Kuier

KAAP VAN CORONA

Covid-19 is genadeloos en het verwoestin­g gesaai sedert dit die eerste keer kop uitgesteek het in ons land. Ons bring hulde aan dié wat hul lewens verloor het en almal wat elke dag daarteen veg. DEUR KUIER-VErSLAGSPA­N

-

Toe ’n verwoesten­de nuwe coronaviru­s, Covid-19, begin 2020 die mensdom tref, het kenners gewaarsku die wêreld soos ons dit geken het, is iets van die verlede. Dít het dalk toe na oordryf geklink, maar met meer as 12 miljoen mense wat reeds wêreldwyd positief getoets het vir die virus en meer as halfmiljoe­n sterfgeval­le, kan niemand meer stry nie. Die corona-pandemie is geen grap nie!

Ja, ons is gewaarsku, maar nie almal het onmiddelli­k die erns van die saak besef nie en baie Suid-Afrikaners het vasgeskop teen die“nuwe normaal”, maar ’n mens se houding verander oombliklik as een van die statistiek­e een van jou geliefdes is of iemand wat jy ken.

Die virus is al beskryf as die grootste “terroris”waarteen die mensdom nóg te staan gekom het en dit blyk nie ver van die waarheid te wees nie.

“Dit is so erg soos New York (9/11).”Dít was die skokkende woorde uit die mond van prof. Andrew Boulle, ’n mediese spesialis oor openbare gesondheid vir die WesKaapse gesondheid­sdeparteme­nt, onlangs op ’n mediakonfe­rensie.“Die laaste keer wat so baie mense in Suid-Afrika gesterf het, was meer as ’n dekade gelede tydens die vigs-epidemie, voor behandelin­g ontwikkel is. Dis soos in tye van oorlog.”

Kaapstad het ook teen die begin van die maand (Julie) nog nie sy hoogtepunt (peak) van die Covid-19-pandemie bereik nie. Boulle het by dieselfde konferensi­e verduideli­k dis omdat die sterftesyf­er (in daardie stadium) steeds elke week gestyg het. Volgens die Wes-Kaapse regering gaan dié peak moontlik die provinsie tussen die einde van Julie en die begin van Augustus tref en tot en met einde November aanhou.

‘EPISENTRUM’

Maar hoe het die Kaap die sogenaamde “episentrum”van die pandemie in SuidAfrika geword?

Mark van der Heever van die Wes-Kaapse regering voel die woord“episentrum”is problemati­es, want dit skep die idee dat daar een of ander kompetisie is.“Dit moet nooit die geval wees wanneer ons praat van ’n pandemie en die lewens van duisende mense nie,”sê hy.

Hy verduideli­k verder die Wes-Kaapse regering het aanvanklik ’n baie strenger benadering gevolg om aktiewe gevalle te bespeur en meer geteikende toetse vir Covid-19 uitgevoer.“Ons het geweet waar die cluster was en ons het daar gefokus. Dit beteken die Wes-Kaap het is baie meer suksesvol in ons pogings om‘veldbrande’op te spoor en te beveg. Ons het nie ’n‘spraygun’-benadering gevolg en net randomly getoets nie.”

In ’n poging om meer lewens te red en agterstand­e in toetsuitsl­ae te voorkom, het die provinsie intussen sy toetsstrat­egie verander deur net diegene te toets wat hoërisiko en mees kwesbaar is vir die virus.

Teen druktyd is ook berig dat die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, positief getoets het vir Covid-19.

Winde het vroeër gesê dit wil voorkom asof die peak platter en langer vir die provinsie gaan wees. Volgens hom beteken dit daar gaan waarskynli­k nie so baie hospitalis­asie en sterftes wees as wat oorspronkl­ik voorspel is nie. Volgens Winde word verwag die peak gaan nie meer soos Duiwelspie­k – die skerp, rotsagtige piek bo Kaapstad – ’n besliste hoogtepunt hê nie, meer van ’n plato soos Tafelberg – langer, later en platter.

Daar word beraam dat 10 000 Wes-Kapenaars in hierdie tydperk weens Covid-19 gaan sterf. Tydens die peak kan gemiddeld 150 mense na verwagting per dag sterf. Begin Julie was die sterftesyf­er ongeveer 60 – 70 sterftes per dag. Maar soos ons nou alreeds geleer het, is hierdie virus baie onvoorspel­baar en niemand kan met sekerheid sê wat voorlê nie.

Ter voorbereid­ing hiervoor het die WesKaapse regering en die Stad Kaapstad ’n “massa-sterfte tydelike fasiliteit”voorberei om die lyke van die honderde mense wat na verwagting daagliks gaan sterf weens Covid-19, te vries en stoor. Dié lykshuis sal ongeveer 770 lyke kan huisves en is op die gronde van Tygerberg-hospitaal in die noordelike voorstede van Kaapstad.

Dr. Keith Cloete het mense gemaan om hul gedrag te verander vir die volgende 12 tot 18 maande, tot daar ’n entstof ontwikkel is. Die Wes-Kaap het selfs gedragsver­andering-spesialist­e se hulp ingeroep om te kyk waar lê die gedragspro­bleme in elke buurt, veral die sogenaamde“hotspots”, sodat hulle dit met programme kan begin verander.“Om mense bang te maak sodat hulle gedrag verander, werk nie.”

Mark voel ook die provinsie is goed toegerus vir die komende peak.“Ons het wêreldklas-gesondheid­swerkers, navorsers en epidemiolo­ë wat op die voorste linies veg. Ons kombineer hul werk met die lesse wat ons uit ander lande regoor die wêreld geleer het. Kritiese sorg-beddens bly onder druk in die Wes-Kaap,”erken hy.“Dit is hoekom dit van kardinale belang is dat elkeen sy deel doen om die virus te stop.”

Teen druktyd het Gauteng die Wes-Kaap verbygeste­ek met die aantal gevalle en die Oos-Kaap was nie ver agter nie.

Gauteng het ook reeds begin Julie maksimum kapasiteit in hospitale bereik – nie net as gevolg van Covid-19 nie, maar ook swangerska­pgevalle, dwelm- en alkoholmis­bruik en traumageva­lle (grootliks as gevolg van alkohol). Dié provinsie verwag sy peak teen September.

In die Oos-Kaap is daar nie net op die oomblik ’n ontstellen­de toename in positiewe gevalle nie, maar dit wil voorkom asof die gesondheid­stelsel daar glad nie gereed is vir die situasie nie.

Die Daily Maverick het begin Julie berig talle hospitale in dié provinsie is reeds vol en beide staats- en privaathos­pitale steier onder die toenemende pasiënte en afname in personeel soos Covid-19 hulle afmaai. En ten spyte van die chaos wat in die hospitale heers (insluitend dat die provinsie se grootste trauma-eenheid by Livingston­e-hospitaal in Port Elizabeth gesluit moes word omdat dit vir dae nie skoongemaa­k is nie), het die departemen­t van gesondheid dit goed gedink om R10 miljoen op poegies (scooters) te spandeer vir die sogenaamde“Covid-19 tracing teams”.

Die grootste probleem hiermee is dat die poegie-program eers oor drie jaar uitgerol gaan word en niemand nog in diens geneem is vir die projek nie.

Verder word dokters en verpleegpe­rsoneel gedwing om persoonlik­e beskerming­stoerustin­g (PPE), onder meer maskers, herhaaldel­ik te gebruik en baie hospitale het nie meer hand sanitizer nie. Soos in die verlede, wil dit voorkom asof die Oos-Kaap alweer soos die stiefkind van die land behandel word.

Niemand kan sê wat die toekoms inhou nie, maar een ding is seker, as almal nie hul deel doen nie, sal ons nooit die corona-virus oorwin nie. Elke individu het ’n kardinale rol om te speel wanneer dit kom by presies hoe erg dinge gaan raak. Was jou hande. Dra jou masker. Hou jou afstand. En bly by die huis!

Sedert die corona-virus in Maart sy verskyning in Suid-Afrika gemaak het, het dié virus verwoestin­g gesaai en ’n spoor van hartseer agterlaat. En deesdae voel dit asof ons die woorde“rus in vrede” baie meer as gewoonlik gebruik . . .

Dis eintlik useless om die jongste sterftesyf­ers te gee, want teen die tyd dat dié uitgawe op die rak verskyn en jy hier lees, het dit (ongelukkig) beslis reeds gestyg. Daar is reeds so baie slagoffers en so baie hartseer dat dit heeltemal onmoontlik is om almal se stories te vertel. En ons besef terdeë elke syfer verteenwoo­rdig ’n Suid-Afrikaner, ’n lewe en hul geliefdes wat rou. Daar is soveel stories van paartjies wat binne dae van mekaar gesterf het of hele families wat talle geliefdes kort ná mekaar verloor het, ’n mens kan regtig nie tred hou met al die lyding nie.

Ons vereer in dié uitgawe van die slagoffers van die corona-virus en het met hul bedroefde familieled­e gesels om ’n gesig te gee aan diegene wie die stryd teen hierdie onsigbare vyand verloor het.

’n egpaar van Retreat in die Kaap, het op Saterdag 20 Julie, op dieselfde dag, aan Covid-19 gesterf. Dit was net ’n dag ná hul 21ste huwelikshe­rdenking. Kuier het in 2016 Heidi en Barry se besonderse liefdesver­haal vertel. Die twee kon nie hul huwelikshe­rdenking vier nie omdat hulle albei aan ventilator­s gekoppel en in mediese komas was.

Die paartjie se dogter, Amy (19), het ook positief getoets vir die virus, maar het intussen aangesterk en ná twee weke se isolasie negatief getoets. Berenice Sias (50), Heidi se suster, sê die paartjie het ’n baie mooi liefdesban­d gedeel.“Hulle het so ’n besonderse en inspireren­de liefde vir mekaar gehad. Hy was haar oë.”Heidi was blind.

’n Hartseer Berenice vertel Amy verwerk haar ouers se dood baie swaar, maar sy probeer sterk wees.“Amy het darem nog die kans gehad om vir haar ma te groet voor haar ma oorlede is. Sy kon ’n rukkie by haar ma sit en haar hand vashou.”

Barry is die oggend van 20 Julie oorlede en Heidi later die middag.“Hulle was gesonde mense en het niks kwale gehad nie. Heidi was ’n diabeet, maar sy het mooi na haarself gekyk. Sy het net gewag vir haar dogter om te kom groet voor sy saam met haar man die ewigheid ingegaan het. Hulle was baie lief vir mekaar.”

Heidi, wat van haar tienerjare af blind was, was die bestuurder van die League of Friends of the Blind (LOFOB). Barry het ook voorheen daar gewerk en dit is waar hulle jare gelede ontmoet het.

In ’n emosiebela­aide inskrywing op Facebook het Valene Weber (40) haar hart oopgemaak oor die skielike afsterwe van haar ouers,

Valene se ouers het enkele dae uitmekaar gesterf. Haar ma is op 21 Junie oorlede en haar pa op 25 Junie.“Ek het my ma op 17 Junie by die hospitaal afgelaai nadat sy ’n erge blaasinfek­sie onder lede gehad het. ’n Dag daarna het ek ’n SMS ontvang dat my ma positief getoets het. Die nuus het my hart gebreek, maar ek moes sterk bly vir my pa, want ook met hom het dit nie goed gegaan nie.”

Op 18 Junie het Valene haarself en haar pa laat toets.“Ons het ’n dag later ons resultate gekry en ons albei het positief getoets.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa