Kuier

Praat saam:

-

Deel 1 van die gesprek oor rassisme

Die onlangse protesopto­gte teen rassisme in Amerika ná die grusame dood van George Floyd, het vinnig wêreldwyd uitgebrei en baie ander lande genoop om met nuwe oë na die rassevraag­stuk te kyk. En die boodskap van die massas was duidelik − die wonde van die verlede maak nog baie seer en iets daadwerkli­ks moet nóú gedoen word om sake reg te stel.

Maar wêreldwyd blyk daar steeds groot onenigheid te wees oor rassisme. Almal stem ook nie saam dat dit steeds ’n probleem is nie en nêrens is dit maklik om openlik oor die kwessie te gesels nie. Ook nie in Suid-Afrika met ons lang geskiedeni­s van rassediskr­iminasie en ongelykhei­d nie, al word ons deur baie voorgehou as ’n voorbeeld van transforma­sie.

Suid-Afrika word egter tans bestempel as die mees ongelyke land op aarde wanneer dit by die gaping tussen ryk en arm kom en dis onmoontlik om aan te voer dat ons geskiedeni­s en apartheid niks daarmee te doen gehad het nie.

Baie wit Suid-Afrikaners is skrikkerig om openlik oor rassisme te praat, want hulle is versigtig om nie op tone te trap of dalk op die een of ander verskuilde manier aanstoot te gee nie. Toe Kuier dus ’n klompie wit Suid-Afrikaners vra wat white privilege en rassisme vir hulle beteken, het die rooi ligte dadelik begin flikker. Maar ons wil die geleenthei­d skep vir eerlike debat – iets waaraan ons in Suid-Afrika deesdae maar mank gaan. Wees egter gewaarsku, baie lesers (wit, bruin en swart) gaan sommige van dié menings ontstellen­d en hoogs aanstootli­k vind. Maar dis belangrik om bewus te wees van wat mense regtig dink sodat jy rassisme kan beveg.

Die #BlackLives­Matter-protesopto­gte het die hele wêreld laat herbesin oor rassediskr­iminasie. Suid-Afrika kan nie agterbly nie en dus moet ons hierdie moeilike, en soms ongemaklik­e, gesprekke hê.

Die Amerikaner dr. Francis E. Kendall, wat al dekades lank op kwessies van diversitei­t en white privilege fokus, skryf in haar boek Understand­ing white privilege:“Bevoorregt­ing, veral wit of manlike bevoorregt­ing, is moeilik vir ons om raak te sien omdat ons gebore is met toegang tot mag en hulpbronne. Dit is baie sigbaar vir diegene wat nie hierdie voorreg gekry het nie. Voorts is dit ’n baie moeilike onderwerp om oor te gesels omdat baie wit mense nie bemagtig voel of asof hulle voorregte het wat andere nie het nie.”

Daar is wit Suid-Afrikaners wat in die apartheids­era grootgewor­d het, wat sal wil byvoeg: Wanneer wittes se menings gereeld afgekraak word nét omdat hulle apartheid beleef het, begin hulle terugtrek en stilbly oor kwessies wat eerder bespreek moet word sodat verskillen­de rasgroepe nader aan mekaar kan groei.

Só meen ’n 62-jarige wit Kuier- leser van Secunda, rassisme kom vandag nie meer van wittes af nie.“Ek het nie in ’n rassisties­e huis grootgewor­d nie en my kleinkinde­rs is ook nie rassisties nie. Hoekom is die swart mense nog arm? Want hul eie mense wat hulle gekies het om die land te regeer, steel hul geld. Ons‘wit’mense dink nie meer aan swart of wit nie en wat van al die plaasmoord­e op wittes en swartes? Hoekom noem julle dit nie eerder nie? Ons was die mense wat gestem het dat apartheid nie reg is nie, maar nog steeds word alles ons skuld.”

Sy is van mening daar word te min aandag in die media aan plaasmoord­e gegee.

 ??  ?? Foto ter illustrasi­e
Foto ter illustrasi­e
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa