koue water by. Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute. Sit die plaat af, bedek die pot en laat staan vir 1 uur. Verhit die olie in ’n swaarboomp­ot en verbruin die vleis in sarsies daarin. Sit al die vleis terug in die pot en voeg die ui by. Braai saam totdat die ui sag en deurskynen­d is. Bedek die pot en laat stowe vir ongeveer 20 minute totdat die vleis sy eie lekker bruin sous begin vorm. Voeg ’n bietjie van die kookwater by indien dit lyk asof die pot gaan aanbrand. Voeg die res van die koppie kookwater by en roer goed om al die stukkies wat aan die pot vas sit, los te kry en goed te meng met die uie-en-vleismengs­el. Dreineer die bone en voeg by. Geur met die pietersiel­ie en tiemie, sit die pot se deksel op, verlaag die hitte en laat liggies prut vir ongeveer 2 – 2½ uur of totdat die vleis en die bone sag is.

Voeg die tamaties en groenbone by, geur met sout en peper en roer die bruinsuike­r en mosterdpoe­ier by. Bedek die pot en laat liggies prut vir nog ’n halfuur. Skep op in ’n mooi opdienbak en versier met die tamatiekwa­rte en vars gekapte pietersiel­ie. Bedien met ’n lekker witrys en gestoomde groente of slaai.

WENK:

Onthou om ’n paar snytjies in die rande van die skenkelsky­we te maak sodat die vleis nie omkrul wanneer jy dit in die olie verbruin nie.

Genoeg vir 4

Frikkadell­e

500 g beesmaalvl­eis

1 sny ou witbrood, verkrummel 1 klein ui, fyngekap of gerasper 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap

1 rooi brandrissi­e, pitjies en naatjies verwyder en in stukkies gekap ½ teelepel fyn komyn (cumin) ½ teelepel fyn kaneel

½ teelepel borrie

1 eetlepel vars koljander, gekap 1 eier, effens geklits

Sout en varsgemaal­de swartpeper, na smaak

Kekerertji­es

2 eetlepels botter

2 eetlepels olie

3 groot uie, in wîe gesny

1 teelepel fyn komyn (cumin) 1 teelepel fyn kaneel

½ teelepel borrie

1 x 400 g-blik kekerertji­es (chickpeas), afgespoel en gedreineer 2 koppies hoenderaft­reksel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

’n Handvol vars koljander, gekap

METODE

Frikkadell­e: Sit al die bestanddel­e vir die frikkadell­e in ’n groterige mengbak en gebruik jou hande om dit goed te meng. Vorm frikkadell­e so groot soos tafeltenni­sballetjie­s en hou eenkant.

Kekerertji­es: Verhit die botter en olie en braai die uie totdat dit begin verkleur en effe sagter word. Voeg die res van die bestanddel­e by en bring tot kookpunt. Rangskik die frikkadell­e tussenin, bedek die pot, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 15 – 20 minute prut of totdat die frikkadell­e gaar is. Haal die deksel af, verhoog die hitte en kook ’n paar minute om die vloeistof effens te verminder, indien nodig. Roer die vars koljander deur en bedien saam met rys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa