Kuier

Kirvan Fortuin:

Dié belowende jong danser se dood het die land geruk en sy ma se hart aan skerwe gelaat. Maar sy koester g’n haat in haar hart nie . . . DEUR chrislynn sias

-

Land rou oor danser se dood

Kirvan Fortuin. ’n Naam wat in die gemeenskap van Macassar in die Kaap ingeëts is. Sy skielike en ontydige dood het die breë gemeenskap in rou gedompel en met talle vrae gelaat – hoekom hý? Sy hele toekoms het nog voor hom gelê en sy lewe was vir so baie minderbevo­orregte kinders ’n spieëlbeel­d vir wat jy kan vermag wanneer jy aanhou droom en hard werk aan jou toekoms.

In die vroeë oggendure van Saterdag 13 Junie is Kirvan (28) twee keer met ’n mes in sy bors gesteek ná ’n stryery met ’n 14-jarige meisie. Dié tiener het na bewering haar humeur verloor nadat Kirvan en sy vriende haar geterg het. Sy het glo in die huis gehardloop, ’n mes gegryp en Kirvan twee keer daarmee gesteek. Die meisie, wie se identiteit beskerm word omdat sy minderjari­g is, is intussen in hegtenis geneem en word in ’n plek van veiligheid aangehou.

Die flambojant­e Kirvan was nie net hier op tuisbodem bekend vir sy werk as choreograa­f en danser nie. Hy was internasio­naal bekend en het verhoë regoor die wêreld aan die brand gedans en gehore keer op keer bekoor met sy ritmiese bewegings en gebruik van sy liggaam om die kunste te bevorder.

Die LGBTQI+- en kunstegeme­enskap is steeds in skok oor die dood van dié invloedryk­e danser, choreograa­f en aktivis. Hy was ook die direkteur van ’n NPO, The Kirvan Fortuin Foundation, wat dans gebruik om kinders uit minderbevo­orregte gemeenskap­pe bewus te maak van maatskapli­ke kwessies. Kinders van Macassar en elders in die Kaap, OosLonden, Mthatha en Bloemfonte­in het baat gevind by Kirvan se stigting, luidens dié stigting se webtuiste.

Ná sy skielike dood het mense wyd en syd hul medelye betuig en vertel van watter invloed Kirvan nie net op die kunste gehad het nie, maar ook op die lewens van so baie mense.

In 2019 het dié boorling van Macassar ’n ministerië­le toekenning by die Wes-Kaapse Kultuurtoe­kennings ontvang vir sy uitstaande bydrae tot die behoud en bevorderin­g van die inheemse kunsvorm. Dit was een van vele toekenning­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa