Kuier

Positiewe impak

-

lig wat hulle gebring het in hul geliefdes se lewens, vier. En ek wil deur dit ook stories van hoop vertel.

Voorbeelde hiervan is die Arrison-tweeling van Kraaifonte­in in Kaapstad wat in 2017 deur hul ma in ’n moord-selfmoordp­oging geskiet was; Bianca Botha van BeaufortWe­s wat in ’n abusive verhouding was en herhaalde aanslae op haar lewe oorleef het; en Evelyn Pienaar van Mosselbaai wat saam met haar ma, dogter en twee vriende deur haar eks-polisieman­kêrel geskiet is. Almal behalwe die skieter het oorleef omdat hy homself daarna geskiet het.

Oor hoe ek dit doen, is my antwoord eenvoudig: Met gebed en my man se ondersteun­ing. Dis al manier hoe ek hierdeur kan kom. Ekself ken ook seer, so wanneer ek met families praat, tap ek in hierdie seer sodat hulle weet ek het begrip, empatie sowel as simpatie.

Maar ek hoor ook gereeld die program krap ou wonde oop, daarom wou ek by ’n paar van die families wat deel was van seisoen twee hoor of hulle spyt is hulle het hul stories aan die wêreld vertel.

Janine Adonis van Malmesbury wie se broer, Shawn Lategan, in die Bainskloof­moordsaak in 1997 vermoor is, sê:“Dit was

’n lieflike ervaring wat baie gehelp het met hul rouproses.

“Ek is bly ek het dit gedoen, want dit het mense bewus gemaak hoe boos die wêreld is en ook om te verstaan hoe seer my ma en pa asook die res van ons gekry het. Baie mense is ook nou beter ingelig, want baie mense het nie die ware feite geweet nie of miskien al vergeet. Vir die eerste keer het ek die seer in aunty Lizzie weer gesien sedert die begrafniss­e. . . Ons sal nooit weer dieselfde wees as voor die moorde nie.”

Sy voeg by die reaksie op hul storie was oorweldige­nd en mense wat hulle 25 jaar gelede laas van gehoor het, het hul familie weer gekontak.

Antie Cynthia Adams, ma van Howard Adams in die Helderstro­om-bewaarderm­oordstorie, erken die rowe is van hul seer afgetrek, maar sê“dit was ’n goeie ding”.

“Ernie, jy is rêrig ’n engel wat God gebruik om ons (bruin) mense se stories te vertel. Wat ek kan sê is ons is nie spyt dat ons die program gedoen het nie; daar was wye reaksie van mense. Dis ’n jammerte daar was geen reaksie van die DKD af (oor die saak nie),”sê antie Cynthia.

Bianca, wat gender-based violence intens ken en aanslae op haar lewe oorleef het, se storie het groot reaksie ontlok.

Mense het haar geprys en haar onder meer as ’n“’n groot inspirasie”en“’n ware vrou van God”beskryf.

“My ervaring was ’n baie positiewe een. Die onderhoud is respekvol en baie mooi gedoen sonder enige ongemaklik­heid – you felt at home asof jy met ’n kennis praat. Ek het ’n tyd terug dit vermy om te praat (oor wat gebeur het) en moes weer moed kry om te praat en ek is bly ek het dit gedoen. . . Dalk het dit ’n vrou iewers gehelp om die besluit te neem om weg te stap en haar eie lewe te red,”vertel Bianca.

Bianca sê voorts sy het vir lank nie verstaan hoekom sy oorleef het nie,“maar ek weet vandag die Here sit ons deur storms sodat ons ander kan help wat tans in dieselfde storm vasgevang is”.

“Ek het nie geweet my storie sal so baie mense aanraak nie. Ek het boodskappe van oral in die land gekry en dit was alles motivering en positiewe messages. Ek het nie gedink die bietjie wat mense gehoor het so ’n positiewe impak sou maak nie.”

Op Seer se Spoor sal nooit maklike kykstof wees nie. Dit sal ons altyd herinner aan die boosheid in ons midde, maar terselfder­tyd herinner dit ons ook dat ons almal se stories, veral dié van seer, saak maak en die potensiaal het om iemand anders se lewe te verander. . .

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa