Kuier

Gemeenskap­pe rou

-

My pa se hoes het teen dié tyd vererger en hy is dieselfde dag in die hospitaal opgeneem. Dieselfde hospitaal as my ma.“

Om 00:01 op 21 Junie het Valene die oproep ontvang dat haar ma afgesterf het. “Ek was stukkend, want hoe kon ek vir my pa vertel dat die liefde van sy lewe dood is? Ek het my pa gebel en het gehoor hoe ’n gebroke man huil vir die lewe van sy vrou. Hy kon nie eens vir haar totsiens sê nie. Al wat hy wou gehad het, was daai laaste totsiens, daai laaste soentjie, maar Covid-19 het dit van hulle gesteel.”

Vier dae later terwyl die familie reggemaak het om Eva ter ruste gelê, het ook Neville die stryd verloor.“My hart kon nie meer pyn hanteer nie. Ek dink sy hart was te gebreek ná my ma se afsterwe en hy kon dit nie meer hanteer nie.”Valene en haar broer, Lester, kon nie hul ouers se begrafnis bywoon nie, omdat hulle albei positief getoets het vir die virus.“Die virus het my ma en pa gesteel. Dit maak so seer en elke keer wanneer ek na foto’s kyk, rol my trane. My ouers het so ’n groot impak gehad op so baie mense se lewens en hulle was geliefd deur baie. Covid-19 is real.”

Helen Mouton sê sy sou nooit in haar wildste drome kon raai dat die virus haar seun, sou eis nie. Adrian, oorspronkl­ik van die Cederbergg­ebied, was by die Bellville-polisiesta­sie gestasione­er. Sy bedroefde ma vertel dit was altyd haar kind wat ander gemaan het om hul maskers te dra, social distancing toe te pas en om te alle tye hul hande te sanitize.“Hy was fris en gesond en het geen underlying conditions gehad nie. Ons het nie eens geweet hy het die virus onder lede tot hy in die hospitaal opgeneem was nie.”

Adrian is oorlede twee dae ná hy in die hospitaal opgeneem is.“My hart is stukkend en ek is net ’n leë dop. Ek is platgeslaa­n. My kind was my staatmaker en hy het nog die Vrydag iemand gestuur om vir hom klere te kom haal en ek het gewag vir hulle om hom te ontslaan en die Saterdag kry ek ’n oproep dat my kind dood is. Sy hart het gaan staan. My gesonde kind wat in sy lewe amper nog nooit siek was nie.

Ek weet nie hoe beweeg ’n mens aan ná dié virus nie,”sê Helen terwyl die trane oor haar wange begin stroom. Dis die tweede seun wat die antie binne ’n jaar verloor het. “Albei my kinders is nou dood, albei skielik van my weggeraap – die een vermoor en die ander corona. Hoe lewe ’n mens?”

Die geliefde polisieman se kollegas het hom vereer met ’n drive of honour. Een van sy kollegas sê:“Hy het altyd ’n glimlag op sy gesig gehad en het dit sy werk gemaak om ander se lewens ’n bietjie beter te maak. Hy sal gemis word, veral sy passie vir die SAPD.”

Die Bo-Kaap-gemeenskap is in rou gedompel ná die afsterwe van

Baie het dié dokter as ’n“gentle giant” beskryf en sê hy het nie net die gemeenskap as dokter gedien nie, maar ook as raadgewer.

Kasheef Jakoet (41), Fuad se kleinneef, sê sy oom was ’n mens vir die gemeenskap, ’n baie beskeie karakter.“Ek onthou hoe hy altyd nie eens vir die oumense vir geld sou vra wanneer hulle hom besoek het nie. Hy het tot aan die einde sy gemeenskap gedien en dit het as ’n groot skok gekom toe hy afsterf aan Covid-19.”

Volgens Kasheef was Fuad ook een van die min dokters wat steeds housecalls gedoen het. Dr. Jakoet was ’n paar dae voor sy afsterwe op 16 Junie in die hospitaal opgeneem vir pneumonia.

Randall“Solly”Solomons (55) het vir meer as 20 jaar as onderwyser gedien in die Macassar-gemeenskap. Hulde het ingestroom vir dié geliefde onnie toe die nuus van sy dood bekend word.

Randall se jarelange vriend, Edgar Smith, sê hy en Randall het mekaar in St.7 (gr.9) ontmoet.“Randall sal altyd onthou word vir sy passie en liefde vir kinders. Hy het kinders verstaan en het nie net sy werk beoefen om ’n salaris te verdien nie.”

Randall is glo die eerste onnie wat in die Wes-Kaap weens Covid-19 gesterf het.“Hy het so baie in die gemeenskap geploeg en was by baie gemeenskap­sorganisas­ies en sport betrokke. Hy sou altyd leerders wat die pad byster geraak het aanmoedig om terug te kom skool toe. Hy was ’n liefdevoll­e mens. Een wat liewer was vir mense as die lewe homself.”

Dié bekroonde onderwyser was ten tyde van sy afsterwe werksaam by Macassar Hoërskool en het vyf dae voor hy op 12 Junie aan die virus beswyk het, siek geword. Randall is in 1995 aangestel as onderwyser by die skool, 12 jaar nadat hy aan die skool gematrikul­eer het.

Hospitaalp­ersoneel met wie Kuier in die Kaap gesels het, is doodbang oor wat hulle ervaar in die hospitale waar hulle werk en hulle is bitter beangs oor die peak wat nog voorlê.

Almal het onder skuilname gepraat omdat hulle bang is vir viktimisas­ie of dat hulle hul werk kan verloor. Maar hulle kon nie langer stilbly oor die kommer wat soos ’n berg op hul skouers rus nie. Hul kommer spreek grotendend­eels uit hoe dinge hanteer word wanneer ’n personeell­id positief toets, sowel as die genoegsame beskikbaar­heid van PPE’s (beskermend­e drag).

Die situasie in hospitale is so benard dat van hulle vertel die onus rus deesdae op die dokter aan diens se skouers om te besluit wie moet ’n ventilator en wie nie. Dr. Bandile Masuku, Gauteng se LUR vir gesondheid, het hieroor aan News24 gesê: “Dit is ’n etiese vraag met baie vooropgest­elde idees en emosies. Daar is kriteria wat dokters gebruik en dokters besluit wie ’n ventilator kry en wie nie.”

Volgens hom is die ideaal dat alles beskikbaar is vir almal, maar dis nie moontlik. nie.“Dis nie hoe die natuur werk nie. Daar is steeds hulpbronne wat skaars is,”meen hy.

Volgens Maret Lesch, ’n woordvoerd­er vir die Wes-kaapse gesondheid­sdeparteme­nt, het 3 597 Wes-Kaapse gesondheid­swerkers (in die openbare sowel as privaatsek­tor) in die Wes-Kaap teen 4 Julie reeds positief getoets vir Covid-19 en teen 6 Julie het 32 gesondheid­swerkers reeds gesterf weens Covid-19.

Op haar beurt sê Laetitia Pienaar, ’n woordvoerd­er vir Tygerberg-hospitaal, daar was teen druktyd 450 bevestigde gevalle van personeel wat die virus opgedoen het by dié hospitaal. Groote Schuur-hospitaal het toe 331 personneel­lede gehad wat poitief getoets het en drie sterftes.

Kevin Jooste* (30), ’n verpleër by Tygerberg, sê aan die begin van die pandemie was dit baie swaar en moeilik, maar dinge

 ??  ?? REGS: Heidi en Barry Volkwijn van Retreat het op dieselfde dag gesterf weens Covid-19.
REGS: Heidi en Barry Volkwijn van Retreat het op dieselfde dag gesterf weens Covid-19.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa