Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

DEUR CORNÉ LOTTERING

-

Ek lees iets op Facebook wat sê, “jy kan nie jou kind grootmaak soos jou ouers jou grootgemaa­k het nie, want hulle het jou grootgemaa­k in en vir ’n wêreld wat nie meer bestaan nie”.

Soveel ouers moet besef dit is nie meer toeka se tyd nie. Net omdat jou ouers streng was, beteken nie jy moet ook wees nie. Diegene wat streng grootgemaa­k is, sal verstaan wat ek bedoel as ek sê streng ouers maak skelm kinders.

Daarmee bedoel ek nie jy wat streng is, se kinders gaan ’ n bank beroof nie, maar skelm in die sin dat jy hulle leer om te lieg en slinks te wees. Min kinders sal ’n nee van hul ouers aanvaar as daar ’ n kans is dat hulle ’ n ja gaan kry as hulle ’ n liegstorie gaan spin.

Ek sien daagliks hoe vriende van my in gevaarlike situasies beland wat vermy kon word as hulle net ’ n bietjie meer vryheid gehad het. Hoeveel skade kan aangerig word wanneer ’ n tiener sê sy slaap by ’ n vriendin oor, maar in werklikhei­d verlaat sy die stad.

Hoekom dink julle haak jongmense so uit wanneer hulle gaan studeer?

Want hulle het uiteindeli­k die wêreld se vryheid, want Ma is nie meer daar om te sê “wees tienuur in die huis” of Pa is nie meer daar om te sê “geen kêrels slaap oor nie”. So omdat hulle min tot geen vryheid gehad het nie probeer kinders dan al die verlore tyd en partytjies inhaal wat die verskrikli­kste nagevolge kan hê.

My een vriendin, wat taamlik preuts is, begin verlede jaar op universite­it. Streng ouers wat haar basies in die kerk grootgemaa­k het. Alle vorms van rook het sy, nes haar ouers, verpes. Drank was maar selde oor haar lippe, grotendeel­s omdat sy nooit kans kon kry om te drink nie, want haar ouers het haar die dood voor die oë gesweer as hulle net die reuk van alkohol naby haar kry. Al alkohol wat sy gekry het, was Sondae se nagmaal in die kerk. Sy was dus heel opgewonde om uiteindeli­k weg van haar ouers se wakende oë te kom. Gedurende haar eerste semester gaan kuier ek en ek kon dadelik sien my vriendin het verander. Voorheen het sy dit verpes as ek kru taal gebruik het, maar nou vloek sy soos ’n matroos.

Sy dra klere wat haar ouers se hare sal laat rys. Sy rook die langste sigarette en haar yskassie is volgepak van alkohol. In dié plekkie waar sy studeer, is sy ’n heel ander mens. Haar enkelwoons­tel laat haar toe om te kom en gaan soos sy wil en elke aand slaap daar hope mense oor. Die min naweke wat sy egter huis toe gaan na haar ouers toe, is sy dieselfde voorbeeldi­ge dogter wat hulle universite­it toe gestuur het. Sy het basies ’n dubbele lewe gelei.

Rooi ligte het egter aangegaan toe sy haar eerste semester druip. Haar ouers het antwoorde gesoek en een weeksdag onverwags by haar woonstel opgedaag, waar hulle tot hul skok hul “voorbeeldi­ge” dogter gevind het waar sy partytjie hou terwyl sy in ’ n klas moes wees. Sy het hulle belowe sy gaan verander, maar in haar derde semester het sy swanger by die huis opgedaag en aangekondi­g dat sy nie verder gaan studeer nie. Haar ouers wou met trane in hulle oë weet waar hulle verkeerd gegaan het.

Haar skielike vryheid met geen perke kon sy glad nie hanteer en het toe verkeerde besluite geneem.

Ja, soms is streng ouers ’ n seëning, want dit red jou van baie kattekwaad en reëls is nodig in jou huis. Maar ouers moet weet waar om die lyn te trek. Jy kan nie jou kind in ’ n boksie hou omdat jy bang is hulle kry seer of maak verkeerde keuses nie. Laat hulle verken, jonk wees, foute maak en daaruit leer.

Wat belangrik is, is dat jy hulle nog altyd leer hoe gevaarlik dit is daar buite en al die riglyne wat hulle kan toepas in hul lewe. Bou ’ n goeie verhouding met jou kind sodat hulle jou vertrou wanneer dinge verkeerd gaan.

Maar onthou: “the tighter the leash, the further they run when it breaks loose”.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa