Kuier

Kortverhaa­l

Andrea se lewe word uitmekaar geskeur toe die polisie een nag aan haar deur kom klop. Sal sy hierdie tragedie oorleef? DEUR AMANDA WAGENAAR

-

haar man terwyl hulle hom dophou waar hy die laaste bagasie inlaai. Albei se harte swel van trots. Noah is ’n vegter. Hy het leukemie oorwin as ’n kind en daarna sy hart vir God gegee.

“Is Mammie seker ek moenie bly nie?” vra Noah soos hy aangestap kom.

Andrea se hart vermurwe.“Ek sal fine wees, my kind. Gaan en verlustig jou in die Woord,”antwoord sy hom met ’n sagte kyk in haar oë. Noah gee sy ma versigtig ’n drukkie en soen haar op haar wang.

Carly kom uit die huis geloop, haal haar headphones af en skud haar hare reg. Die glimlag op haar lippe strek tot by haar oë. Carly is tans die beste tiener-ballerina in hul streek en het al in dansvideo’s verskyn.

“Mammie moenie vergeet van Mammie se medisyne in die badkamerka­ssie nie. En onthou om genoeg vloeistoww­e te drink. Ek . . . ,”wil sy nog verder praat, maar

Andrea omhels haar en plak soene op haar wange. Carly is haar sonskynski­nd. Die een wat altyd seker maak hul almal is versorg.

“Mammie, ek gaan weer terugkom,”lag sy en stap saam met haar ma na die motor waar haar pa en Noah al wag. Nadat hulle in die motor is, klim Hershelle uit en soen sy vrou.

“Kyk mooi na jouself en onthou ek en die kinders is lief vir jou. En ons is onmiddelli­k hier as jy ons nodig het,”groet hy haar nogmaals. Sy waai soos hulle wegry.

Die dag bring sy in pajamas op die rusbank deur en besluit om hulle nie te pla nie. Die rit is lank en om ’n geestelike byeenkoms te lei, is ’n groot taak vir Hershelle.

Sy kruip vroegaand in. Die nag skrik sy wakker van die dringende gelui van hul deurklokki­e. Sy kyk deur die loergaatji­e en sien die polisie daar staan.

 ??  ?? Foto ter illustrasi­e
Foto ter illustrasi­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa