Kuier

Geslagsgew­eld:

Geslagsgew­eld ken geen perke nie en die hartseer hiervan raak almal. Die gemeenskap en kenners is keelvol en sê wat gedoen moet word. DEUR Kuier-verslagspa­n

-

Dit moet nou stop!

Dis net oor honderd dae sedert Suid-Afrika in lockdown gegaan het om die verspreidi­ng van die verwoesten­de nuwe corona-virus (Covid-19) te stuit, maar dis ’n opdraande stryd . . .

Teen druktyd het meer as 100 000 SuidAfrika­ners reeds positief getoets met byna 2 500 sterfgeval­le. In die Wes-Kaap, die provinsie wat tot dusver die ergste deurgeloop het onder Covid-19, het die premier, Alan Winde, gewaarsku die provinsie se sogenaamde peak (wanneer infeksies, sterftegev­alle en die aantal Covid-19-hospitaalp­asiënte ’n hoogtepunt bereik) is naby. Ter voorbereid­ing hiervoor het die Wes-Kaapse regering aangekondi­g hulle gaan ’n tydelike fasiliteit oprig om die lyke van Covid-19-slagoffers te verkoel en te stoor.

Hoewel die vlakke van angs en onsekerhei­d oor die pandemie al hoe erger word, het lockdown weer ’n wond oopgekrap wat net nie gesond wil word nie . . .

Dít is hoe die vlaag van geslagsgew­eld of gender-based violence (GBV) voel waarmee Suid-Afrikaanse vroue daagliks gekonfront­eer word. Dit was alreeds vir mishandeld­e vroue erg om op ’n normale dag in dieselfde huis as hul abusers te wees, maar toe die lockdown ingestel word, was dit vir hierdie vroue asof ’n tronk se deur agter hulle toegeslaan het.

Ons was ook skaars in lockdown toe die polisiemin­ister, Bheki Cele, aankondig dat 87 000 sake van GBV in die eerste week van lockdown by die polisie aangemeld is en sedertdien het dié syfer net gestyg. Die koerante is vol berigte van moorde op vroue en kinders en skokkende verkragtin­gs. En minister Cele loop onder erge kritiek deur, want mense vra hoe is dit moontlik dat die polisie en weermag so doeltreffe­nd ingespan kan word om die verkoop van sigarette en alkohol (toe dit verbied was) te keer, maar nie GBV behoorlik kan bekamp nie.

Suid-Afrikaners is woedend en soek daadwerkli­ke optrede. Betogings teen GBV neem toe en op sosiale media het talle mense petisies begin wat die doodstraf of kastrasie vir oortreders eis.“Genoeg, is genoeg!”is die refrein wat wéér kliphard in die land opklink.

Tremaine Barnes (29) van Kimberley in die Noord-Kaap sê almal vra wat is aan die gebeur in ons land omdat vroue en kinders op ’n daaglikse basis vermoor en verkrag word.“Ons weet almal dis nie ’n nuwe verskynsel nie en die aantal voorvalle styg elke jaar. Dit is jare se stilte wat ons tot op hierdie breekpunt gedwing het.”

Volgens haar was daar te lank ’n blinde oog gedraai.“Die oortreder se gedrag en optrede word net erger en die regstellin­g daarvan word moeiliker. Hoe kan ons verwag om die verkragtin­g- en moordkultu­ur te verander sonder om uiterste maatreëls in plek te sit? Dit het te ver gegaan omdat ons dit toegelaat het om so ver te gaan. Ons kan nie meer wag tot dit te laat is nie. Ons moet opstaan en veg vir ons regte.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa