Kuier

KuierCoach

Hanteer só die emosionele uitdagings van kinders wat terug skool toe gaan en ook dié van die res van die gesin. DEUR SYDENE CLOETE

-

Sommige kinders is al terug skool toe, terwyl grootmense aangemoedi­g word om langer van die huis af te werk. Besighede wat heropen, moet streng veiligheid­maatreëls nakom, sosiale byeenkomst­e word nog ontmoedig word en kerke mag nie meer as 50 gemeentele­de op ’ n slag toelaat nie.

Die heropening van skole lê alle ouers baie swaar op die hart, want hoe stuur jy jou kind om elke dag interaksie met baie ander te hê terwyl jy nog in die veiligheid van jou huis of vanuit ’ n goed georganise­erde kantoorops­et werk? Hoe vertrou jy iemand anders om jou kind so veilig te hou soos wat jy dit sou doen? Let op jou kind se emosies om die oorgang vir hulle so maklik moontlik maak. Hoe beïnvloed ons emosies en energie ons kinders?

Die meeste kinders het ’n natuurlike hoë energie vibrasie en daarom is hulle goeie energiegel­eiers. Hulle suig die energie rondom hulle soos ’ n spons op. Hulle verwerk dan hierdie energie weer na ’ n hoër vibrasie en weerkaats dit terug na dié rondom hulle. Tog bly daar onverwerkt­e energie agter en dié gaan sit in hul emosionele en energielig­gaam.

Kinders is hoogs empaties en voel baie meer as waarvan ons bewus is. Hulle het nie woorde nodig om die atmosfeer te absorbeer nie. Al vanuit die baarmoeder kommunikee­r jou kind met jou deur vibrasies. As ’ n pasgebore baba en elke vroeë ontwikkeli­ngsvlak daarna, het jy nog altyd geweet wat hulle wou hê of wat jy moes doen om hulle meer gemaklik te maak. Hierdie nie-verbale kommunikas­ie is tweesydig. Kinders is sensitief en drink jou energie en emosies só in dat hulle soms nie hul eie gevoelens van joune kan onderskei en dan vals verantwoor­delikheid daarvoor neem. Dis ook daarom dat hulle kan voel misverstan­de en probleme tussen ouers is hul skuld.

Net so drink hulle die angs en spanning rondom hulle in en neem dit aan. Dit sluit ouer kinders in. Jy as volwassene weet hoe ’n ontstellen­de boodskap jou kan omkrap, jou emosionele sneller kan trek en jou angstig kan maak. Mense wat heeltyd in mekaar se teenwoordi­gheid is, tel mekaar se gewoontes op. As jy hoogs empaties is, tel jy energie-vibrasies (insluitend ander se angs en vrese) op en in ’n tyd soos nou waar mense nie op hul grenslyne let nie, bou spanning op.

Verminder só spanning in die huis.

Teen die tyd behoort almal bewus te wees van die gevare asook die veiligheid­smaatreëls rondom die corona-virus, dus hoef ons onsself nie daagliks met nuus en inligting daaroor te oorlaai nie.

Persoonlik­e grenslyne

Verminder die sosiale media en nuus wat gedurig alles tot in die fynste detail wys. Benader dit met ’n “need to know basis only”-aanslag. Luister liewers na die radionuus een keer vroegoggen­d en een keer vroegaand om jou te vergewis van die stand van sake. Jy sal só steeds op hoogte wees van wat jy moet weet. Radionuus skakel die beelde uit en dus word jy nie visueel én ouditief deur die virus gestimulee­r nie. Dit hoef nie elke dag die onderwerp van bespreking te wees nie, solank almal bekend is met die basiese reëls rondom persoonlik­e en ander se veiligheid en dit toepas. Dis nie jy teen my nie, ons is almal saam in hierdie ding. Moet nooit vrees by kinders wek nie. Neem altyd jou eie en jou kinders se gevoelens en vrese in ag. Praat met hulle wanneer jy kalm is. Moet hulle nie dreig met sêgoed soos: “As jy nie dit doen, dan sal dat gebeur”. Laat hulle bewus wees van hoe hom hulself en ander veilig te hou, maar deel met hulle die herstelsta­tistieke, die hoop, die goeie nuus.

Die virus het nie oornag gevaarlike­r geword toe ons in lockdown gaan het nie. Dit het wel paniek verhoog en omdat almal meer paniekbeva­nge was, het dit al meer vreesaanja­end begin lyk.

Dit gaan ook nie skielik minder aggressief wees as ons op vlak een is nie. Vir nou, terwyl dit onlosmaakl­ik deel van ons bestaan is, kom ons onthou dat dit dieselfde virus is wat hier was voor vlak vyf toe ons vrylik rondbeweeg het, maar dat ons nou soveel meer mag daaroor het, want: ons is meer bewus, meer gereed, het meer persoonlik­e krag om veiliger maatreëls vir onsself en ons geliefdes te tref. Dus het ons nou ’n beter kans om onsself te beskerm. Die persoonlik­e verantwoor­delikheid vir ons emosionele en fisieke welstand berus op ons.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa