Kuier

Frustrasie­s bou op

-

het darem nou ’n bietjie verbeter sedert ’n gedeelte van die hospitaal in ’n Covid19-eenheid omskep is. Hulle verstaan die virus ook nou beter.

Dis ’n bekommerde Kevin wat vertel wanneer iemand op ’n skof positief toets, word hulle in isolasie geplaas.

“Die res van die skof word glad nie eens getoets tot jy ook nie simptome wys nie. Jy kan onbewustel­ik die virus tot op so ’n mate versprei. Jy stel die lewens van die pasiënte en jou kollegas in gevaar. Ek voel elkeen moet getoets word voor hulle verder kan werk. Só kan ons dan die verspreidi­ng van die virus beperk.”

In reaksie hierop, sê Maret wanneer daar vermoed word ’n personeell­id het Covid-19, word hulle gevra om te kwarantyn. ”As hulle positief toets vir Covid-19, moet hulle isoleer vir 14 dae voor hulle kan terugkeer werk toe. Nabye kontakte word onmiddelli­k gevra om te kwarantyn en indien hulle geen simptome ontwikkel nie, kan hulle ná agt dae terugkeer werk toe. Indien hulle simptome toon, word hulle ook getoets.

“Alle areas waar die betrokke personeell­id gewerk het in die fasiliteit, word dan ontsmet en skoongemaa­k.”

Kevin voeg egter by hulle is onder baie druk omdat daar ’n tekort aan personeel is. Hy is ook bekommerd oor die tekort aan PPE’s. Kevin sukkel netso om te deal met die kinders, sowel as pasgebore babas, wat hy glo sien ook deur die virus geaffektee­r word, nadat daar aanvanklik berig is hulle is nie so vatbaar nie.

“Natasha Saayman* (27) werk tans by Groote Schuur in die Covid-19 saal.“Ek werk in ’n 28-bed-saal en dié saal is amper elke dag propvol. Die hospitaal het nuwe sale oopgemaak spesiaal vir Covid-19pasiënte. En ook dit is elke dag vol mense.” Sy sê die personeel is baie oorwerk, maar doen die beste wat hulle kan onder die stresvolle omstandigh­ede.

Sy vertel sedert sy in die Covid-19-saal begin werk het, gaan daar elke dag iemand dood.“Jy staan daar en sien hoe die mense met die suits kom om die lyke te kom haal en party dae raak dit net te veel. Al wat ons nou kan doen, is om die pasiënte sover as moontlik veilig hou.”

’n Staatsdokt­er wat by verskeie hospitale in Kaapstad werk, maar verkies om anoniem te bly, sê hy voel neutraal oor die pandemie.“Dis nie die eerste of die laaste keer wat een of ander pandemie die wêreld gaan tref nie.”

Oor die hantering van die pandemie, voel hy egter baie anders.

“Ek is ’n chirurg wat eksklusief met kinders werk. Sedert die begin van die pandemie, selfs nog voor lockdown, is twee derdes van ons chirurgies­e lyste gekanselle­er en ons word aangemoedi­g om nie elektiewe werk te doen nie.

“Ek het ’n lys van meer as 50 pasiënte wat ek nie kon opereer nie. Hierdie pasiënte wag gewoonlik ses maande of langer vir hul operasies. Ons chirurgies­e sale is verminder om plek te maak vir die Covidpasië­nte, maar heelwat van dié sale staan leeg en ons sukkel om plek te kry vir ons pasiënte.”

Dié dokter is ook geskok oor die hoeveelhei­d verpleegpe­rsoneel wat op ’n gereelde basis afwesig is.“Ek verstaan hulle is bang, maar dis uiters teleurstel­lend en kommerwekk­end en grootliks weens wanpersepi­es. Ons en hulle werk het nog altyd sekere risiko’s ingehou soos infeksie met TB of MIV en dié twee goggas is baie meer destruktie­f as Covid.”

Volgens hom is daar meer as genoeg beskermend­e toerusting en maatreëls by hospitale vir ’n veilige werksomgew­ing.

Nog iets wat dié dokter warm om die kraag het, is die Kubaanse dokters wat na Suid-Afrika gebring is.

“Vir ’n land met so min geld en so baie skuld, is dit darem onnosel om soveel miljoene te spandeer op dokters wat minder vaardig is as Suid-Afrikaanse dokters, wat nie ons taal praat nie, en dit terwyl vele

Suid-Afrikaanse dokters tans nie werk het nie!”voeg hy by.

Volgens hom is die Kaap meer as gereed vir die peak.“Ons het genoeg dokters. Ons het te veel dokters. My een kollega het haar naam opgegee om by die Hospitaal van Hoop te werk en is nou nog nie gekontak nie,”vertel hy moedeloos.

’n Ander dokter sit met sy hande in sy hare van moedeloosh­eid, maar nie as gevolg van Covid-19 nie.“Ek werk by die trauma-eenheid in Mitchells Plain (op die Kaapse Vlakte) en ek het hierdie naweek nie een Covid-pasiënt gehad nie, en ook nie een nugter een nie. Dit was rof en oorvol. Dit was ’n fout om die alkohol-verbod te lig, veral nou. Ek bid hulle stel dit weer in voor ons die piek bereik.”

Tydens hard lockdown het die hospitaal ’n dramatiese 45% afname in gewelddadi­ge trauma-gevalle gesien en dié dokter glo vas dit was as gevolg van die alkoholver­bod. Dít het volgens hom alles verander die payday-naweek ná die verbod gelig is.

Danny Grootboom* (42), ’n portier by ’n Kaapse hospitaal het in Junie die virus vermoedeli­k by die werk opgedoen en onwetend sy suster aangesteek nadat hy een middag ná werk by haar gaan inloer het.

So gou as wat hy uitgevind het hy het positief getoets vir die virus, het hy sy familie, insluitend sy suster, verwittig.

Sy suster is egter ’n paar dae daarna in die hospitaal opgeneem.

 ??  ?? ’n Gesondheid­swerker doen ’n Covid-19toets.
’n Gesondheid­swerker doen ’n Covid-19toets.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa