Vra vir hulp
om vroeë kinderontwikkeling in kwesbare gemeenskappe te bevorder.
Paul ken swaarkry en dit is miskien hoekom hy so goed die behoeftes en uitdagings, wat arm gemeenskappe op ’n daaglikse basis in die gesig staar, verstaan.
Op 13 het hy met dwelms begin eksperimenteer en met dagga begin, herroep hy die verlede. Dis ook die jaar toe sy pa oorlede is. Teen 17 was ’n hy volslae dwelmverslaafde wat ook ander dwelms begin gebruik het.“Ek het daai tyd geen regte rolmodel gehad nie, behalwe vir die dwelmhandelaars en gangsters, wat deur ’n kind wat in ’n arm gemeenskap grootword as suksesvol beskou word omdat hulle duur motors gery en groot huise gehad het.“
Hoewel die versoeking daar was om by bendes aan te sluit, het Paul groter drome vir homself gekoester. Dis hoekom hy ná hy sy hoërskoolloopbaan voltooi het, een van die eerste brandweermanne van kleur in Kaapstad geword het. Hy het 12 jaar dié beroep beoefen. Die lewe was goed totdat hy crack cocaine begin gebruik het. Hy was steeds in die brandweer toe sy dwelmmisbruik handuit geruk het. Dié dwelm was anders as die res en kort voor lank het dit hom in ’n stywe greep gehad.
“Ek het my huis, familie en my waardigheid verloor. En vir 15 jaar moes ek op straat bly en afhanklik wees van sopkombuise en wat ook al ek in dromme kon vind om net iets in my maag te kry. Ek het die strate ingevaar opsoek na die dwelms en alkohol. Ek sou enige iets verkoop om dit in die hande te kry,”vertel Paul eerlik.
Maar dit was juis op straat en op sy laagste oomblikke dat die ommeswaai gekom het en hom op ’n nuwe pad van sakesukses gesit het.
Op pad na ’n sopkombuis in Augustus 2010 het Paul vir twee dae lank nie geëet nie en was
hy moede