Kuier

Baie soos Ivy

-

se hande is nie tette nie”(dat jy moet kan raakvat).

Met heimwee dink sy terug aan haar kinderdae.“Vandat ek kan onthou, wou ek ’n balletdans­er word en ek het selfs privaat balletless­e geneem, maar toe ek in standerd agt (graad 10) kom en ’n improv moes doen in die dramaklas, het daar ’n hele nuwe wêreld vir my oopgegaan – toneelspel.”

Nazli het haar eie lewe uitgebeeld in die dramaklas en die hele klas was in trane.

“Die onnie wou weet wat my inspirasie vir die stuk was en ek het haar meegedeel dat dit my life story was. Sy was stunned en het daar en dan vir my gesê ek kan ver kom met my acting skills. Dít was die begin van alles!”

Nadat sy haar skoolloopb­aan voltooi het, het sy drama by die Universite­it van Kaapstad gaan swot.“Terwyl ek nog ’n student was, het ek self ’n dramaskool begin en lesse aangebied. Vir my het dit altyd gegaan om die weg te baan, nie net vir my nie, maar ook vir die generasies ná my.”

Sy het oor die jare verskeie verhoogpro­duksies geskryf en was ook op die planke en op die kassie te sien. Sy is ook opgelei as ’n balletonde­rwyser en het ’n diploma in spraak en drama aan die Trinity College in Londen. Haar breakout rol en verhoogdeb­uut was die rol van Mary in District Six – The Musical.

Nazli hou nie net haar lyf akteur, sanger en skrywer nie, nee, sy is ook die eienaar van twee ander besighede en dan verklaar sy trots:“En ek dra ook met liefde en trots die hoed van ma en vrou!”

Wanneer Nazli oor haar dogter, Rayleen, praat, raak haar stem sag.“Sy is die lig in my lewe en ek onthou ’n tyd toe ek so baie na haar gesmag het, maar dit was nie so maklik om kinders te baar soos ek gedink het nie.”Vandag is dit nie meer so moeilik om oor haar stryd met swangerska­p te praat nie, want die Hemelse Vader het haar geseën met ’n pragtige dogter.

Nazli vertel ná haar en haar man se troue 17 jaar gelede, het sy van die voorbehoed afgegaan omdat hulle sommer onmiddelli­k met hul gesin wou begin. Dit was egter nie so maklik nie.“Ons het alles probeer

– in vitro, artificial inseminati­ons – alles en niks het gewerk nie.” Tot die blye nuus agt jaar gelede . . . Sy het natuurlik swanger geraak.“Die Here se tyd en nie myne nie.

Ons maak planne, maar Hy sal wanneer hy voel jy is gereed.”

Vandag sê Nazli oor Rayleen:“Sy is die middelpunt van ons bestaan en ek dank die Here elke dag dat Hy haar aan ons geskenk het.”

Sy vertel dat sy gedurende lockdown, soos baie ander ouers, haar agtjarige homeschool.“Dit gaan eintlik baie goed in daai departemen­t, soveel so dat ons dit oorweeg om dit voltyds te doen.”

En hoe hou sy al haar balle in die lug? Nazli lag uit haar maag voor sy antwoord.

“Dis nie maklik nie, maar dis nie onmoontlik nie. ’n Mens het verskeie hoede wat jy op ’n daaglikse basis moet dra en tydsbestuu­r is baie belangrik. Prioriseer dit wat onmiddelli­k gedoen moet word en kry dit agter die rug. Ek is van daai raakvatmen­se – ek doen wat gedoen moet word.”

Oor haar karakter Ivy in 7de Laan, kan Nazli nie uitgepraat raak nie. Sy lag lekker voor sy sê daar is baie similariti­es tussen haar en haar karakter.

“Ivy is nie op haar mond geval nie en wanneer iets haar pla, gaan sy sê dit pla. Sy is ’n sterk vrou wat geanker is in haar geloof. Met God aan haar sy trotseer sy enige iets wat die lewe na haar kant toe gooi. Sy is ook ’n ma en sal haar kuikens met alles binne haar beskerm. Dis nie ’n vrou met wie se kinders jy wil mors nie. In dié opsigte is ons baie dieselfde. Ons het daai selfde vuur binne ons.”

Daar is tog ook dinge waarmee sy glad nie kan relate nie.“Haar dress sense!”Sy lag voor sy verduideli­k daar is niks daarmee fout nie, maar dat Nazli net meer stylvol is.

“Ek is meer van ’n modern meisie. Ek is lief vir heels en vat baie meer kanse met my klere!”

Dit is ook vir Nazli lekker om weer aan die voortou van sake te wees veral waar dit ’n karakter betref.“Dis lekker om deel te wees van die 7de Laan- span. Die hele span en produksie is soos ’n well-oiled-machine. Ons almal ondersteun mekaar en help maar waar dit nodig is. Die Covid-19-pandemie het ook ons produksie tot stilstand gedwing, maar ons is nou weer aan die gang onder streng regulasies. Dis nou ons nuwe realiteit, die nuwe manier van dinge doen, maar ek is verskrikli­k dankbaar dat ek nog ’n werk het gedurende dié tyd. Daar is soveel kunstenaar­s daarbuite wat nie nou hul brood en botter kan verdien nie as gevolg van dié pandemie. Ek sien myself dus as bevoorreg.”

Nazli sê sy het oor die jare geleer om volkome gelukkig te wees, moet jy jouself onvoorwaar­delik aanvaar en só gaan ander ook.“Wanneer jy vir mense wys wie jy is, gaan hulle vir jou wys wie hulle is. Vir my is dit ook daai ding van what you see is what you get. Ek gaan nie maak of ek iets is wat ek nie is nie. Solank jy die beste weergawe van jouself is en jou uitleef, gaan en kan niemand en niks jou keer nie!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa