Kuier

NIE GOED VIR GEMOEDG

Die Covid-pandemie het sy kloue ingeslaan en mense leef in vrees vir die virus. As jy nie versigtig is nie, kan al die slegte nuus jou depressief maak. Hier is hulp. DEUR CHRISLYNN SIAS

-

Covid-19. Corona. Pandemie. Dít is terme wat deesdae die nuusopskri­fte oordonder. Oral waar jy kyk of lees, sien of hoor jy van die verwoesten­de spoor wat die Covid-19-pandemie agterlaat.

Wanneer jy ’n koerant of tydskrif oopmaak, die TV of radio aanskakel of die internet besoek, is jy amper 99,9% seker daarvan dat die eerste storie wat jy gaan lees of hoor oor die pandemie is.

As jy boonop deesdae alewig moeg, krapperig en bekommerd voel en jy sleg slaap omdat jy gedurende die inperking bekommerd is dat jy dalk die volgende slagoffer van Covid-19 kan wees, ly jy heel waarskynli­k aan“Corona Fatigue”oftewel “Covid-19-moegheid”.

Volgens Cleveland Clinic se webtuiste stam“Covid-19-moegheid”uit die nadelige impak van inperking en die virus op mense se geestestoe­stand. Baie mense is uitgeput, kort van draad, bekommerd en word daagliks deur onsekerhei­d verteer. Van die simptome van dié toestand sluit prikkelbaa­rheid, stres, angstighei­d, slapeloosh­eid en negatiewe gedagtes in, luidens dié webtuiste.

Dr. Colinda Linde, ’n kliniese sielkundig­e, en die Suid-Afrikaanse depressie-en- angsgroep (Sadag), sê mense moet die tyd beperk wat hulle media consume.“Dit is maklik om in die negatiewe spiraal van angs en wanhoop vasgevang te word. Ons is mens en natuurlik sal ons op een of ander stadium dié gevoelens ervaar  selfs daagliks. Praat met iemand, skree en huil selfs as jy moet. Laat jouself toe om deur daardie emosies te gaan. As jy sukkel om ontslae te raak van dié gevoelens, doen iets klein soos skottelgoe­d was om jou kop in ’n ander rigting te stuur,”sê Linde.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa