Kuier

WAAR IS DIE WERK?

Duisende Suid-Afrikaners verloor tans hul werk en almal is desperaat om vir hul families te sorg. Maar kenners waarsku dit gaan erger word voor dit beter gaan . . . DEUR tarren-lee habelgaarn

-

Die Covid-19-pandemie is besig om op groot skaal verwoestin­g te saai onder Suid-Afrikaanse werkers. Werklooshe­id is al jare lank ’n erge probleem in Suid-Afrika, maar as jy gedink het dit was moeilik om in 2019 ’n werk te kry en kos op die tafel te sit, het die pandemie dit nou nóg moeiliker gemaak.

Kenners meen ook dinge gaan eers vererger voor dit gaan beter word en dat dit byna onmoontlik gaan wees om oor die volgende ses tot nege maande in sekere sektore werk te kry.

Mail&Guardian het in Junie berig in die vorige finansiële jaar (2018-2019) het 38 588 mense hul werk verloor (ingevolge artikel 189a) en volgens die kommissie vir versoening, bemiddelin­g en arbitrasie het 98 818 werkers vanjaar tussen 1 April en 25 Junie 189a-kennisgewi­ngs ontvang.

Vroeër vanjaar het Suid-Afrika se grootste klerehande­laar, Edcon, met hul afleggings­proses begin en ten minste 22 000 werkers se poste word geraak.

Die sukkelende gedrukte mediabedry­f is erg geruk met ’n hele paar tydskrifte wat sedert lockdown gesluit is of geherstruk­tureer gaan word. Tien tydskrifte is deur Caxton & CTP Publishers & Printers Limited toegemaak, waaronder Bona, Rooi Rose en

Vrouekeur. Tydskrifte soos Cosmopolit­an en Good Housekeepi­ng is sedert lockdown gesluit deur The Associated Press. Media24, die grootste mediamaats­kappy in Afrika wat Kuier uitgee, het in Julie ook sluitings en herstruktu­rerings aangekondi­g met 1 100 poste wat geraak word. en mense wat nuwe besighede begin het.

Emmerentia Simons (45) van Johannesbu­rg sê sy was die enigste een in haar huishoudin­g wat ’n salaris verdien het. Sy is ’n enkelouer en omdat sy in toerisme werk, is haar bekommerni­s nóg groter, want dit is nog te vroeg om te bepaal wanneer landsgrens­e weer vir die toeriste sal oopmaak. En selfs al word die reëls vir plaaslike toerisme verslap, glo Emmerentia mense is nog te bang om hul huise onnodig te verlaat. Nou weet sy nie hoe sy vir die res van die jaar vir haar twee kinders gaan sorg nie.

Sy is byna in trane wanneer sy vertel dat die klein toerismema­atskappy waar sy al meer as 15 jaar gewerk het, in Mei hul deure moes sluit.“Ongelukkig, omdat ons so klein is, is daar nie baie kontantvlo­ei nie en ons het meestal op kommissie gewerk, so jy moes altyd seker maak jy kry genoeg kliënte. Ek het nie ’n formele kwalifikas­ie nie en ek was gelukkig dat my (voormalige) baas ’n kans met my gevat het. Ek was desperaat vir werk en het van mense gehou en kan mense goed oortuig om iets te koop. Ek weet nie hoe ek weer ’n werk gaan kry nie. Nou is ek ouer en dit is moeilik om teen jonger gekwalifis­eerde mense te kompeteer,”sê Emmerentia.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa