Kuier

Wenke watwerk

Hier is wenke vir wasem op brille, hoe om kunstande skoon te hou en raad vir gebreekte naels.

-

ANTWOORD

Maskers is nou deel van ons lewens. Maak dit só ’n bietjie gemakliker.

1. Was altyd jou hande goed voordat jy jou masker aansit of afhaal. Maak ook jou gesig gereeld skoon. Jy kan selfs ’n wetwipe byderhand hou om elke nou en dan jou mond-area af te vee.

2. Om puisies te vermy, probeer om nie grimering soos onderlaag te dra nie, veral om jou“masker-area”. Was daagliks jou masker daagliks met warm water en seep.

3. Raak ontslae van snaakse klankies met behulp van antibakter­iese wasgoedspr­oei. Hou ook kougom of mints byderhand vir ingeval jy benoud begin raak.

4. Verlig oorpyn deur die twee rekkies van jou masker met behulp van ’n skuifspeld om jou kop vas te bind. Dit verlig die druk op jou ore.

5. Maak jou hare vas, veral as dit warm is. Dit keer dat kieme op jou masker kom.

6. Plaas ’n stukkie tissue op die puntjie van jou neus en net verby jou onderste lip om irritasie te voorkom.

7. As jy ’n bril dra, maak seker jou bril lê boop jou masker (op jou neus) om te verhoed dat dit opwasem.

BRON: WWW.TODAY.COM

WENK GESOEK

My kind het slime gekry vir haar verjaardag en dit sit vas aan haar kombers. Hoe kry ek dit uit? ROWENA SIAS, WELLINGTON

ANTWOORD

Skraap soveel as moontlik af. As dit nog nat is, gebruik ’n papierhand­oek. As dit reeds droog is, gebruik ’n lepel of mes. Gebruik ’n blokkie ys om die oorblywend­e slime te vries en krap dan af. Smeer dan ’n bietjie vloeibare wasseep aan of maak ’n pasta met waspoeier. Los dit aan vir 10 minute en week vir ’n halfuur in warm water. Was soos gewoonlik. Jy kan dit ook week in witasyn vir vyf minute voor jy dit was.

BRON: WWW.MAIDS.COM

LESERSWENK­E

Gooi ’n teelepel huishoudel­ike koeksoda in jou opwasmidde­l vir splintersk­oon skottelgoe­d en om jou dreinpype te red van al die vette. SONIA PHILLIPS, EDENPARK

Vir kolle op babas se vessies nadat hulle ’n oepsie gehad het: Veral pasgebore babas se poo los altyd so ’n geel merk agter. Gebruik gewone wasseep (nie babaseep nie). Smeer die kledingstu­k goed, vryf effens in en voila! Dis mooi skoon. LEONA KROOTS, ROODEPOORT

Gooi jou kunstande in louwater met witasyn. Tande bly wit en dit haal die vullis tussenin uit. JOSLIN GILLION, GREYTON

As jy ’n onbehandel­de paal moet plant, verf die kant wat in die grond moet gaan met gebruikte olie of laat dit oornag in olie staan sodat die olie kan intrek. Bind dan ’n plastieksa­k om en plant só. Die paal sal nie so maklik vrot nie. LUCAS ARENDSE, DYSSELSDOR­P

Om die seer van bysteek te verlig, sny ’n ui en smeer dan aan plekkie waar by gesteek het. MELANDRI, LINDESHOF, KOUE BOKKEVELD

Om te verhoed dat jou bril opwasem terwyl jy jou masker dra, vee ’n bietjie skeergel oor die lens en vee dit liggies af. DAPHNE CLOETE, PAROW

Daai swarterige moesies aan jou nek kan irriterend wees wanneer klere of hare daaraan begin haak. Bind ’n garedraadj­ie daarom en trek styf. Trek dan elke dag, elke nou en dan styf. Ná drie tot vyf dae val dit af. RONALDA CRAUSE, MOSSELBAAI

In plaas van ’n heel kool opsny, sny ek my kool in kwarte en dan rasper ek dit. Dit bespaar tyd. EVELYN LODEWYK, DELFT

’n Bietjie asyn in die olie verhoed dat vleis wat in krummels gerol is, gou vasbrand. PHILIP BARTLETT, JOHAN NES BURG

NAELS WAT BREEK

As dit as gevolg van ons nuwe handewas-roetine, meng kasterolie, tissue oil en amandeloli­e. Smeer dit saans aan. En ’n mens kry mos nou strawberry-kasterolie, so jou hande sal nie stink nie. DELPHINE VAN WYK

Baie mense vra hoe kry ek my naels so sterk en lank. Ek gebruik al vanaf skooldae suurlemoen. Ek was my hande deeglik, sny ’n suurlemoen deur en dan skrop ek my naels daarmee. Daarna was ek weer my hande. AYNONEESA NICOLAAS

Laat doen ’n Dexa-scan, want dit is heel moontlik as gevolg van osteoporos­e. Drink in elk geval daagliks kalsium-pille, want dit help. HILDA LOURENS

My dokter het gesê dis ’n ystertekor­t. Vitamien B en oslewer-slaai met sampioene, rooi-uie en jou keuse van slaaiblare twee keer per week help vir my. Ek neem ook ’n ysteraanvu­lling. IMELDA TITUS

Soak jou hande in suurlemoen­water en vryf met olyfolie in. LYNETTE TAYLOR

Al wat my gehelp het, is Dettol hand sanitizer. Klink dom, maar glo my . . . My naels was papierdun en het heeltyd gebreek en geskeur. Nou is dit kliphard. CHARMAINE VAN DER BERG

Maak pere gouer ryp deur dit saam met ’n appel in ’n plastieksa­kkie te sit.

PAULI MOSTERT, ALEXANDERB­AAI

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa