Kuier

Te veel slegte nuus

-

Anisha Velanto (32) van Durbanvill­e in die Kaap sê haar huis het nou vir haar veels te klein geword.“Die kinders en my man is ook by die huis en met elke koerant wat ’n mens oopmaak, is daar corona-stories. Die kinders het soveel vrae en dis vrae wat ek nie kan beantwoord nie.”

Sy erken eerlik dat die inname van te veel negatiewe inligting die rede is vir haar angstighei­d.“Dit is baie weinig dat ’n mens lees en hoor van positiewe stories. Jy sien net die negatiewe goed en die sterftes en kan nie anders as om vir jou en jou familie se veiligheid te vrees nie.”

Anisha vee moeg oor haar oë en sê sy drink slaappille om in die aande te slaap. “Die slaap kom nie meer natuurlik nie en al drink ek slaappille, voel ek konstant moeg. Daar is dae wat ek nie my werk gedoen kan kry nie, want ek kan nie konsentree­r nie. Die dokter het ook onlangs vir my angspille voorgeskry­f, maar ek wil dit nie gebruik nie. My geestestoe­stand sal verbeter wanneer die lewe daarbuite weer veilig is vir ons. Dis net ’n jammerte dat dit my man en kinders is wat meestal moet deurloop onder my buie.”

Abigail James (36) van Bluedowns in die noordelike voorstede van Kaapstad sê sy is al van voor die inperking by die huis.“Ek moet erken dit was vir my soos ’n welkome breuk en ek het dit op daardie tydstip nodig gehad, maar toe het die dae weke geword en ek het finansieel begin sukkel omdat daar ook nie meer ’n vaste inkomste was nie.”Abigail is die ma van twee kinders en haar maatskappy, wat klere maak, het gedurende die inperking toegemaak.

“Ek rol nagte om, want ek dink waar ons volgende bord kos vandaan gaan kom. Niemand gaan ook iemand in die tyd aanstel nie. Emosioneel breek dit jou en jy moet maar dan net ’n sterk gesig voorhou, want jy wil nie hê die kinders moet die kommer in jou oë sien nie. Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek ’n volle nag geslaap het nie en bedags is ek so moeg. Die moegheid gaan net nie weg nie. Ek weet nie meer watter kant toe nie en bid vir die Here vir ’n oplossing.”

Mark Mini, ’n pastoor by die Christian Revival Church in Kuilsrivie­r in die Kaap, meen dit is nie soseer die virus wat ’n impak het op die geestelike gesondheid van ’n individu nie, maar wel die vrees wat met die virus gepaardgaa­n. Volgens hom is die omstandigh­ede waarin ons tans leef, baie ongewoon en die gevoel van angstighei­d is vanselfspr­ekend.“Mense sit sonder werk, raak angstig oor die betaling van rekeninge, die versorging van hul gesinne en die moontlikhe­id om alles wat hulle besit, te verloor. Die ooraanbod van negatiewe inligting help nie mense se geestes- of spirituele toestand nie.” Linde raai mense aan om na positiewe nuus te soek. “Gaan soek na stories wat die nuwe maniere van werk uitwys. Stories wat positiwite­it insluit. Dit sal jou weer lus gee vir die lewe en aanspoor om aan te pas by ons nuwe normaal. Hou op om die dae van die inperking af te tel. Vat elke dag soos dit kom en maak die beste daarvan.”

Volgens haar bly mense se algemene angsvlakke hoog omdat ons ons tans in ’n situasie bevind wat die wêreld nog nooit voorheen gehad het nie.“Die krisis beïnvloed almal – selfs die rykes en beroemdes. Dit het ’n wêreldwye uitwerking op gesondheid, ekonomie en mobiliteit. En ook op mense se gemoedstoe­stand. In enige situasie waar daar baie onbekendhe­id en onsekerhei­d is, sal spanning natuurlik toeneem.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa