Kuier

Op die platteland

-

Binne twee dae het haar hart gaan staan en sy het gesterf.“Ek voel natuurlik verantwoor­delik vir haar sterfte. As ek nie by haar gaan inloer het nie, het sy nooit eens die virus opgedoen nie. Dit is iets wat my daagliks steeds pla.”

Ook in platteland­se hospitale in die WesKaap het die virus sy tol begin eis.

Donald Siegelaar* (48), ’n hospitaal-skoonmaker van Swellendam, sê personeel begin al hoe banger raak om te kom werk en hy vrees vir wanneer die skole weer heeltemal aan die gang is en kinders tussen dorpe begin travel om skool toe te gaan.

“Die hospitale se beddens begin vol raak en selfs buite die hospitaal hoor jy elke dag al hoe meer van mense wat positief toets. Mense is meer op hul senuwees en bang. En al werk ons elke dag in ’n omgewing waar mense sterf of gesond raak, is dit heeltemal anders nou,”sê hy.

Hy sê voorts personeel vrees vir hul lewens en hul families, maar kos moet op die tafel gesit word en hulle het ’n plig om ons diens te lewer en mense deur hierdie moeilike tyd te help.“Maar met die dat die gemeenskap nie wil luister en hul kant bring nie, verstaan ek hoekom hospitaalp­ersoneel moedeloos word en sommer nie kom werk nie.”

Maar al styg die syfer aanhoudend, voel Sarah Willemse* (51), ’n verpleegst­er van Ceres, dat landelike gebiede in die WesKaap nog mooi hul positiewe getalle en sterftes onder beheer het, in vergelykin­g met die Oos-Kaap waar dinge op die oomblik handuit ruk en desperaat word. Maar sy is moeg tot in haar siel. . .

“Die druk waaronder ons werk, word elk dag erger, want die nommers styg, maar die personeel raak minder. Elke tweede dag is daar iemand anders wat in isolasie geplaas word of wat by die huis bly omdat hulle siek voel.

“Maar daar is ook mense wat net te bang is om te kom werk en moontlik aan Covid blootgeste­l kan word,”sê sy.

Nog ’n groep wat te midde van die pandemie steeds elke dag hul werk moet doen, is joernalist­e en ons het ons kollega Christa Prinsloo, nuusredakt­eur van Son, gevra om bietjie te vertel hoe hulle dit regkry om selfs midde-in die pandemie elke dag ’n koerant te lewer.

“Die heel eerste krisis wat die Son se nuusspan in die gesig gestaar het, is hoe gaan ons steeds aan ons lesers nuus bring?”

Son is immers bekend daarvoor dat hulle aan die mense wat nie noodwendig voorheen ’n stem gehad het nie, wel ’n spreekbeur­t te gee. Dié poniekoera­nt is ook bekend daarvoor dat hulle oral in gemeenskap­pe ingaan. So terwyl die meeste Suid-Afrikaners weggehol het en in hul huise gaan skuil het, was Son se verslagspa­nne nog daagliks in die gemeenskap­pe om die meer persoonlik verhale te vertel hoe ons lesers die lockdown ervaar.

Son was in die begin by toe mense in rye - wat mens nie eens op Sassa-dae sal sien nie, getou het om vir oulaas drinkgoed by die drankwinke­ls te gaan koop. Van die mense het met buckle bene onder hul swaar vrag daar uitgestap.

Sommer op dag een van die lockdown was Son op die toneel toe wetstoepas­sers ‘n man darem erg hardhandig gryp.

En dit nogal met net ’n 48 uur tydsverloo­p waarin pres. Cyril Ramaphosa mooi gevra het dat die army en wetstoepas­sers nie moet uitkom met vieslike“skop en donner”-tegnieke nie.

Getrou aan Son se slagspreuk: Ja, Son sien alles … En Son was weer op die toneel toe gevalle begin voorkom waar drankwinke­ls oopgebreek en begin plunder is.

Soos een van die Son- joernalist­e die werk onder hierdie moeilike omstandigh­ede beskryf:“Dis nie elke dag maklik nie. Maar dis my beroep wat ek gekies het. Ek kan mos nie nou soos die res van die wêreld se mense gaan wegkruip agter geslote deure nie. Wie sal die werklike nuusgebeur­e van die dag dan gaan haal?”

Dis met dié moed en dryfkrag wat die nuusspan daagliks hul dae aanpak. Sommige by hospitale en klinieke waar hulle gaan kyk het hoe mense met wyd oopgerekte monde gaan aansit vir ’nCovid-19-toets.

Die Son- nuusspan kry dit dus ná meer as 100 dae van lockdon steeds reg om die nuus na die mense te bring.“Ons joernalist­e gaan steeds vreesloos uit in die verskillen­de gemeenskap­pe om hul stories te vertel.”

Son was ook die voorlopers om die vraag te vra: Gaan begrafniso­ndernemers onder die ongekende tye kan cope?

Die foto’s van begrafniso­ndermeners in oorpakke van kop tot tone wat hulle laat lyk of hul eintlik ’n ruimtereis onderneem, was treffend.

Meer treffend om van die begrafniso­ndernemers self te hoor hoe hul taak met uiters streng regulasies gepaard gaan in die geval waar hulle met die oorskot van ’n Covid-19-pasiënt werk.

Met die hartseer klein begrafnis van een van die eerste nurses wat haar lewe aan die

virus verloor het, was Son by.

Niks meer as 50 mense nie wat begrafnish­ou net meer tragies gemaak het.

Dieselfde geld toe kerke weer geleidelik kon deure oopmaak en kerksuster­s en broers, niks meer as 50, se temperatuu­r eers getoets moet word voor hulle in die huis van hul Skepper kan gaan om te jubel.

Soos die dae in maande gerol het was Son terug by die begraafpla­se en die rye oopgegroud­e grafte met die laatmiddag­son wat onstellend­e lang en donker skauwees trek oor die toneel, het weer herinner. Níks in die tyd van die pandemie is normaal nie. Dat die pandemie ook die heel beste en slegste uit mense gehaal het, het nie ongesiens verbygegaa­n nie.

Die entjie-woede wat in rokers se harte broei wat hoes-hoes aan die een of ander vreemde maaksel twakstokki­e suig.

Daar is die engele wat uit hul niks steeds kos aan hul gemeenskap­pe voorsien.

So is daar ook die duiwels wat in dié tye van die allerviesl­ikste misdade gepleeg het en lesers wat gedog het hulle al immuun teen skok, is van vooraf tot in hul been laat ril vir hul vermeende dade en onregte wat hul pleeg.

Dan praat ons nie eens van die skole, ouers, onnies en leerders se vrese nie . . . So baie kwessies op te noem.

Die pandemie is beslis ’n werklikhei­d, maar dit het dit ook reggekry om ’n mens te laat lag. Die tik-tok oomblikke. Die ou in die lang lyn by die kruidenier­swinkel met die bak ore wat genoodsaak is om sy gesigmaske­r met ’n pleister vas te plak oor die ore rekkies nie vir hom werk nie. Die bad hairdays en die verlange na ’n hairdresse­r.

Eendag sal diegene wat dit gemaak het, hierdie oomblik onthou – die hartseer en die hahaha, maar onthou sál ons!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Foto’s ter illustrasi­e
Foto’s ter illustrasi­e
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa