Kuier

Besigheid kry lewe

-

planne, maar waar kom hul dryfkrag, veral op so ’n jong ouderdom, vandaan?

Caleb lag voor hy sê albei sy ouers is joernalist­e en hulle was van kleins af aangesê dat joernalist­e nie baie geld verdien nie en hulle sal moet werk vir wat hulle wil hê.“Ons doen al vir jare ekstra goed om geld te verdien. Ek onthou tye waar ek vir my ma iets sou vra en dan sou sy vra:‘Oukei, maar wat is jy bereid om te doen om dit te kry? Alles in die lewe kos geld’. En dit is lesse wat by ons ingeëts was. Jy kon nie sommer net iets kry sonder om daarvoor te werk nie.”

Die jonger boetie, Dane-Cole, vertel dit is juis die rede hoekom hulle altyd na maniere soek om ekstra geld te verdien. “Ek verkoop parfuum by die skool en Caleb sal sy klere verkoop wat hom nie meer pas of wat hy nie meer dra nie. Voor die corona-besigheid ons getref het, het ons ook besluit om ’n dog walking-besigheid te begin om ekstra geld te verdien, maar daai planne is toe vir eers op ys gesit.”

En dit is ook Covid-19 en die inperking wat die twee laat besluit het om hul liefde vir mode verder te vat. Volgens Caleb het sy liefde vir mode begin toe hy met hoërskool begin het. Hy onthou dat hy nooit van die klere gehou het wat in die winkels was nie.“Dit is nie dat ek uitsoekeri­g was nie, maar daar was regtig net nooit goed wat my smaak was nie en dít is toe ek goed begin ontwerp het en na ou items gesoek het wat my look meer lekker kon laat lyk.” op ons individuel­e Instagram-accounts geplaas net om die water te toets. Die feedback was amazing en dis ook toe ons besluit en besef dat die ding actually kan werk!”vertel Caleb opgewonde.

Terwyl hulle begin rondspeel het met die idee, het hulle begin soek na mense wat die klere vir hulle kan vervaardig.“Dit was belangrik vir ons om nie mainstream te gaan nie. Om iets anders te doen. Ou modeneigin­gs en nuwes saam te gooi met ’n touch van Afrocentri­c. Dit is ook hoekom dit vir ons belangrik was om iemand te kry met ’n verskillen­de agtergrond as ons s’n, maar steeds eg Afrika,” voeg Dane-Cole by.

Dié twee ontwerp self die klere vir hul brand, Sanduku_Studios, waarvan Native Fashion die moedermaat­skappy is. Caleb verduideli­k die rede agter die naam Sanduku_Studios:“Sanduku beteken‘box’ in Swahili, een van die tale wat in Kenia en Tanzanië gepraat word. Met die brand wil ons beklemtoon dat ons buite die boks dink en ander jong ontwerpers wil aanmoedig om dieselfde te doen. Martha Bula is ons vervaardig­er en sy is in Kenia gebore waar hulle Swahili praat.“

Dane-Cole vertel dat hulle die eerste keer van Martha gehoor het toe sy vir hul ouers uitrusting­s moes maak vir ’n troue. “My ma het eerste van haar te hore gekom en het toe van haar dienste gebruik gemaak. My ma was mal oor haar werk en dit is hoekom ons besluit het om Martha te betrek by ons nuwe venture. Nie net ken sy van klere maak nie, maar sy kan ook haar eie persoonlik­e touch byvoeg wanneer sy voel dit is nodig. Sy help ons ook soms met van die tegniese goed soos dat die broek se pype langer moet wees omdat dit meer gemaklik is of dat die jacket se moue nie so wyd moet wees nie. Daai tipe goed.”

Martha was te skaam om self met Kuier te praat en het die broers die praatwerk laat doen.“Martha is oor die algemeen ’n baie privaat persoon. Sy is in 1978 in Nairobi, Kenia, gebore en het altyd ’n passie vir mode gehad. Sy het in 2007 haar eie klere in haar tuisland begin ontwerp en vervaardig. In 2014 het sy na Suid-Afrika verhuis waar sy haar passie en liefde vir klere voortgesit het,”sê Caleb.

En wanneer die twee nie klere ontwerp nie, is hulle maar net gewone tienerseun­s wat hulle skoolwerk moet doen. Volgens Caleb is die inperking soms bitter moeilik. “Ons albei mis mense en om tussen ons vriende te wees. Gelukkig het ons darem mekaar. Ons eie reeks en skoolwerk hou ons nogal nou besig, maar wanneer daar ’n tydjie is sal jy ons gewoonlik voor die Playstatio­n kry.”Dié twee ontvang tans hul skoolwerk deur Google Classroom.

Caleb is in graad 11 en Dane-Cole in graad agt. Caleb sê hy kan nie wag om te sien wat die toekoms vir hul brand inhou nie.“Dit is exciting times. Ek beoog om regte of mode en besigheids­tudies te gaan studeer, maar wat ook al gebeur Sanduku_ Studios sal altyd ons baby bly. Ons sal altyd daaraan werk en bou daaraan.”

Dié twee maak alles van baadjies tot broeke, sokkies en maskers!“Wanneer mense ons klere koop moet hulle gemaklik, maar steeds stylvol voel daarin. Dis unisex, want ons wou nie onsself beperk tot een geslag nie.”Bestelling­s kan via hul Facebook-blad, Native Fashion, of via Whatsapp gedoen word. Hulle maak al geld, maar dit word vir eers teruggeplo­eg in die besigheid om meer materiaal te koop en ook om Martha te betaal.

“Gedurende krisis is daar altyd tyd vir nuwe idees, nuwe konsepte. Dit is nooit te vroeg of te laat om te begin nie. Moenie jouself beperk nie. Wees vreesloos en doen wat jy moet!”sê Caleb.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa