Kuier

HALLO MY KUIER MENSE,

-

Dis beslis ’n groot voorreg om die formidabel­e Marlene le Roux op ons eerste voorblad van Vrouemaand te hê. Niemand kan stry dat sy beide in woord en daad ’n rolmodel is nie. Boonop is sy ’n groot Kuier- vriendin wat die tydskrif al sedert ons begin ondersteun en altyd daar is om te help.

Sy is ook al jare lank vir my persoonlik ’n groot inspirasie en dis glad nie ’n stil of stigtelike affêre as ons twee aan die gesels raak nie! (Ons praat mos ewe hard en ewe veel!) Maar wat ek die meeste van Marlene waardeer, is dat sy my altyd courage gee omdat sy altyd so eerlik met haarself en ander is. Sy maak dit amper oukei om ook jou hart skoon te maak.

Dankie Marlene, nadat ek jou storie gelees het, het ek die moed om aan die wêreld te sê:“Ek is ook nie ’n sterk vrou wat net alles kan vat wat die lewe na my kant toe gooi nie. Dit slaan my ook kliphard neer en soms vat dit nogal lank en baie kruip voor ek weer regop kom.”

Só moet ek bieg dat die corona-pandemie my op die knieë het. Ek sukkel om met alles te cope, maar dis oukei en dis ook oukei om dit te erken. Boonop het ek besef dít maak die weg oop om vir hulp te vra. So, baie dankie Marlene dat jy jou storie en jou pyn met ons gedeel het, dít maak ons sterker.

Moenie die Ware Lewensdram­a in hierdie uitgawe mis nie. Dit gaan baie harte (veral moederhart­e) breek, maar kinders wat moor, is ’n kwessie waaroor ons moet praat. Ek weet ook klaar daar gaan baie gesê word oor die krieketsto­rie, maar dis reg, want ons kom nêrens deur stil te bly nie.

Tot volgende keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa