Kuier

KUIER GEE OM

Ons weet hoe groot die nood is in ons gemeenskap­pe, daarom het ons ingespring en ’n plan gemaak om ons mense te probeer help tydens die Covid-19-pandemie. DEUR Kuier-Verslagspa­n

-

Die hartverske­urende gevolge van Covid-19 kan reeds baie duidelik in ons gemeenskap­pe gesien word. Só ly baie Suid-Afrikaners reeds honger en ander is baie bekommerd dat hulle dalk hul werk gaan kwyt wees weens die ekonomiese pak wat die virus die land gee.

Die skrif is dus reeds aan die muur en ons mense kry swaar. Dit is egter belangrik dat almal van ons besef die virus kan net geklop word as ons sáám daarteen baklei. Dieselfde is ook waar vir die erge sosiaalmaa­tskaplike gevolge wat so baie tref.

Ons weet almal het nie miljoene om by te dra tot hulpfondse nie en almal draai nou hul sente om, maar as elkeen van ons iets doen om ons naaste te help, sal dit ’n verskil maak. Jy hoef ook nie ver te soek na mense om te help nie, want dit lê voor elkeen se voordeur en wag. So as almal net een klein iets vir ons naaste doen, dalk met ’n kospakkie of ander skenking, sal ons almal anderkant uitkom.

Vir die Kuier- span is dit baie belangrik dat ons ook ons deel doen om minderbevo­orregtes te help en daarom het ons die KuierCares-projek begin om veral in die pandemie na ons naaste uit te reik en ons het eerste by ons eie werkfamili­e begin.

Met die sny van koerante en tydskrifte se drukoplae is baie informele koerant- en tydskrifve­rkopers se inkomste oornag drasties gesny.

Voroshski Jansen, sirkulasie­bestuurder Media24 Afrikaanse Nuus, vertel hy het daagliks oproepe van bekommerde verkopers gekry wat nie geweet het waar die volgende maaltyd vir hulle en hul gesinne vandaan gaan kom nie.

Voroshski het met Kay Karriem gesels en hulle het ’n plan beraam om die verkopers te help met kospakkies. Vanaf 6 Junie het ons toe begin om 50 kospakkies te versprei – van Scottsvill­e, Scottsdene, Walacedene, Eersterivi­er, Macassar, Bellville-Suid, Northpine en Paarl in die Kaap tot in Bridgeton, Oudtshoorn. Dit was hartroeren­d om te sien hoe mense daardie klein pakkies terdeë waardeer.

Ons het dadelik besluit om ’n tweede ronde kospakkies te doen.“Ek is so dankbaar dat ons met hierdie klein gebaar mense in nood kon help. Alle eer gaan natuurlik aan ons Hemselse Vader wat ons in die bevooregte posisie geplaas het en

ook die gawe van mededeelsa­amheid aan ons geskenk het,”sê Voroshski.

Nadat die eerste pakkies versprei is, het ons besef hoe groot die nood is en besluit om ook ’n gemeenskap­sorganisas­ie te ondersteun wat dan baie meer mense kan help. Dit was nie maklik om ’n begunstigd­e te kies nie, maar Quinton Adams van die Shackbuild­er-organisasi­e in Kaapstad oor wie Kuier reeds berig het, het uitgestaan in sy pogings om die enorme nood in die gemeenskap weens Covid te probeer verlig.

“Met die aanvang van die inperkings­taat het ons besef ons sal ons voedsel-voorsienin­g eenvoudig moet verbreed en verhoog. Ná 100 dae van inperking voorsien ons weekliks produkte en bestanddel­e aan meer as 60 voedselske­mas as deel van die Shackbuild­er’s Food Relief Programme.

“Ons het die naaktheid en wreedheid van honger gesiggies gesien wat wag in die strate vir kos. Dit was ’n hulpkreet wat ek nooit sal vergeet nie,”sê Quinton.

“Met verloop van tyd het die rye by die voedselske­mas net langer en langer geword. En dan wanneer dit die kinders se beurt is om daardie plastiekba­kkie te gee vir die kos-antie, gebeur daar iets fassineren­d. Die kos word geskep en die reuk van ’n warm bord kos begin om die die strak gesiggie te verander in ’n glimlag. Daar is ‘n sigbare transforma­sie daardie moment – dit is‘n magiese moment, onbeskryfl­ik wat gebeur in die psige van daardie kind. Die transforma­sie wat plaasvind tydens die skep van die kos, is een groot psigologie­se en terapeutie­se oomblik – wanhoop het oombliklik in hoop verander. Dit is ’n aangrypend­e oomblik wat net by ’n voedselske­ma kan gebeur,”vertel hy.

Ons wou Quinton help, maar het nie self die geld of produkte gehad om te skenk nie. Toe het ons by ons vriende by Spar om hulp gaan aanklop en hulle het vir Quinton kos ter waarde van meer as

R30 000 geskenk!

“Vir my is Kuier ’n ‘hartstydsk­rif’ wat identifise­er met die pyn en lyding, sukses en prestasie van mense, en wat daardeur ’n hoop-agent is vir die wense en drome van vele ander mense. Met hierdie Kuier/ Spar-donasie is dit net ’n verdere demonstras­ie van die‘hartklop’van die redaksie om saam ’n verskil te maak deur ’n praktiese handeling van diepe omgee,”sê Quinton.

Kuier wou graag saam met Quinton die produkte gaan uitdeel by een van die 60 sopkombuis­e wat sy projek ondersteun, maar hy was ongelukkig in self-isolasie weens Covid-19. Hy het sedertdien ’n negatiewe toetsuitsl­ag ontvang en is gelukkig weer op sy pos.

Ons kon natuurlik nie die wyse gryses van ons gemeenskap vergeet as deel van hierdie uitreikpro­jek nie, daarom het ons vandeesmaa­nd ook bederfpakk­ies by twee outehuise, La Provence Retirement Village in die Kaap en Sen CIT Restheaven Home for the Aged in die Strand, uitgedeel.

Kuier gee werklik om.

 ??  ?? HOOFFOTO EN REGS BO: redakteur Kay Karriem oorhandig bederfpakk­ies by ouetehuise.
HOOFFOTO EN REGS BO: redakteur Kay Karriem oorhandig bederfpakk­ies by ouetehuise.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Koeranten tydskrifve­rkopers met hul kospakkies. REGS: Quinton Adams van Shackbuild­er ontvang die Spar-skenking.
LINKS: Koeranten tydskrifve­rkopers met hul kospakkies. REGS: Quinton Adams van Shackbuild­er ontvang die Spar-skenking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa