Kuier

Almal dra skuld

Wanneer dit by wit bevoorregt­ing kom, moet ons almal die hand in eie boesem steek en alle rasse dieselfde behandel. DEUR ivor price

-

Beantwoord eers die volgende vrae met ’n oop gemoed voor jy die tydskrif neersmyt en sê: “Daar begin hulle alweer met die apartheidn­onsens.”Hierdie is nie vrae wat ligtelik opgeneem behoort te word nie, want dit beskryf die kanker van wit bevoorregt­ing wat bruin mense, soos ek, nog elke dag in die gesig staar.

So goed, hier is die vrae: Word jy redelik gereeld in ’n winkel agtervolg of selfs geteister omdat jy verdag sou lyk? Wanneer jy opsies op ’n winkelrak oorweeg, is daar ’n goeie kans dat ’n wit mens jou sal vra of jy eintlik daar werk en die hemp op die boonste rak kan afhaal? As jy deur ’n Afrikaanse tydskrif of koerant (buiten Kuier en Son) blaai, gaan jy ’n redelike verteenwoo­rdiging van jou eie rasgroep sien? En as jy na kykNET op kanaal 144 kyk, kan jy dieselfde sê?

Maak die vrae jou bors warm? Vasbyt, daar is nog drie wat jy in die oë moet kyk. As jy ’n graad vang, is daar ’n kans dat iemand sal sê jy het dit gekoop of die universite­it het jou deurgesit? As jy sukses in die werkplek behaal, gaan iemand sê dis net omdat jy by regstellen­de aksie baat gevind het? En as jy vir jou meisiekind ’n pop wil koop, kan jy gou by ’n speelgoedw­inkel instap en een kry wat nie blou oë en blonde hare het nie? Kan jy by enige haarsalon instap en vir ’n feit weet dat hulle sal weet hoe om met jou“draad”te werk?

Slegs as jy op elk van dié agt vrae“ja”geantwoord het, weet jy regtig hoe dit voel om vandag nog die ongewillig­e slagoffer te wees van ’n oeroue stelsel wat steeds wittes bevoordeel – selfs wanneer julle van dieselfde sosiale, politieke of ekonomiese omstandigh­ede is. Ongewillig, want dis nie ’n posisie wat ons gekies het nie. En ja, ek weet dit is al 26 jaar ná apartheid en ons moet nou vorentoe kyk, maar ons kan dit net doen as die speelveld werklik gelyk gemaak word.

Dr. Brianne Hastie, ’n Australies­e navorser, sê mense vergeet wanneer ons van wit bevoorregt­ing praat, het ons eintlik met 200 jaar se“wit regstellen­de aksie” te doen. Met ander woorde, dit is nie ’n ding wat oornag afgebreek kan word nie – nevermaain­d in 26 jaar en selfs met die beste bedoelings. In haar studie, wat in die joernaal Discourse & Society gepublisee­r is, word bevind dat swart mense nie vir ’n onregverdi­ge voordeel bo enige ander rasgroep vra nie. Hulle soek bloot geleenthed­e en regte wat presies gelyk is.

In die nadraai van George Floyd se polisiedoo­d in Mei vanjaar in Amerika het mense oral begin selfonders­oek doen oor hoe wit bevoorregt­ing en selfs rassisme eens en vir altyd uitmekaarg­ebreek kan word. In my akademiese omswerwing­e ontdek ek toe navorsing van dr. Francis Kendall, wat haar vir die skep van inklusiewe gemeenskap­pe bewyer. Haar bevindings slaan my vir ’n ses, veral toe sy sê:“Wit mense se voorregte is prenataal (voor geboorte) toegeken. Ons kan dit nie nié kry nie, en ons kan dit nie weggee nie, maak nie saak hoe erg ons dit nie wil hê nie.”Met ander woorde, as jy met ’n wit vel gebore is, is dit eenvoudig die kaarte wat die lewe aan jou uitgedeel het

.

Die skrywer en prokureur Bettina Wyngaard waarsku reeds in ’n 2016-rubriek op LitNet dat wit bevoorregt­ing ’n polities- en emosioneel belaaide frase geword het wat mense in hul onderskeie kampies injaag. Sy skryf:“Vir swart mense is dit ’n troefkaart, saam met rassisme, waarmee enige argument vinnig beëindig word. Vir wit mense is dit ’n beskuldigi­ng oor iets waaraan hulle voel hulle niks kan doen nie, wat magteloosh­eid, frustrasie en woede veroorsaak. Dis ’n oorwerkte frase wat soms doelbewus verkeerd verstaan word.”

In haar ontleding merk sy op dat wit mense dikwels niks van dié frase wil weet nie, veral wanneer hulle nie uiterlike tekens van welvaart het nie. Jy weet – die huis, die kar, die swembad, die oorsese vakansie, die bestuurspo­s. En dan Bettina se uitklophou:“Wit bevoorregt­ing beteken dat jou woord makliker aanvaar word omdat jy ’n wit vel het. Dis makliker vir mense om aan te neem dat jy natuurlik die gesag het om iets te doen of sê, sonder dat jy bevraagtek­en word.”

Hiermee kan ek goed identifise­er as ’n mens wie se bruin vel baie gemaklik aan sy lyf sit, maar ook as ’n media-eienaar. Vanweë my TV-werk sal wit mense my dikwels in vergaderin­gs op die hande dra totdat daar rand en sent gepraat moet word. Dán sal hulle eerder my (wit) vennoot of selfs van my personeel in die oë kyk, al is ek die een wat die kitaar slaan. En die Here weet, niks word afgeteken totdat ek daarmee gemaklik is nie.

Jare gelede, toe ek al ’n bestuurspo­s by ’n koerant beklee het, het ’n pas afgestudee­rde joernalist­iekstudent met redelike selfvertro­ue aangebied om my te leer om ’n berig te skryf. (Kom ons noem hom Gerjo. Dit klink na ’n perfekte naam vir ’n krielhaant­jie.) En dan is daar al die sake-etes waar almal behalwe my vennoot swart is. Ons lag al, want selfs die swart kelners sal vanweë ingeboude wit bevoorregt­ing reguit na my vennoot met die rekening stap. Want sien, selfs niewittes is jare lank geïndoktri­neer deur die sielkundig­e vieslikhed­e van onverdiend­e rassevoord­ele.

Malcolm Stuart, ’n rekenmeest­er van Johannesbu­rg, sê juis wit bevoorregt­ing kan net afgebreek word as bruin en swart mense hand in eie boesem steek.“Ek hoor dan in my eie familie hoe hulle nie na ’n swart huisdokter wil gaan nie, want hulle glo nog dat ’n wit praktisyn meer bekwaam is. My 12-jarige dogtertjie dink soms dis ’n prestasie wanneer ’n wit skoolvrien­din by haar huis kom oorslaap. Maar dan, in dieselfde asem, beweer sy dat sy nie kleur raaksien nie . . .”

Dít is ’n ding wat volgens Malcolm veral sy vrou, Lisa, klontjies kan laat kry.“Moenie ’n fout maak nie. Ons vriendekri­ng is baie gemeng, maar wanneer jy sê jy sien nie my kleur raak nie, dra dit eintlik by tot rassevooro­ordeel. Ons leer dus eerder ons kinders hoe velkleur nog in die samelewing saak maak, en dat sogenaamde kleurblind­heid ’n bespotting daarvan maak.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa