Kuier

BOODSKAPPE

-

Trane, trane, nog trane wat vloei. Hierdie storie ( Gered deur Genade, 11 Junie) vat my terug na 22 Desember 2015. Die tyd toe ek en my familie en ’n vriend ook in ’n ongeluk was. Presies dieselfde wat hier gebeur het – die wiel het gebars en toe rol die kar. Soos ek die berig lees, speel daardie toneel weer voor my af. Ek weet nie hoe lank ek uit was nie, maar toe ek my oë oopmaak, sien ek my twee kinders lê albei buitekant. Oh mens, dit was die verskrikli­kste ding om te sien. My hart is nou so pap, want my vierjarige daai tyd het die meeste seergekry soos hierdie seuntjie. Wat vir my ook so oorweldige­nd is, is wat hierdie mamma sê:“Maar hoe kan ’n mens hoopvol bly as jou kindjie so gebreek voor jou lê”. Ek weet hoe dit voel. Ek is tog so bly dat die Here wonderbaar­lik deurgekom het vir hierdie familie. Ai en daar loop die trane alweer. Maar ek sê net dankie Here dat U Hand oor ons en die familie was. Dankie, Kuier, vir sulke stories. MERALYN OLIFANT

Jy kan die storie van ( Corona vat hul anker, 28 Mei) nie met droë oë lees nie. Dis hartverske­urend as jou anker van jou af weggeruk word. Ek praat uit ondervindi­ng; dis ’n bitter pil om te sluk en veral vir die feit dat nurse Benjamin ander gehelp het om gesond te word en sy in die proses ten gronde geruk is deur die virus. Haar kinders moet sterk wees ter wille van hul pa, want glo my dis ’n harde slag. Ek glo God gaan julle hierdeur dra en dan wil ek sê julle ma was soos die hymn sê:“Woman of strength I salute you”. Sterkte aan die familie. Ons bid vir julle. JACKIE

Ek het die verhaal in Kuier gelees oor die vrou wat twee keer haar man en kinders verloor het ( Twéé keer deur hel, 14 Mei). Baie tragies . . . Ek haal my goed af vir haar, want ek weet nie of ek nog daaroor sou kon praat nie. Ek het 17 jaar gelede my man weens selfmoord verloor en op 9 Maart my life partner van 15 wonderlike jare aan ’n hartversak­ing ná ’n massiewe hartaanval op 2 Februarie. Dit voel asof ek vervloek is en kan nie dink dat ek vir ’n tweede keer soveel seer moet deurmaak en aangaan nie. ANONIEM

Goeiedag, my Kuier- vriende. Ek hoop almal is oukei en in goeie gees. Mense van Suid-Afrika, ek wil net met julle almal ietsie deel. Hierdie virus – moet nooit die naam spreek oor jouself en ook nie oor jou land nie. Dit is van die vyand en moet nie alles glo wat jy hoor nie. Ons moet baie biddend wees en glo dat die Hand van God altyd op ons is. Liefde aan julle. FELICITY

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa