Kuier

Bly by die basics

-

om van te lewe nie en my man werk ook nie op die oomblik voltyds nie. Sedert die begin van lockdown werk hy net elke tweede of derde week en word hy dan net vir daardie week betaal,”sê sy.

Amy sê sy speel rond met idees vir ’n ekstra inkomste of om te bespaar. Sy het ou materiaal wat sy gehad het, gebruik om maskers te maak, maar toe raak haar materiaal op. Toe besluit sy om ’n delivery service te begin vir mense in haar omgewing, wat te bang is om self winkels toe te gaan. Sy vra dan ’n fooi vir haar dienste. Dit dek haar gesin se basics soos eiers, melk en meel. En as daar ’n paar mense is wat haar dienste gebruik, dek dit soms ’n hoender of vleisie ook.

“Ek moes kreatief raak . . . Ek spaar ook geld deur dinge te koop soos lensies, pasta, melkpap en meel vir maaltye wat kan strek,”deel Amy haar lesse.

Robbin van Wyk (31) van Johannesbu­rg het haarself lelik vasgeloop toe sy in lockdown hoor haar salaris gaan gesny word. Aan die begin van lockdown was daar geen sprake van salarisse wat gesny gaan word nie en omdat sy al sedert die begin van die huis af werk, was sy nie bekommerd nie.

“Ek het aanlyn my wasmasjien en meubels bestel en gedink ek sou my huis uiteindeli­k gerieflik maak, omdat ek nou so baie tyd hier moet spandeer en omdat ek nie nou my geld op ander dinge gaan mors nie,”sê sy terwyl sy lag.

En toe tree Murphy in. Want net nadat sy haar bestelling­s geplaas het, het sy ’n week later die e-pos ontvang dat haar salaris met byna 40% gesny gaan word.

“Dit het beteken dat ek eintlik nie regtig meer daardie goed kon bekostig nie en ek wou nie in hierdie onstuimige tyd skuld maak nie, toe kanselleer ek die bestelling­s. Ek was die wasgoed steeds met die hand, want ek het mos nou ekstra tyd, maar ek sal eerder dit doen en met ’n bietjie spaargeld sit.”

Carla Oberholzer, ’n skuldberad­er van Kaapstad, sê dis nie nou die tyd om skuld te maak nie. Sy raai mense aan om alle nie-noodsaakli­ke rekeninge en kontrakte soos ’n gymkontrak, te kanselleer. Kyk ook na dinge soos restaurant-apps of sulke vermaak-membership­s wat jou meer geld

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa