Kuier

ANGS... EN AKSIE!

Soos baie ander werke, is die vermaaklik­heidsbedry­f ook geknou deur die Covid-19-pandemie. Gelukkig kon sepies steeds veilig voortgaan. deur tarren-lee habelgaarn

-

Daar is baie onsekerhed­e wat saam met lockdown kom, maar een ding wat nie verander het nie, is ons gemeenskap se liefde vir sepies. Daardie escape wat dit bied, is nou belangrike­r as ooit vir ons geestestoe­stand, maar hoe het Covid-19 en lockdown dinge agter die skerms op die stelle van jou gunsteling­sepies verander?

Soos in enige bedryf kom veiligheid eerste in die vreemde tye waarin mense regoor die wêreld hulself bevind. Sommige produksies moes heeltemal uitgestel word en selfs in Hollywood het die kameras van meer as 100 bekende reekse soos Grey’s Anatomy maande laas gerol.

Aan die tuisfront moes plaaslike produksies in Level 5 van die lockdown ook tot stilstand kom. Maar soos wat die ekonomie stadig begin oopmaak het, het die kameras op die stelle van Suid-Afrikaanse sepies onlangs weer begin rol. En al is dit onder baie streng maatreëls, is akteurs en almal agter die skerms dankbaar om terug te kan wees.

kykNET het onlangs in ’n persverkla­ring aangekondi­g aldrie hul sepies – Binnelande­rs, Getroud met Rugby en Suidooster – en die telenovela Arendsvlei, het aan die begin van Mei weer begin skiet. Die kanaal het egter bygevoeg dat streng gesondheid­sen sekurtitei­tsmaatreël­s in plek gestel is vir almal se veiligheid. Dit sluit in dat geen oortollige mense, soos byvoorbeel­d agtergrond­spelers, toegelaat word nie.

“En soos by talle ander werkplekke het maskers, social distancing en temperatur­e wat daagliks getoets word, die nuwe normaal geword op sepiestell­e,”sê Suzaan Keyter, bemarkings­bestuurder by kykNET. ons sepies episodes tot einde Augustus en is daar al programme soos Getroud met Rugby wat episodes tot Oktober het,”sê sy.

“Ons spanne moes sedert Mei verskrikli­k hard werk en ons het ook probeer om ’n paar nuwe projekte te skiet met verskillen­de formate wat ses of sewe episodes het, sodat ons vinnig kan klaar skiet. Dit is meer dae, maar dis omdat ons nou met minder mense op stel werk vir veiligheid. Ons probeer soveel as moontlik doen, want jy weet nooit of daar weer ’n inperking kom of nie en ons wil net altyd seker maak dat ons die kykers se gunsteling-shows vir hulle kan bring in hierdie moeilike tye.”

Nicola van Niekerk, hoof van scripted inhoud by kykNET, sê die Covid-19-pandemie het beslis ’n ontwrigten­de effek op die produksiep­roses van inhoud, maar dit het hulle ook gedwing om kreatief te raak met hoe hulle dit aanpak en dit so veilig as moontlik te doen vir almal daarby betrokke.

“Die druk waaronder vervaardig­ers en die kykNET-inhoudspan­ne die laaste

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa