Kuier

Deur baie storms

-

Antie Sophie onthou die dag van Brendon se afsterwe asof dit gister was.“Soos gewoonlik het Brendon hier buite gespeel. My seun het vir sy kind (Brendon se niggie) gevra om haar neef te gaan roep. Brendon het gesê dat hy saam met sy niggie gaan loop en die twee is laggend hier weg.”Dié twee kinders het te lank gemaak en ná ’n rukkie het die antie en haar seun hulle gaan soek.“Ons kon hulle nie kry nie en het maar weer huis toe gegaan. Ons het geweet dat hulle spoedig sal terugkeer. Hulle het nooit te lank weggebly nie.”

Volgens die antie was sy skaars in die huis toe iemand haar kom roep en vertel dat Brendon daar bo in die pad lê.“Ek kon dit nie glo nie en het gedink hy het miskien siek geraak of iets, want hoekom sal hy dan nou in die pad lê?”Dit is toe dat sy hoor dat hy gesteek was.“Om eerlik te wees het dit steeds nie tot my deurgedrin­g nie, want wie sal dan nou vir Brendon wil steek? Hy is nie die tipe kind wat met ander kinders moeilikhei­d soek nie en ek het nooit eens gehoor dat hy met ’n ander kind baklei het nie.”

Haar ergste vrese is egter bewaarheid toe sy by die toneel aankom en haar bebloede kleinkind daar aantref.“Daar was bloed oral. Ek kon nie eens sien waar presies die bloed vandaan kom nie. Die kind het hom daar gelê en doodbloei en al wat ek kon doen, was om toe te kyk.”

Sy het toe begin rondvra.“Een van die mense het aan my uitgewys dat die kind wat dit gedoen het ook daar staan. Ek kon nie glo dat dit ’n 11-jarige kind was wat dit gedoen het nie. Watter kind steek iemand met ’n mes sonder om te dink aan die gevolge van sy aksies? En dan staan en kyk jy ook nog. Dit was vir my te veel . . .”

Dit is ’n hartseer antie Sophie wat vertel die gemeenskap het ook oproerig geraak.

“Hulle moes die kind (wat na bewering vir Brendon gesteek het) en sy pa toesluit in ’n huis, want die mense het antwoorde gesoek. Omdat almal weet watter tipe kind Brendon was, kon mense nie glo dat dit juis hý was wat doodgestee­k is nie.”

Volgens antie Sophie (na aanleiding van wat Brendon se niggie en ook die antie se kleinkind haar vertel het) het die neef en niggie straataf gehardloop toe die 11-jarige seun hulle voorgekeer het.

“Hy het glo op ’n muurtjie gesit en toe hulle straataf kom, het hy afgespring. Hy het toe glo aan Brendon gesê:‘Jy kom ek en jy d*nner mekaar’en toe Brendon hom nie antwoord nie, het hy die mes uitgepluk en Brendon in die nek gesteek.”

Die gedagte aan hoe Brendon gesteek word, is vir die antie een te veel en sy kan die trane nie meer keer nie.“Weet jy Brendon was ’n kind wat lief was vir speel? Meeste van sy vriende was meisiekind­ers en ek het hom altyd gevra hoekom hy ook nie met die seuns speel nie. Hy was ’n liefdevoll­e kind, hoekom sal die kind dan nou vir hom wil seermaak? Hoekom hý? Hy kon dan nie eens ’n vlieg skade aandoen nie.”

Antie Sophie moet vir ’n rukkie eers asemhaal om haar emosies onder beheer te kry.“Ek glo vas dat hy nog sou kon geleef het. Hy het letterlik daar gelê en doodbloei. Dit het ure vir die polisie en ambulans gevat om te kom. Ek sien nou nog die bloed in my geestesoog. Daar is nou so klomp stories oor die twee kinders wat baklei het, maar hulle het nie baklei nie. Hy het geen rede gehad om Brendon te steek nie. Niemand het die reg om iemand anders se lewe te neem nie, niemand nie . . .”

Dit is duidelik dat die wond nog rou is.“Elke dag sit ek buite en sien hoe die kinders aangehol kom van die skool af. En elke dag sit en wag ek vir Brendon om ook om daai draai te kom, tevergeefs, want hy sal nooit weer om daai draai kom nie. Daar gaan nooit weer kos in sy bak geskep word nie.”Sy vertel dat sy soms in haar huisie sit en dan wil sy na Brendon uitroep.

“Dan moet ek myself herinner dat hy nie meer daar is nie. Die kind wat alles vir

 ??  ?? LINKS: Steyn Booyse, Brendon se ouma, is steeds in stukke ná haar kleinkind se afsterwe. REGS: Brendon in die klas. BO: Sy klasmaats bring hulde aan hom by sy bank.
LINKS: Steyn Booyse, Brendon se ouma, is steeds in stukke ná haar kleinkind se afsterwe. REGS: Brendon in die klas. BO: Sy klasmaats bring hulde aan hom by sy bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa