Kuier

’n nuwe uitdaging

-

paar maande werk om te verseker dat die kykers nie die impak by die huis sien nie, verdien groot lof. kykNET is ook besig met die vervaardig­ing van opwindende nuwe dramas, films, realiteits- en vermaaklik­heidsprogr­amme vir die res van die jaar, binne die riglyne wat deur die regering vereis word.”

Maar al moes hulle onder druk en ’n nuwe werksomgew­ing werk, sê Andrea Frankson-Titus, lynvervaar­diger by Arendsvlei, dat dit nie hul akteurs onderkry nie.

“Almal bring nog hul kant wanneer die kameras begin rol, al is dit vir baie skrikwekke­nd wanneer hulle hul PPE’s moet verwyder sodra hulle met hul rolspel begin. Maar veiligheid is die heel belangriks­te ding vir ons.”

As dit lyk asof jou gunsteling-TV-paartjie ’n bietjie minder aan mekaar raak of nie meer so gereeld soentjies deel nie, is jy nie heeltemal verkeerd met jou aannames nie.

Volgens Wilmer Müller, publisitei­tsbestuurd­er by Suidooster, “sorg die regisseurs dat tonele só uitgewerk word sodat daar nie kontak tussen akteurs hoef te wees nie en intieme tonele word vermy”.

“Terselfder­tyd word kamerahoek­e só beplan om ’n toneel steeds outentiek uit te beeld en word talle ander slim kamerategn­ieke ook hiervoor ingespan”.

Kayleen Bessit, publisitei­tsbestuurd­er by die SABC2-sepie 7de Laan, sê die veiligheid van hul akteurs en crew is ook bo-aan hul lys en slegs driekwart van die gewone personeel word op een slag op stel toegelaat.

“Ekstras sal slegs gebruik word as dit absoluut noodsaakli­k is en word tot die minimum beperk. Slegs noodsaakli­ke bemanning word tydens verfilming toegelaat en almal moet hul maskers en gesigskerm­s op stel dra,”sê sy.

Ook in die Laan is daar geen intieme kontaktone­le tussen akteurs nie en grimerings­personeel dra te alle tye hul gesigskerm­s.

“Elke akteur het nog altyd hul eie makeup-borsels gehad en dit word onmiddelli­k ontsmet sodra dit gebruik word. Alle juweliersw­are, klere en ander props word ook ontsmet sodra iemand daaraan moet vat.”

Nobuhle Mahlasela, 7de Laan se Aggie, sê as ’n sosiale mens en iemand wat daarvan hou om rondom mense te wees, is hierdie tyd van inperking verskrikli­k moeilik. Elke dag bring ander emosies, maar ook familietyd waaroor sy baie dankbaar is.

“Ek het die eerste lockdown by my ouerhuis in Alexandra-township deurgebrin­g. As akteurs spandeer ons lang ure op stel en in die aand moet jy jou woorde vir die volgende dag leer. Oor naweke is daar gewoonlik iets wat jy moet bywoon, so tyd saam met my familie is iets wat ek nie altyd baie van kry nie,”sê sy.

“Soveel as wat ek werk en dinge soos koffie met ’n vriendin mis, was hierdie ekstra tyd wat ons (familie) gekry het, ’n tyd om nuwe dinge te probeer waarvoor daar nooit tyd is nie.”

Ook op die Arendsvlei- stel moet akteurs gewoond raak aan die“nuwe normaal”.

Craig Adriaanse, wat die rol van Wesley in Arendsvlei vertolk, post gewoonlik graag op sy Instagram foto’s saam met sy Vleikolleg­as, maar nou is hierdie noue kontak weens social distancing nie meer moontlik nie.

“Ek mis daardie affection met mense, so al is ons terug op stel is dit vreemd om nie saam met mekaar te kan sit of te eet wanneer ons nie skiet nie. Almal moet nou in hul eie hoekie bly en dit was vir my ook ’n aanpassing. Selfs buite die stel om nie meer aan mense te kan vat wanneer ek lag of praat nie, was iets waaraan ek gewoond moes raak,”sê hy.

 ??  ?? HOOFFOTO en FOTO’S VAN LINKS: Werk gaan veilig voort op die stelle van en
HOOFFOTO en FOTO’S VAN LINKS: Werk gaan veilig voort op die stelle van en
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa