Kuier

Marlene MAAK OOP

-

“Ek het heeltyd geweet ek kan nie die kind faal nie. My konstante bekommerni­s was die volgende operasie, dat hospitaalp­ersoneel nie behoorlik opgelei is om hom te versorg nie. Daarom was ek altyd by hom as hy in die hospitaal moes bly. Ek het myself belowe ek kon dit doen en dat ek hom nooit in ’n inrigting sal sit nie, so hy was omring deur liefde.”

Tog het Adam nooit vir Marlene soos ’n las gevoel nie.“Hy het vir my meer dinge laat bereik, hy was my maatjie.”

In 2014 het Adam ’n enorme epilepties­e toeval en ’n beroerte gehad.“Dokters het aangeraai dat ons die masjiene afskakel, maar ek het ’nee’gesê. Die hartseerst­e deel was dat Adam sy vermoë om te glimlag, hardop te lag en te huil, verloor het. Ons kon mekaar net aanraak . . . Dit het gevoel asof ek hom gefaal het . . .”erken sy.

In 2017 het Marlene begin om haar tuin voor te berei vir Aimee se 21ste en haar 50ste verjaardag. Hulle verjaar op 17 September.

“Maar ek sou nooit kon droom dat ek eers ’n begrafnis sou moes hou, twee weke voor ons milestone-verjaardae nie . . .”

Adam is net voor sy 16de verjaardag oorlede op 25 Augustus 2017 – die dag ná

Marlene se ma se 75ste verjaardag. Twee dae tevore het Marlene vir haar persoonlik­e assistent gesê dit voel haar kind verlaat haar.“Maar ek kan vir jou sê, jy is nooit voorbereid op die dood nie.”

Marlene het vir haar ma ’n partytjie by haar huis gegee.“Dis eintlik so wonderlik. Adam het altyd so alles aanvaar van die lewe. Sy bors was daardie dag nie lekker nie en ek was van plan om hom die volgende dag hospitaal toe te neem. Toe ek vir hom gaan nagsê, het hy my so met aandag gekyk,”onthou sy.

Daardie aand het Marlene tot 01:00 haar huis skoongemaa­k.“My ma het nog vir my gevra of ek mal is,”lag sy.“Ek sê toe vir haar ek weet nie wat môre gebeur nie, so laat ek maar eerder skoonmaak.”Vieruur daardie oggend is Adam in sy slaap oorlede.

 ??  ?? REGS: Marlene en Adam was baie geheg aan mekaar.
HEEL REGS: Sy en Adam by haar doktorale gradeplegt­igheid se viering twee maande voor sy sterfte.
REGS: Marlene en Adam was baie geheg aan mekaar. HEEL REGS: Sy en Adam by haar doktorale gradeplegt­igheid se viering twee maande voor sy sterfte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa