Kuier

HALLO MY KUIER MENSE,

-

Dit het nou regtig die punt bereik waar ek nie meer weet wat om oor die corona-pandemie te sê nie! Ek is beslis een van daai mense wat aan“corona fatigue”ly, want dit voel ek eet, kyk, slaap en praat elke dag net die virus.

Maar desondanks moet ek bieg dat die virus nie werklik vir my“real”geword het tot ek mense begin ken het wat positief getoets het vir Covid-19 of weens die virus hul lewe verloor het nie. Ek dink ook nie ek is alleen nie, want deesdae het almal wat ek raakloop ’n corona-storie van hoe die pandemie hul lewe heeltemal omvergewer­p het. Hierdie nuwe normaal, wat ná amper vier maande ook nie meer so nuut is nie, kan nou maar gerus ophou. Ongelukkig waarsku die kenners die ergste lê nog voor en dat die corona-virus vir nog maande, indien nie jare nie, deel van ons lewens gaan wees. Dis inderdaad ’n marathon en nie ’n naelloop nie.

In hierdie uitgawe kyk ons na verskillen­de aspekte van die pandemie en bring hulde aan die slagoffers. Dit is voorwaar ’n hartseer stand van sake en daarom is ons so dankbaar dat die lieflike Jonathan Rubain ingestem het om met ons te gesels en spesiaal vir Kuier- lesers ’n bemoedigen­de boodskap het in hierdie beproewend­e tye.

Die storie oor al die werke wat weens Covid-19 in die slag bly, was nogal persoonlik vir die span, want ons gaan ook nou deur ’n proses. Maar ons is baie dankbaar dat ons steeds elke tweede week soos gewoonlik vir ons lesers ’n nuwe uitgawe kan bring. Ons het nog groot planne vir die toekoms, so hou asseblief aan om ons te ondersteun. Tot volgende keer,

 ??  ?? STOP ! GEWELD DIE
STOP ! GEWELD DIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa