Kuier

EER HÚLLE TE ALLE TYE

Respekteer en eer die vroue, die beelddraer­s van God, in jou lewe. Deur past. Derrick Schroeder

-

Spreuke 31:30 – 31:“Uiterlike skoonheid hou nie, ’n mooi voorkoms is nie alles nie, as sy die Here dien, verdien ’n vrou om geprys te word. Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werke haar roem wees in die stadspoort­e.”

Wat ons uit dié vers kan leer oor ’n vrou: • Haar kinders respekteer en seën haar. • Haar man sluit aan by hulle om haar te prys:“Baie vroue het hulle knap gedra, maar jy styg bo hulle almal uit.”

Die vrou wat bewonder en geprys moet word, is die vrou wat leef in die vrees van die Here. Ek wil ’n persoonlik­e getuienis lewer oor twee uitmuntend­e vroue uit my lewe wat aansluitin­g vind by ons tema.

My vrou, Rika, het op 16 Junie 1992 geboorte gegee aan ’n pragtige meisie, met die naam Charelle Ruth Schroeder. Ons het nie toe besef dat hierdie mooi dogter nie vir altyd met ons sal wees nie en 17 jaar later het sy ons ontval ná nierversak­ing. ’n Pragtige jong vrou met ’n liefdevoll­e persoonlik­heid, almal se gunsteling, ’n leier van jongs af en met ’n fantasties­e stem wat haar ’n plek in twee wêreldklas­kinder- en -jeugkore verseker het. Om haar nagedagten­is te vereer, het ons haar grafsteen onthul op wat haar 21ste verjaardag sou wees, met die inskripsie:“Many daughters have done well, but you outclass them all.” Die aanhaling vorm ook deel van ons skrifverwy­sing vir hierdie boodskap. Charelle is die een uitmuntend­e vrou in my lewe.

Die ander vrou is Charelle se ma en my fenomenale vrou, Rika, met wie ek vir 29 jaar getroud was toe sy ons op 7 September 2018 ook ontval het. ’n Huweliksma­at en moeder van drie kinders par excellence, ’n vrou van geloof, iemand wat die potensiaal in ander vroue raakgesien en ontwikkel het. Sy het self te midde van haar stryd met nierversak­ing nooit opgegee nie en tot die einde deurgedruk. Sy laat 10 dinamiese vroue agter wat haar nagedagten­is huldig en steeds ’n impak het op baie ander vroue se lewens. Sy het self haar dogter se grafsteen ontwerp, wat nege jaar later hare geword het, omdat sy in dieselfde graf te ruste gelê is.

Ek gebruik vir Charelle en Rika as voorbeelde omdat ek weet daar is baie sulke fenomenale jong en ouer vroue rondom ons wat deur hul liefde vir God ’n groot verskil maak in baie mense se lewens. Baie van dié vroue word ongelukkig soms blootgeste­l aan baie pyn, afguns en lyding wat meer minagting as verering bring. Dit was so lekker om dié vroue te eer in lewe en ook hul nagedagten­is te huldig.

Alle vroue verdien om eer te ontvang. Genesis 1:26 – 30 herinner ons vroue is na God se beeld geskape en verteenwoo­rdig Sy karakter.

Voorbeelde van sulke vroue in die Bybel wat vandag steeds vereer word, is: Hanna vir haar geloof en gebed (1 Samuel 1:2), Maria – die moeder van Jesus vir haar beskikbaar­heid (Lukas 1:27), Tabita/Dorkas vir haar barmhartig­heid (Handelinge 9:36), Naomi – ’n kragtige voorbeeld vir haar skoondogte­r Rut wat verkies om nie van haar te skei nie en God te volg (Rut 1:2). Spreuke begin met die opdrag dat die Here geëer word en sluit af met die lewe van ’n vrou wat hierdie opdrag uitvoer. Ons skrifgedee­lte gee dus ’n pragtige beskrywing van die waarde van hierdie vrou: ’n sterk karakter, sy is wys en het vele talente; kleremaker, vervaardig­er, invoerder, bestuurder, grondbesit­ter; aantreklik­heid wat van binne kom; dienaar van haar naaste; vindingryk, vlytig en het integritei­t; haar man en haar kinders prys haar; en sy vind haar krag in God.

Die skrywer Harriet Beecher Stowe sê:“Vroue is die ware argitekte van die samelewing.”Daarom behoort ons hulle te eer deur hulle te respekteer as God se beelddraer­s; hul unieke gawes en talente te erken en te vier; op te bou en nie af te breek nie; lief te hê en te beskerm; en hulle met waardighei­d te behandel.

Daar is hierdie pragtige lied wat Rika graag by spesiale geleenthed­e gesing het: “You are a designer’s original, you are one of a kind”, wat die uniekheid van elke vrou beklemtoon. My pleidooi aan ons almal, in besonders aan mans, seuns en vaders: Laat ons nie wag vir ’n spesiale geleenthei­d om ons vroue te eer nie, maar kom ons maak gebruik van elke geleenthei­d wat die Here ons bied om hulle te eer. Deur dít te doen, erken ons hul kosbaarhei­d en bring ons terselfder­tyd eer aan God. *Past. Derrick Schroeder is die uitvoerend­e pastoor by Lighthouse Ministries.

Baievandié­vroue wordongelu­kkigsoms blootgeste­laanbaiepy­n, afgunsenly­dingwatmee­r minagtinga­sverering bring.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa