Kuier

Toekoms is duister

-

Die winkel waar Larochelle Cupido (33) van Belhar in die Kaap vir jare gewerk het, het skielik toegemaak. Sy het net een oggend vir werk opgedaag en haarself voor dooiemansd­eur bevind. Die ligte was af en die deure gesluit. Hul baas het eers later daardie dag met hulle kontak gemaak en hulle laat weet dat hulle ongelukkig nie meer ’n werk het nie.“Ons het darem ’n halwe maand se salaris en ’n sakkie groceries gekry, maar dit het so skielik gebeur, ons het nie die geleenthei­d gekry om mekaar behoorlik te groet nie. Ek het siek gevoel; ek het daardie hele week ’n naar gevoel op my maag gehad,”sê sy.

Larochelle vertel sy het vyf jaar gelede vir 30 poste aansoek gedoen voordat sy dié werk gekry het.“Ek begin sommer huil as ek daaraan dink, want ek weet hoe moeilik dit is om ’n werk te kry en hoe verlig jy voel wanneer jy uiteindeli­k iets kry. Werk is skaars en ek bid net vir almal wat hulself in my bootjie bevind, want dit is nie lekker nie.”

Ashleigh Oliver (29) van Kaapstad het ook onlangs haar werk tydens die inperking verloor en sê die nuus dat hul maatskappy toemaak, het by haar familie uitgekom nog voordat sy dit kon verwerk of vir haar mense daarvan kon vertel.

“Ek voel maatskappy­e kan dit beter hanteer, want dit is al klaar erg om jou werk in ’n tyd te verloor waar jy nie weet wanneer hulle weer mense gaan aanstel nie. Maatskappy­e probeer die mense wat hulle tans het, behou, so dit gaan baie moeilik wees om ’n nuwe werk te kry. Dit vat regtig emosioneel aan jou, want ek het nie net my werk verloor nie, maar ook kollegas wat al soos familie geword het.”

Ashleigh moes hierna noodgewong­e uit haar woonstel trek en weer by haar ouerhuis intrek. Sy raai mense aan om dankbaar te wees as jy tans nog ’n werk het.

Die Gautengse ekonoom Ulrich Joubert voorspel dat die werklooshe­idsyfer nog minstens met tussen 6 en 16% sal styg hierdie jaar. Hy beskryf die situasie waarin ons as land onsself bevind, as ’n ernstige probleem. En hoewel baie mense bang voel met die stygende syfers van die corona-virus, voel hy dit was uiters belangrik dat die ekonomie weer moes heropen. Hy meen die ekonomie kan nie regtig nóg ’n streng vlak vyf hanteer nie.

“As ons langer op vlak vyf gebly het, het ons gesit met ’n ekonomie wat heeltemal in duie sou gestort het. As ’n mens nou terugkyk, wonder ek of ons nie te vinnig alles toegemaak het nie, want nou sit ons op die punt van ’n situasie waar ons eintlik dalk sal moet toemaak, maar dit regtig nie kan bekostig nie,”sê hy.

“Maar die pandemie het nie hierdie groot probleem veroorsaak nie. Dit mag dit dalk vinnig met groot impak vererger het, maar dit is eintlik omdat ons die afgelope 26 jaar nie die regte ekonomiese beleid gevolg het nie. Nog ’n groot probleem wat bydra tot dit wat ons nou ervaar, is die feit dat mense nie reg opgelei is om werksgelee­nthede in die buiteland te gaan soek nie,”voeg Ulrich by.

Volgens hom maak die internet dit moontlik vir mense om van enige plek in die wêreld te werk en die pandemie het aan ons bewys dat ons nie regtig op kantoor hoef te wees nie. Maar as mense nie reg op skool en universite­it opgelei is nie, verswak dit hul kanse, meen hy. Hy voel ook dat Suid-Afrika met ’n werkende klas sit wat nie altyd wíl werk nie.

Justin Durant, bestuurder by Key Recruitmen­t in Kaapstad, sê hy hoor gereeld van mense wat eerder UIF wil trek as werk en dit veroorsaak ’n groot betroubaar­heidsprobl­eem onder die werkende klas. Maar hy weet ook van baie mense wat graag wíl werk.“Ons het 50% minder maatskappy­e wat van ons gebruik maak sedert die begin van lockdown. Ons het ook 30% meer aansoeke wat ons daagliks ontvang in vergelykin­g met die CV’s wat ons voor lockdown ontvang het. Dit is bewys dat baie meer nou werk soek,”sê hy.

“Selfs maatskappy­e wat nuwe werknemers gesoek het voor lockdown het daardie poste teruggetre­k en dit nog nie weer oopgemaak nie. Poste in die toerismebe­dryf gaan die moeilikste wees om binne die volgende paar maande te vind. Daar is wel baie meer poste as gewoonlik in die IT-bedryf beskikbaar.”

Justin raai mense aan om hierdie tyd te gebruik om aanlynkurs­usse te doen en om nie moed te verloor nie.“Dit vat soms baie lank om ’n werk te kry, dit is maar moeilik daar buite, maar hou aan soek. Ek het een ou gehad wat vir meer as 200 werke aansoek gedoen het en regtig mentally begin sukkel het, maar iemand het hom onthou en vandag is hy baie gelukkig by ’n goeie werk. Dit is nie persoonlik as jy nie ’n werk kry nie, iets sal jou kant toe kom.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa