Kuier

Volhard IN GELOOF

Elke Sondag uplift hy ons op die kassie en hy wil hom net uitleef in die Woord. Deur chrislynn sias

-

Die bekende koortjie lui:“God sorg vir die mossies, God sorg vir die diere, God sorg vir die plante, God sal sorg vir jou . . . ”

En hoe belangrik is dit nie om nóú vas te klou aan die Woord van die Here en geanker te bly in jou geloof in dié moeilike en onsekere tyd nie. Ons word elke dag opnuut herinner aan die grootheid van ons Hemelse Vader en al bevraagtek­en ons Hom soms, weet ons dat Hy ons al deur menige storm in ons lewens gedra het.

Ook deur hierdie verwoesten­de pandemie sal God ons dra, glo Jonathan Rubain (35) van Hanover Park op die Kaapse Vlakte, en aanbieder van die gewilde gospelprog­ram Koortjies saam met Jonathan Rubain, op kykNET & kie (DStv-kanaal 145).

toevlug in die here

Hy sê wanneer jy God as jou Saligmaker aangeneem het, kan die lewe net beter raak. Dié man is in die huis van die Here gebore en ken geen ander lewe as dié van ’n gesalfde nie, maar sê ook hy het al fouteer en die Here bevraagtek­en, maar hy word daagliks herinner dat hy ’n God van geregtighe­id dien.

Sy program is sedert die eerste episode ’n gunsteling onder kykers en ’n mens kan nie anders om te wonder of die omstandigh­ede waarin ons tans verkeer, die rede daaragter is nie.

Dit is ’n dankbare Jonathan wat sê die eerste episode van Koortjies het juis op die eerste Sondag van die inperking geskied.“Daar was ’n behoefte aan so ’n tipe program op ons televisie en onder ons mense. Mense het gesmag na ’n program waar hulle deur die woord van die Here uplift kan word en ook na koortjies kan luister waarmee hulle grootgewor­d het. Ek dink die program het op die regte tyd gekom; dit het gekom gedurende ’n tyd waar mense opnuut herinner was aan hoe belangrik geloof vir ons is.”

Dié sanger en musikant is egter al vir jare op die scene.“Die vermaakbed­ryf kan jou maak of breek. Wat dinge soveel erger maak, is dat gospelkuns­tenaars nie dieselfde ondersteun­ing kry as ander kunstenaar­s nie. Daar is nie sponsors wat jou help betaal aan

’n venue, ander musikante en al daai ander goed wat nodig is nie.“

Jonathan onthou tye toe hy nie kon bekostig het om mense te betaal nie.“Dit was vernederen­d toe dit gebeur het, maar ek het geweet opgee is nie ’n opsie nie en die Woord van God sê op Sy tyd en nie joune nie. So ek het maar geduldig my beurt sit en afwag.”

Hoewel Jonathan nou ’n bekende gesig is, onthou hy die tye as kind in die strate van Hanover Park.“Toe ek my oë oopmaak, was dit kerk. Ek het nie die lewe geken sonder kerk nie. My ouers is albei baie standvasti­g in die geloof en ons was in die huis van die Here grootgemaa­k. Dit was van Maandag tot Sondag kerk en wanneer daar ’n paar ure was waar ons kon speel, het ons dit sommer gate uit geniet. Dit is ook hoekom ek kan sê dat ek nie met verkeerde dinge betrokke geraak het as jong seun en man nie. Ek het maar altyd my toevlug gesoek in die Here.”

Tog moet Jonathan erken dat hy hom nie kon blindstaar teen die euwels wat ’n jong man van die Kaapse Vlakte daagliks in die gesig moet staar nie.“Daar is baie van my vriende wat met verkeerde dinge betrokke geraak het omdat hulle nie die ondersteun­ing en fondasie gehad het wat ek gehad het nie. Hulle het met bendes betrokke geraak omdat daardie mense vir hulle ’n familie kon gee, een wat hulle nie noodwendig by die huis gehad het nie. Dit is nie maklik om op die Kaapse Vlakte groot te word nie. Elke dag kom met nuwe uitdagings.”

Hy onthou die tye dat hulle plat op die vloer moes lê wanneer daar buite geskiet word.“Ons is van kleins af geleer wanneer daar geskiet word, moet jy plat op die vloer op jou maag gaan lê. My ma sou dan bid terwyl die skote buite klap. Dit was ons realiteit, maar dit wou nie sê dat ek die pad byster moes raak nie. Vir my het dit altyd gevoel dat ek net harder moes werk sodat ek bo my omstandigh­ede kon uitstyg.”

Volgens Jonathan is vergewensg­esindheid baie belangrik.“’n Quote van Reverend T.D Jakes lui:‘To be unforgivin­g is like drinking poison and waiting for someone else to die’. Dit vergiftig jou van binne af en dit verteer jou. Ons kan nie bekostig om in dié tye vir mekaar kwaad te loop nie. Die Woord sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself en dit is hoe ek die lewe aandurf – met vergewensg­esindheid, liefde en dankbaarhe­id in my hart.”

Oor die aankondigi­ng dat sy program verleng word tot ’n uur, is hy bly. “Dit is ongeloofli­k en iets wat ek eintlik verwag het, want wie kan net vir ’n halfuur kerk hou? Nooit! ’n Mens hou vir ’n uur of meer kerk, jong party dae hou ons sommer heeldag kerk!”

Hy lag voor hy sê hy is steeds in die wolke.“God is goed mense! En ek kan nie genoeg dankie sê vir die geleenthei­d en die kykers by die huis wat my sommer netso in hul sitkamers aanvaar het nie. Dit is vir my ’n groot eer om die Woord van die Here te verkondig en ek kan nie wag om te sien wat die toekoms inhou nie.”

Jonathan verduideli­k dat hy altyd vasklou aan Psalm 23 vers 6 wat sê:“Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly tot in lengte van dae”.

“Dis vir my ongeloofli­k dat die Woord sê wherever jy gaan, sal die goedheid en guns van die Here jou dra. Dit bemoedig my altyd dat die Here altyd daar is. Maak nie saak wat ek aanpak nie – Hy is daar.”

Dit is ook hoe hy voel oor die Covid-19-pandemie wat tans wêreldwyd lewens eis. “Moeilike tye is daar om jou nader aan die Here te bring.

Geloof is al waaraan ons kan vashou. Die Here sal jou nie iets gee wat jy nie kan dra nie.

Hy gee die meeste wind vir die hoogste bome. Ook hierdeur sal ons kom met behulp van

God. Net voor die Israeliete die beloofde land gekry het, moes hulle eers deur die woestyn gaan. Klou vas aan jou geloof. Die God wat jou tot dusver gedra het, sal jou ook verder dra.”

Gryp geleenthed­e

Hy voeg by dat mense versigtig moet wees gedurende die pandemie. “God help diegene wat hulle self help. Hy het aan ons gawes en talente gegee wat ons moet gebruik, maar vertroue op jouself en selfgeregt­igheid belemmer eintlik God se werk. Ons moet dus ons hande was, sanitize, social distancing toepas, sowel as bid. Die woord sê,‘As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.’(Matteus 16:24).

Jonathan wil dit sy hoofdoel maak om mense te bemoedig en te inspireer. “Onthou die keuses wat jy vandag maak, beïnvloed jou toekoms van môre. Maak dus die regte keuses en volhard, kind van God. Ons lewe in ’n wêreld propvol geleenthed­e, ons moet net die geleenthed­e aangryp en hard werk om dinge te laat gebeur. Hou op wag dat dinge sommer so op skinkbord vir jou aangedra moet word. Dit is nie hoe dit werk nie. Success is when opportunit­y meets preparatio­n. Klou vas aan jou drome en klou vas aan jou geloof – met God is alles moontlik!”

 ??  ?? HOOFFOTO: Jonathan Rubain is die aanbieder van die bekende gospelprog­ram Koortjies op kykNET & kie.
HOOFFOTO: Jonathan Rubain is die aanbieder van die bekende gospelprog­ram Koortjies op kykNET & kie.
 ??  ?? Kay Karriem (regs) en Ernusta Maralack (onder) van Kuier was albei gaste op die program.
Kay Karriem (regs) en Ernusta Maralack (onder) van Kuier was albei gaste op die program.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa