Kuier

Iets van die verlede

-

Wat ek wel moet doen, is om bewus te wees daarvan. En dís ’n groot uitdaging. Diegene in ’n posisie van voordeel ontken dit dikwels en wil nie die verantwoor­delikheid van voordeel aanvaar nie. Dan is die argument ons moet rassisme agter ons sit.

“Dis ’n element wat diep gesprekvoe­ring en diep refleksie nodig het van alle kante af. Nes dit nie help dat wit mense onbewus is daarvan nie, help dit ook nie dat ’n swart of bruin mens hom in ’n plek van victimhood sit nie. Dit is ’n interrassi­ge gesprek wat gevoer moet word, maar vanuit ’n persoonlik­e dinamiese oogpunt is dit die groep wat bevoorreg is se verantwoor­delikheid om die eerste skuif te maak.”

Hy glo egter nie dat net wit mense rassisties kan wees nie.“Ek sien dit daagliks by swart leiers. Dis die verwerping van ’n ander ras se identiteit wat ’n mens rassisties maak en die onderdrukk­ing van daardie ras.”

Volgens hom is baie wit mense huiwerig om hulle oor white privilege uit te spreek omdat hulle nie graag wil erken deel van hul vooruitgan­g, hul prestasie op ’n sekere vlak toegeskryf kan word aan die feit dat hulle wit is nie.

Alewyn Vorster (61), ’n oudweermag­lid van Loxton in die Noord-Kaap, sê toe mense die berugte George Floyd-video gekyk het, het hulle nie die polisieman as ’n polisieman gesien nie, maar as ’n“blanke wat ’n polisieman is”.

Volgens hom sou daar geen bohaai oor die voorval gewees het as dit ’n“anderskleu­rige polisieman”was nie. Hy meen ook wat swart mense sien as rassisme, sien hy as klassisme.

“Hulle verstaan nie dat daar binne die wit gemeenskap ook verskillen­de klasse is nie. Dit was nog al die jare só. Die backlash behoort eintlik gerig te wees teen die superrykes. Hulle is ruthless en sal figuurlik gesproke jou keel afsny in besigheids­transaksie­s – of jy nou wit of swart is. Die res van ons moet betaal vir die wyse waarop die superrykes besigheid doen. Ek kom uit ’n agtergrond waar my mense baie, baie, báie arm grootgewor­d het en gewerk het vir wat hulle het. Wat my betref, gebruik swartes heeltyd hul velkleur as verskoning om nie vooruit te gaan nie.”

Alewyn gee toe wit mense het bloot op grond van velkleur groter toegang tot mag en hulpronne gehad.“Dit was vroeër so. Nie meer nie. Dis duidelik met die Covid19-inperking bewys. Watter hulp het klein wit besighede nou van die staat gekry? Die huidige rassisme is van staatskant.”

Prof. Jan Havenga (63) van Universite­it Stellenbos­ch definieer weer white privilege in terme van sy lewenserva­ring.“Ek is in 1956 gebore in ’n baie, baie arm gesin. Ek het moeilik grootgewor­d. My pa het as arbeider op die Spoorweë begin werk. ’n Paar goed het duidelik uitgestaan: As witte was ek verseker van ’n werk, daar was absoluut geen twyfel daaroor nie. Wittes was verseker van werk, maak nie saak wat hul omstandigh­ede was nie. Ek onthou toe ek by Transnet gaan werk het, was daar ’n geval van ’n ou wat drie keer afbetaal is omdat hy so drooggemaa­k het. Maar elke keer is hy maar net weer werk gegee.

“Vandag is ek steeds ’n werkende persoon, maar swart mans van dieselfde ouderdom of selfs jonger, het nie daardie voorreg nie. Dis ’n bate wat vir my geskep is. As ek hieroor praat, sien sommige mense dit as white shame. Dit is nie.

“Ondanks my agtergrond het ek ’n goeie skoolopvoe­ding gehad wat my ouers niks gekos het nie. Ek het goeie onderwyser­s gehad. Ek kon ondanks my agtergrond beurse kry en universite­it toe gaan. Dít was white privilege. Ek gee terug uit hierdie kapitaal wat ek as white privilege gekry het. As die regering byvoorbeel­d verwag ek moet ekstra belasting betaal en dit word reg aangewend, sal ek dit doen.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa