Hoe lyk dit vorentoe?
plekke uit waar jy dit nooit sal verwag nie: in als van eiendomsregte tot selfs arbeidswetgewing wat plaaswerkers moet beskerm. In“Die nasionale vraagstuk vir die bruin gemeenskap”, wat as deel van die ANC se politieke skool gepubliseer is, skryf Van Heerden: “Soos Joe Slovo eens opgemerk het, kan die basiese doelstellings van bevryding nie bereik word sonder om die opgehoopte politieke, sosiale, kulturele en ekonomiese wit voorregte te ondermyn nie. Die vorming van ons nasie sal in direkte verhouding tot die opheffing van hierdie opgehoopte voorregte bevorder moet word. As bruin mense sien hoe regstelling op ekonomiese gebied plaasvind, voel hulle uitgesluit.”
Die joernalis en skrywer Rian Malan sê op Good Governance Africa die grootste stryd van sy lewe was om sy eie witheid te aanvaar en, indien moontlik, die gevolge daarvan te ontsnap.“Die behoefte is natuurlik veral akkuut vir ’n wit Suid-Afrikaner wat deur voorouersondes van apartheid en kolonialisme belas is, maar dit lyk my my eweknieë in die Weste is nie immuun nie. Kyk byvoorbeeld na al die ernstige wit jongmense wat nou op Amerikaanse kampusse hulself wil skoonmaak en aansluit by‘veilige ruimtes’waarin swartes hul pyn kan uitspreek terwyl wittes in die hoek sit en verskoning vra.”
Dit laat die vraag ontstaan: hoe nou gemaak? Hoe lyk die pad vorentoe, want só kan ons nie nog 200 jaar aankarring nie? Onthou, die punt is tog dat selfs diegene wat wit bevoorregting takel ’n gelyke samelewing nastreef. Hieroor sê Riaan, “Daar gaan skaars ’n dag verby sonder dat Suid-Afrikaners meegedeel word dat hul samelewing een van die ongelykstes op die planeet is danksy die onheilspellende bewerkings van‘wit monopoliekapitaal’. Dus is dit waar dat wit huishoudings ses keer meer verdien as swart huishoudings. Maar dit is ook waar dat die gemiddelde wit mens 38 jaar oud is en daarom waarskynlik dekades lank gewerk en verdien het, terwyl die gemiddelde swart persoon 21 is en waarskynlik werkloos is.”
Maar, sê hy, laat ons nie onnodig redeneer nie: die ekonomie is steeds in wit hande en raai wat?“Wit mense voel sleg daaroor en het probeer om dit reg te stel. In die formele sektor, die enigste waar wit kapitaal besig is om te swaai, is die inkomstegaping tussen (meestal wit) base en (meestal swart) werknemers verbasend klein. Dit is slegs wanneer jy na die landelike gebiede kyk dat Suid-Afrika soos ’n slaweplantasie begin lyk. Is dit moontlik vir kapitalisme om genoeg werk te skep om swart pyn te vergemaklik? Teoreties ja, maar beleggers is versigtig vir die wyse waarop die Suid-Afrikaanse staat se swartbemagtigingsmaneuvers private ondernemings verwurg.”
Dit is alles goed en wel, maar wat dan nou van Van Heerden se argument dat daar nog te veel wit mense is wat nie hul bevoorregting wil erken nie?
Mikhail Petersen, wat aan die Instituut vir Justisie en Versoening verbonde was, vra ook:“Hoe kan ons as Suid-Afrikaners vorentoe beweeg wanneer die meerderheid wit Suid-Afrikaners weier om die nalatenskap van apartheid en kolonialisme te aanvaar en te erken, en hoe dit die huidige realiteite in die land beïnvloed?”
Gaan kyk na die werk van Amerikaanse navorser dr. Robin DiAngelo. Sy maak ’n paar interessante voorstelle oor hoe wit mense kan help om gesonde dialoog oor die nalatenskappe van apartheid te bevorder.
Dit sluit in die aanvaarding van wit mense dat hulle nie bevoeg is om te bepaal of swart mense se persoonlike ervarings wettig is nie; dat hul nabyheid aan swart mense hulle nie vry maak van rassisme nie; en dat swart mense rasioneel is deur weens ons verlede nog wit mense te wantrou.
Wit bevoorregting moet gebruik word om wit bevoorregting te beëindig, glo Steve Miller, die uitvoerende hoof van Save the Children South Africa.“Eenvoudig gestel, jy moet ’n goeie taak vir jou organisasie doen en talentvolle mense geleenthede gee om te slaag deur ruimte en verantwoordelikhede te deel. Stel dan ’n opvolgplan en gee iemand anders ’n kans. Om jou werksekuriteit te verloor, kan skrikwekkend wees, maar dit is ook uiters bemagtigend. Uiteindelik, behandel almal dieselfde en moenie van mense verwag om aan te pas by jou manier van dink of optree nie. Dit is wat ek by my ouers geleer het.”