Kuier

Inspirasie:

Van kleins af het hy geweet hy moet hard werk om sy drome te bewaarheid, en nou pluk hy die vrugte van al sy opoffering­s! DEUR jackie pienaar-brink

-

Jong man van Grabouw smaak sukses

Daar was twee goed wat Dimitri Jacobs al as klein seuntjie geweet het: Hy gaan bo sy armoedige omstandigh­ede uitstyg en hy gaan nié terug na Grabouw, die omgewing waar hy grootgewor­d het, nie.

Hy was reg wat die eerste een betref: Vandag, op 33, is hy ’n selfversek­erde en suksesvoll­e direkteur van verskeie ondernemin­gs.

Wat die tweede een betref: Wel, ’n mens het nie altyd beheer oor alles nie en die appelwêrel­d waarin hy as plaasarbei­derkind opgegroei het, het op die ou einde ook aan hom die moontlikhe­id gebied om te vorder tot waar hy vandag is.

Dimitri het as die middelkind van drie seuns grootgewor­d in Pineview, die minder gegoede buurt van Grabouw. Ma Elsie was ’n seisoenale arbeider op die plaas Applethwai­te en pa Philip ’n masjienope­rateur by Appletiser.

“Ek sou ons as arm klassifise­er. Ons het nie ’n motor gehad nie en as jy verjaar het, was jou partytjie beperk tot jy en jou broers,”vertel hy.“Dit was maar heeltyd in my gewees dat ek nie meer wil bly waar ons gebly het nie. Toe ek klein was, wou ek altyd dorp toe trek.”

Wat werk betref, wou hy ook nie in sy ma of pa se voetspore volg nie. En hy wou definitief nie eendag op ’n plaas of in ’n fabriek gaan werk nie.

Dit alles het hom van kleins af aangevuur om net sy beste te lewer.

Reeds in graad 7 aan Kathleen Murray Primêr het Dimitri dit ernstig opgeneem toe hy en sy klasmaats gevra is om hul doelwitte vir die toekoms te stel. Nadat hy aanvanklik sy eie besigheid wou besit, wou hy nou prokureur word. En dit was vir hom vanselfspr­ekend dat hy hiervoor verder sou moes gaan studeer. Al was die geld skraps, het hy geweet daar sou ’n uitweg wees omdat hy regdeur sy skoolloopb­aan uitgeblink het.

In graad 11 aan Groenberg Sekondêr het sy beroepsrig­ting weer verander nadat die leerders verskeie loopbaanui­tstallings bygewoon het.“Ek het besig dat ek eintlik in personeelb­estuur wil gaan omdat ek ’n passie vir mense het.”

Dimitri het in 2004 met vrystellin­g en meriete gematrikul­eer. Hy het ’n volle beurs by Appletiser gekry en is by ál drie tersiêre inrigtings aanvaar waar hy aansoek gedoen het. Hy het op die Kaapse Skiereilan­d-Universite­it van Tegnologie (CPUT) besluit.

“Ek het meer ondersteun­ing daar gehad omdat van my vriende soontoe is, maar het ook geweet die kursus is baie meer prakties van aard. Jy doen twee en

’n half jaar teoreties, maar kry dan ook die geleenthei­d om werksplek-ervaring op te doen as deel van die

 ??  ?? HOOFFOTO: Dimitri Jacobs van Grabouw.
HOOFFOTO: Dimitri Jacobs van Grabouw.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa