Kuier

Red jul verhouding

-

se spasie.“Maak nie saak watter kant toe ek draai nie, hy is daar. Dit voel ek asem sy asem in. En die man raak lastig,”vertel sy.

Vir Mathilda was dit skokkend om te besef hoe morsig Piet kan wees en dat hy nooit ’n hand lig om ’n koppie te was nie.“Hy gooi nie eens sy vuil klere in die wasgoedman­djie nie!”Ná ’n paar weke het hulle nie regtig iets oorgehad om vir mekaar te sê nie en die irritasie bou op soos ’n prutpot.“Ek begin al hoe meer dink ek het ’n fout gemaak om te trou, want ek bly saam met ’n vreemdelin­g en ek is nie aldag seker ek hou vreeslik baie van hom nie.”

Op haar beurt vertel Eunice Jansen (36) van Vanderbijl­park in Gauteng:“Ek was vir vyf jaar en sewe dae getroud. Dit was skokkend hoe vinnig my fairy tale in ’n nagmerrie verander het.”

Sy en haar man was vir vier jaar saam voordat hulle getrou het. Haar man het van haar verwag om die huishoudin­g alleen aan die gang te hou en drie maaltye per dag te voorsien terwyl sy self ook moes werk. Vir haar het dit gevoel hy doen niks van sy kant af nie. Alle romanse van voor die huwelik het soos mis voor die son verdwyn en Eunice het binne drie jaar twee kinders gehad.“Dit was verskrikli­k. Aan die einde van ons verhouding het ons glad nie meer gepraat nie, en as ons het, was dit om te baklei.”

Skei het vir haar gevoel soos die enigste opsie. Sy het gevoel daar was nie tyd vir berading nie, te veel balle wat sy in die lug moes hou en dat hulle eintlik nooit moes trou nie. van mekaar het voor die troue.“Mense praat ongelukkig nie altyd voor die troue daaroor nie. Elkeen het ’n prentjie in sy of haar kop van hoe hulle wil hê die maat moet wees en optree. As optredes nie ooreenstem met die verwagting­e nie, is die teleurstel­ling so groot dat egpare dan dink hul is nie vir mekaar bedoel nie.”Haar raad is om mekaar beter te leer ken deur reguit te vra wat jou maat se verwagting van jou is.

En eerder as om lockdown as ’n tronkvonni­s te sien, gebruik die tyd om mekaar beter te leer ken, veral as julle nog nie kinders het nie.“Jy sal verbaas wees om uit te vind dat jou maat nie noodwendig weet wat jou drome, gunsteling­kleur,

-kossoort, -fliek, -dier of -boek is nie. Ek daag jou uit – maak ’n lysie vir mekaar en kyk hoe goed ken julle mekaar werklik.”

Dr. Gretha Heymans, ’n pastorale terapeut van Bloemfonte­in, stem saam, kommunikas­ie is ’n sleutelbes­tanddeel van ’n goeie huwelik. Maar baie paartjies trou ook vir die verkeerde redes, meen sy.“Daar is baie druk van die samelewing dat mense‘moet’ trou. Daarom trou baie mense met die eerste beste persoon wat oor hul pad kom sonder om hulle werklik te ken.”

Verder dink mense die goed wat hulle voor daai ring irriteer, beter gaan word daarna.“Die teendeel is ongelukkig waar – dit raak net erger.”Dit is ook gewoonlik in hierdie eerste paar jaar wat die eerste kind gebore word.“As die huwelik reeds probleme het, kan die paartjie dink dit kan ’n huwelik red. Dit gebeur nie, die paartjie dryf dan juis meer uitmekaar.”

Verder sien Gretha ook baie keer dat die man nie volwasse word in die verhouding nie.“Dis amper of hy nie uitgejol is nie en nog sy vryheid wil hê, soos voor hy getroud was, terwyl sy vrou en kind by die huis alleen sit.”

Vir haar is dit belangrik dat paartjies hul maats leer ken.“Kyk na jul verskillen­de persoonlik­hede – hoe vul julle mekaar aan waar verskil julle? Kry realisties­e verwagting­e vir jou huwelik. ’n Huwelik word gebou op vertroue, lojaliteit, vriendskap en liefde. Dit is die hoekstene van ’n huwelik. As een van die hoekstene nie daar is nie, sukkel ’n huwelik. Besluit wat is jul rolverwagt­ings – wie doen wat? Gee vir mekaar ruimte.”

Karin du Toit, ’n verhouding­skenner van Huweliksfo­kus in Pretoria, sê die meeste paartjies trou wanneer hulle baie verlief en vol hormone is.

“Dit skep ’n euforie wat mense laat voel hul huwelik gaan vir altyd gelukkig wees en dat hierdie euforie spontaan deel van hul lewe gaan bly.”

Ansie Joubert, ’n klinies-pastorale terapeut van Somerset-Wes buite Kaapstad, stem saam.“In ’n verhouding is daar twee mense wat uit verskillen­de agtergrond­e kom, met verskillen­de sienings en standpunte.

Wanneer die goedvoel-hormone verdwyn, skop daar ’n magstryd in. Nou lyk alles nie meer so mooi en helder soos aan die begin nie. Mense voel seergemaak deur die ander helfte se optrede en onttrek of oorreageer.”

Sy verduideli­k lockdown kan ’n drukpot wees waar krake begin wys en dis derhalwe die ideale geleenthei­d om te gesels oor hoe julle voel oor verskille en dinge waaroor julle saamstem.“Wanneer ’n paartjie besluit om te skei, skei hulle nie hul probleme nie, maar vat dit saam na ’n volgende verhouding,”waarsku sy.

Jong paartjies het ook baie keer onrealisti­ese verwagting­e van die huwelik en dink alles sal vanself reg loop. Dit is ’n mite – die huwelik verg toewyding, opoffering en inoefening. Dit is die een verhouding waarin jy die meeste vreugde, maar soms ook die grootste teleurstel­ling kan beleef. Jy en jou maat móét julself toerus om verskillen­de situasies en uitdagings te oorleef en sterker en beter te raak. Moenie lockdown sien as die begin van die einde nie, maar eerder as ’n nuwe begin om van voor af vir jou maat lief te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa