Kuier

Toe & nou:

Oor die jare het diskrimina­sie op grond van velkleur baie lewens verwoes en dit is vandag steeds ’n probleem. Leer meer oor rassisme en kolonialis­me. Deur jaydey sass

-

Diskrimina­sie op grond van velkleur

RASSETEORI­EË

Teorieë oor ras – dat een ras beter is as ’n ander – was wyd verspreid in die 19de eeu en is wyd toegepas oor die hele wêreld. Die onwetenska­plike basisse waarop die teorieë gegrond was, is verkeerd bewys deur moderne genetiese navorsing. Dié navorsing bewys daar is geen“rasverskil­le”tussen mense nie. Die destydse teorieë is deur mense opgemaak om diskrimina­sie te regverdig. Dié teorieë het gelei tot vooroordee­l, stereotipe­ring, verlies aan waardighei­d en die ontmenslik­ing en misbruik van sekere mense om kolonialis­me, diskrimina­sie en massamoord op grond van ras te regverdig.

WAT BEPAAL JOU VELKLEUR?

Jou velkleur bepaal nie enige eienskappe van jou as mens nie. Jou velkleur word hoofsaakli­k bepaal deur die pigment melanien.

Melanien is ’n donkerbrui­n pigment wat jou liggaam maak om jou vel teen die beskadigen­de strale van die son te beskerm of om genoeg sonlig in te laat sodat jy vitamiene D kan maak. Die hoeveelhei­d melanien wat jou liggaam maak, kan ook van jou ouers oorgedra word.

KOLONIALIS­ME 15DE EEU

Dit is die beheer van een mag oor ’n afhanklike area of mense. Dit kom voor wanneer een nasie ’n ander een onderdruk en hul plek teen hul sin oorvat. Hulle onderdruk die bevolking en buit dit uit terwyl hulle dikwels hul eie kultuur, geloof en taal op die bevolking afdwing.

Moderne kolonialis­me het in die 15de eeu begin. Portugal het na nuwe ruilhandel­roetes en samelewing­s buite Europa gesoek. In 1415 het hulle Ceuta, in Noord-Afrika gekolonial­iseer en dít het aangehou tot 1999.

Hierna het Spanje, Engeland, Nederland, Frankryk en Duitsland ook begin plekke oorneem en by mekaar probeer afvat.

Kolonialis­eerders was veral geïnteress­eerd in wat hulle uit die kolonies kan kry, soos natuurlike hulpbronne en ook mense (slawe). Mense is uit hul eie lande regoor die wêreld gevat en gehandel sodat hulle vir ander mense as slawe kan werk.

Suid-Afrika is in 1652 gekolonial­iseer deur die Nederlande­rs van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie.

Die impak van kolonialis­me sluit in die agteruitga­ng van die omgewing, verspreidi­ng van siektes, ekonomiese onstabilit­eit en menseregte­skendings.

RASSISME 20STE EEU

WAT IS RASSISME?

Dit wanneer daar geglo word dat mense in aparte en eksklusiew­e groepe verdeel kan word wat“rasse”genoem word; dat daar ’n verbinding is tussen hul voorkoms, gedrag, intellek, moraliteit en ander eienskappe; en dat sommige rasse verhewe is bo ander.

Die idee van ras het verwoesten­de gevolge op die wêreld en veral onderdrukt­e groepe gelei.

Dit het gelei tot die Nazi-party (vanaf 1933) in Duitsland se instelling van sistemiese diskrimina­sie, vervolging van Jode (en uiteindeli­k massamoord), Roma en Sinti (sigeuners) en Duitsers met ’n donker velkleur.

In Noord-Amerika en Suid-Afrika is mense in rassegroep­e verdeel en hulle moes apart gehou word; hulle moes hul eie gemeenskap­pe bou; en hulle mag nie trou en saam kinders hê nie. Rassegroep­e wat as laer as die wit heerskap gesien is, is erg teen gediskrimi­neer en geleenthed­e en vryheid geweier. Alles bloot op grond dat hulle tot ’n“laer ras”behoort.

RASSISME NOU

Selfs ná die afskaffing van apartheid en onwettige verklaring van diskrimina­sie op grond van iemand se velkleur om mense se regte te beskerm, bly dit steeds vas in baie mense se denke en geloofstel­sel.

Rassisme manifestee­r deesdae grotendeel­s in enige, vooroordel­e (bewustelik of onbewustel­ik) wat wit mense bevoordeel en ander mense benadeel of nie ewe veel bevoordeel nie. Dit kom voor in stereotipe­ring, beleide, toegang tot dienste soos gesondheid­sorg, ekonomiese geleenthed­e, magsposisi­es, opvoeding, regstelsel, vooroordel­ing, salarisver­skille en baie meer. Voorbeelde hiervan is gebeure soos swart mense wat geteiken en vermoor word deur polisie in Amerika (en daarom die Black Lives Matter-beweging); die toesnouing van rassisties­e benamings regoor die wêreld; en beleide oor hare wat swart leerders benadeel, wegwysings van skole op grond van velkleur en onregverdi­ge behandelin­g van mense wat nie wit is nie, is nog wydverspre­id in Suid-Afrika.

HET JY GEWEET? • Niemand word ’n rassisties gebore nie. Dit hang van jou opvoeding af. Dis ook waarom dit ’n sosiale samestelli­ng is.

• Rassisties­e benamings word gebruik om mense te onderdruk en mag nooit gebruik word nie. • Die hoofdoel van kolonialis­eerders was om hulself en hul lande te verryk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa