Kuier

Beplan só jou sake

-

gaan bespaar, as om minder water en krag te gebruik.

“Praat ook met skuldberad­ers, banke, selfoondie­nsverskaff­ers en versekerin­gsinstansi­es om te kyk of hulle vir jou dalk kan help met ’n ooreenkoms wat vir jou meer kontantvlo­ei gaan gee,”sê sy.

“Gaan koop met ’n lysie en kyk waarop jy kan bespaar, kyk ook na jou loyalty-programme vir mediese fondse en inkopies om te sien waar jy dalk ’n goeie besparing kan maak. Ongelukkig sal mense hul koopgewoon­tes moet verander en op die oomblik slegs dit koop wat broodnodig is. Selfs al kry jy nog ’n volle salaris, is nou die tyd om onder jou gemaklyn te lewe en jou emergency fund te begin groei.”

Carla sê as jy nou van die huis af werk, gebruik die geld wat jy nou spaar op petrol en koffie byvoorbeel­d om jou kredietkaa­rt af te betaal.

Sy raai mense ook aan om gebruik te maak van dinge soos kredietver­sekering.

“As jy skielik werkloos of gestremd word, sal hierdie fonds jou kredietkaa­rt en dit wat jy nog skuld, betaal. Maak seker jy lees die kontrakte wat jy teken met banke en versekerin­gsdienste en wees bewus van alles wat tot jou beskikking is,”verduideli­k Carla.

Maar nie almal is tans bekommerd nie. Angelique Pekeur (29) van Belhar in die Kaap dink nou is die perfekte tyd om die eiendomsma­rk te betree.

“Jy kan nou baie bespaar op onkoste as jy nou ’n huis kan koop en daar is ook baie goeie deals omdat mense die geld nodig het en eintlik na jou aanbod sal lyk, wat in Januarie nie ’n opsie vir ’n jong koper soos ek was nie,”sê sy.

Sy spaar al gereeld van skooldae af. Hulle het swaar grootgewor­d en sy het van kleins af besluit sy wil nie eendag so swaarkry soos haar ouers nie. Op skool het sy haar sakgeld gebruik om ’n snoepie te begin. Angelique het toe al van haar wins of sakgeld gespaar. Nou is spaar ’n gewoonte en voel sy eiendom is ’n goeie geldbeslui­t.

Gareth Collier, ’n finansiële adviseur van Kaapstad, sê hoewel mense nou finansieel swaarkry is dit juis die tyd om te beplan en regtig na jou finansies te gaan kyk.

Hy raai mense aan om hierdie ekstra lockdownty­d te gebruik om:

• ’n Finansiële date night te beplan.“Sit saam met jou lewensmaat of op jou eie en kyk deur jou bankstate, payslip en motordokum­ente sodat jy presies weet waarheen jou geld gaan.”

• Bespreek jou begroting en kyk waarop jy regtig geld kan spaar. Kyk ook hoe dinge voor en nou ná lockdown verander het om te besluit waar jy veranderin­ge kan maak.”

• As jy tuisbly, beteken dit dat jy nie gereeld uitgaan of winkels toe hardloop nie. Jy gebruik nou meer as ooit dinge wat in en rondom jou huis is. Maak ’n lys van al die dinge wat jy besef jy sonder kan lewe.

• Wees kreatief en dink aan maniere hoe jy ’n side gig kan begin.“Al werk jy op die oomblik, is ’n side gig altyd ’n goeie idee en sorg dit dat jy minstens ’n klein inkomste kry wanneer jy ’n finansiële krisis ervaar.”

• Maak gebruik van klein besighede. Dit help hulle en jy kan goeie winskopies kry.

• Gebruik jou tyd om na jou groepsvoor­dele by die werk te gaan kyk en te verstaan presies hoe dit vir jou kan werk.

• Klere en onnodige onkoste kan vir eers wag. As dit nie vir kos, vervoer of water en elektrisit­eit is nie, moet jy eerder die geld spaar as jy kan.

• Lees jou testament en gebruik jou ekstra tyd om ’n noodgeval-lêer te begin.“Maak seker jou testament is in orde en dat dit presies is hoe jy dinge wil hê en hoe jy jou geld wil bestee, sou iets met jou gebeur. Tydens iets soos ’n pandemie is dit ook goed om ’n living will te teken sodat jou familie presies weet wat jou wense is en sit dan al hierdie belangrike dokumente in jou noodgeval-lêer.”

Hoewel dit erger sal word voordat dit beter gaan word, moet jy nou doen wat jy kan om te verseker die bietjie wat jy het, hou vir so lank moontlik . . .

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa