Kuier

Moeilike herstel

-

mekaar wou sak, maar iemand het haar gestut en haar daar weggeneem. Jeneil is gehaas van die hospitaal in Knysna, na die hospitaal in George en daarna per helikopter geneem na Rooi Kruis-kinderhosp­itaal in Kaapstad omdat sy wonde te ernstig was om in hierdie hospitale te behandel. Met die aankoms is sy regterarm afgesit en hy moes vyf operasies ondergaan, waaronder veloorplan­tings. Hoewel hy tans goed aansterk, vertel Charmaine is die kind nog in intense pyn en was begin Julie steeds op ’n voedingsbu­is omdat hy te swak was om self te eet. Hy moet ook nog rehabilita­sie ondergaan. Tydens die onderhoud was Jeneil se nek gestut omdat dit, volgens Charmaine, gehang het. Sy been was ook gestut en hy kon nog nie loop nie.

Die gesin is tans besig met ’n hofsaak teen die eienaar van die honde, wat sedertdien almal van kant gemaak is. Hulle wil graag vir Jeneil ’n plastiek-armpie kry, maar fondse is tans baie beperk. ’n Mens kan amper nie dink dat die lewe so wreed is om ’n gehoorgest­remde kind se arm ook nog op so ’n grusame wyse te vernietig nie. Dis moeilik om jouself in te dink deur watter verskrikli­ke vrees en pyn die kind moes gegaan het terwyl die monsters aan hom gevreet het, en self sal hy dit nooit behoorlik in woorde kan uitdruk nie. Dit gaan die verstand te bowe watter skade dit aan sy binneste ook aangerig het en of hy ooit werklik daarvan sal herstel. Dat hy oorleef het, is werklik net ’n wonderwerk van Bo.

Nóg iemand wat onlangs erg deurgeloop het onder die woede van drie pitbulls, is Lucretia. “Ek was op pad na my ma se werkplek toe drie honde uit ’n werf gehardloop en my begin aanval. Hulle het my verskeur aan my hele linkerkant,”vertel sy hartseer. Lucretia erken tydens die voorval het sy totaal en al magteloos gevoel.“Dis menslik om pyn te voel, maar op daardie oomblik het ek buite myself gevoel.”

Lucretia is ’n klein mens van net 41 kilogram, maar het geweier dat die honde haar grond toe trek in die gestoei.“Ek kon voel hoe stukke vleis uit my geruk word, maar die pyn het my nie in daardie moment oorheers nie. Dis moeilik om te verduideli­k . . .”

In die voorval is haar bo-arm totaal oopgevlerk en sy is in haar sy en onder haar boude gebyt. Daar is ook ’n gat in haar been.“My kuit was amper uitgeruk.” Dokters het gesê sy sal moet veloorplan­tings kry en wat oor was van haar arm se vel, is met steke aanmekaar gewerk. Hoewel die voorval einde Mei vanjaar plaasgevin­d het, het Lucretia steeds aan die begin van Julie konstante, intense pyn beleef, veral in die koue.“Ek bloei gereeld en sukkel met bewegings,”vertel sy. “Ek is nog baie rou en seer – fisies, maar meer emosioneel en sielkundig.” Lucretia se grootste troos is dat sy daardie oggend nie haar seun by haar gehad het nie. “Ek het deur gebed en geloof baie sterk geword, maar die‘normale mens’in my is stukkend. Die gebeure speel daagliks soos ’n TV-program oor en oor by my af.”Sy sou graag die saak verder wou neem, maar sy is werkloos en is dit ’n stryd om fondse bymekaar te skraap vir ’n prokureur, vertel sy. Hoewel ’n mens nie alle honde oor dieselfde kam kan skeer nie, laat hierdie wrede aanvalle jou beslis twee keer dink oor hoe ’n goeie vriend sekere honde werklik is . . .

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa