UITMEKAAR VERSKEUR ’n
Hond is veronderstel om jou beste vriend te wees, maar twee mense het onlangs uitgevind hoe verkeerd dié aanname kan wees . . .
“Dit is net deur die genade van God dat Jiniel nog lewe, niks anders behalwe dit nie,”vertel Charmaine Sinclair (48) van Hornlee in Knysna, ’n familievriendin van die gehoorgestremde Jeneil Jafta (11) wat onlangs deur drie honde verskeur is.
Lucretia Abrahams (33) van Eersterivier in die Kaap voel dieselfde. Sy probeer self nou die stukke van haar lewe optel nadat sy wreed deur drie pitbulls aangeval is.
Jeneil was van kleins af ’n baie aktiewe kind en het nooit toegelaat dat die feit dat hy doofstom is, hom terughou nie.“Hy is ’n straightforward kind. Hy kan nie volledige sinne maak nie, maar hy kan ’n woord sê,” verduidelik Charmaine, wat namens die gesin praat omdat sy daar was tydens die aanval en sy ouers steeds in rou gedompel is. Hulle sien nie kans om te praat nie.
Jeneil is mal oor musiek en dans en laat nie oor hom loop nie.“Jy moenie met hom moeilikheid soek nie. Hy kán opstaan vir homself,”glimlag sy. Volgens haar het hy baie maatjies wat vreeslik erg is oor hom en die gemeenskap is baie lief vir hom.
Dis juis saam met twee van hierdie maatjies wat Jeneil op 2 Junie gestap het, toe daar skielik drie honde, twee Pitbulls en een German Shepard uit ’n erf op hulle afstorm. Die seuntjies het handjies gevat en oor ’n munisipale sportgrond gehardloop om te probeer wegkom, maar uit skok het hulle uitmekaar gespat. nie lekker om te aanskou hoe daai kind vir sy lewe geveg het nie . . .”
’n Jong man het sy lewe in gevaar te stel om die honde van naderby te verjaag. As gemeenskapswerker voel al die kindertjies amper soos Charmaine se eie, en sy het haar bes gedoen om tot naby aan die kind te kom.“Ek kon nie uitmaak wie se kind dit is nie, want daar was net bloed en sy een arm was amper heeltemal af. Hy het net aan ’n velletjie of ’n beentjie gehang soos wat daai honde gevreet het aan sy bo-arm. ’n Mens kon sien hy gaan dit nie maak nie.
“Ek was ook bekommerd oor sy been, maar dankie die Here, die dokters kon dit darem red. Die kind se hele liggaampie was vol gate, selfs sy keel. Een outjie het toe gekom en gesê dis Jeneil, Leonie Jafta en Granville Bond se kind. Ek kon dit nie glo nie,”vertel sy terwyl sy na haar asem snak.“By tye het hy sy ogies probeer oopmaak, maar ’n mens kon sien in watter verskriklike pyn hy was, en dat hy glad nie meer krag binne-in hom gehad het nie.”
Charmaine vertel hulle het vir Leonie laat kom en dit was vir haar amper te afgryslik om haar geliefde seuntjie só te aanskou.“Dit het gelyk of sy heeltemal in