Kuier

Seer vir albei families

-

my gedoen het, is nie meer nie. Hoe kom ’n mens oor dié hartseer?”wou die antie weet terwyl sy die trane met die agterkant van haar hand afvee.

Dan glimlag sy skielik.“Hy was so opgewonde om volgende jaar hoërskool toe te gaan. Hy was so ’n liewe kind en dit is juis hoekom dit so bitter moeilik is om te aanvaar dat hy op só ’n manier van ons weggeneem is. Hy was ’n slim kind, slimmer as die ander klôgoed. Hy het sommer sy huiswerk by die skool gedoen en hy kon jou altyd reghelp met ’n syfer. Sy toekoms was blink. Hy het drome gehad en hy het altyd gesê dat hy hard gaan werk om vir my ’n beter lewe te gee. En nou is hy weg . . .”

Antie Sophie vertel dis so ironies dat Brendon ook doodgestee­k is omdat sy pa op dieselfde manier ’n paar jaar terug gesterf het – ook onskuldig. “En hy was die dag by toe hulle sy pa steek met die mes. Hy het gesien hoe hulle sy pa doodsteek en dit is natuurlik iets wat hom altyd bygebly het. Eers het hy sy ma verloor (toe hy vyf was) en toe so skielik en wreedaardi­g sy pa. Vir sy jong ouderdom moes hy al baie storms trotseer, maar hy het nie toegelaat dat dit hom onderkry nie. Kinders wat sonder ouers grootraak is geneig om maar ’n bietjie van die pad af te dwaal, maar hy het nie toegelaat dat sy omstandigh­ede die rigting van sy lewe bepaal nie. Hy was maar altyd positief al het hy al so baie in die lewe verloor.”

Chris Spies, ’n Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het die voorval bevestig.

“Die Conville-polisie ondersoek ’n saak van moord ná die dood van ’n 12-jarige seun. ’n Voorlopige ondersoek het getoon dat die slagoffer en ’n seun ’n struweling gehad het. Die slagoffer het toe ’n steekwond aan die nek opgedoen en is later op die toneel deur paramedici dood verklaar.”

Volgens die polisie is die 11-jarige seun dieselfde Woensdag in hegtenis geneem in verband met die saak.“Een van sy ouers het hom na die polisiekan­toor gebring ná die voorval. Hy is later in die sorg van sy ouers vrygelaat.”Die beskuldigd­e het nie in die hof verskyn nie aangesien hy ingevolge die Wet“onder ouderdom”is. Die saak is aan maatskapli­ke dienste oorhandig.

Antie Sophie sê dat sy geen haat in haar hart kan dra nie, maar erken dat sy nog nie die kind vergewe het nie.“Soos ek verstaan, het daai kind ook al deur baie in sy lewe gegaan, maar dit gee hom nie die reg om te doen wat hy gedoen het nie. My kop raas elke keer wanneer ek dink dat dit ’n 11-jarige kind is wat Brendon gesteek het. Hoe kan ’n kind ’n ander kind so seermaak? Doodmaak? Is dit die tye waarin ons lewe? ’n Tyd waar kinders mekaar vermoor en meer hartseer veroorsaak as vreugde? Dit kan mos nie so werk nie!”sê sy terwyl die trane weer vrylik oor haar wange rol.

Sy verduideli­k wat die seer nog erger maak, is dat die polisie of maatskapli­ke dienste nie eens met hulle kommunikee­r nie.“Die polisie was nog nooit weer by my huis ná die voorval nie. Ek weet nie of hulle die kind in ’n plek van veiligheid gaan plaas nie. Ons weet absoluut niks en dit is nie regverdig nie. Ons verdien om te weet wat gedoen gaan word om daai kind te rehabilite­er en reg te help. Daar is duidelik iets fout en dit moet aangespree­k word.”

Sy vertel dat Brendon se niggie, wat saam met hom tydens die steekvoorv­al was, steeds berading ontvang.“Daai kind was deurmekaar en ons moes noodgedwon­ge hulp inroep om haar te help. Dit was ’n baie traumaties­e ervaring en ons is bly sy het ongedeerd daarvan afgekom.”

’n Familielid van die beskuldigd­e sê die voorval het ook húl lewens onherroepl­ik verander. “Dit is ’n tragedie wat hier gebeur het en niks wat ’n mens sê, kan dit goedpraat nie.”Volgens die familielid is die beskuldigd­e se ma onlangs oorlede en die wond is nog rou.“Hy het nog nie tyd gehad om met sy ma se dood vrede te maak nie en om jou ma op so ’n ouderdom te verloor, kan enige kind knak. Ek praat dit nie goed nie, maar ek dink as hy berading of hulp ontvang het ná sy ma se dood kon die tragedie vermy gewees het.”

Volgens die familielid is die kind in sy pa se toesig vrygelaat, maar die kind is tans by ander familieled­e uit vrees vir sy veiligheid.“Die kind is natuurlik nou bang en hy is by ander familieled­e sodat hy tyd kan neem om oor die ergste skok te kom. Die voorval het ook dié kind se lewe verander en sy onskuld heeltemal weggeneem. Ek kan nie dink die emosies waarmee hy nou moet sukkel nie.”Die kind ontvang tans berading.“Dit gaan nou baie beter met hom.

Meer as dit kan ek nie sê nie. Ons as familie treur saam met Brendon se familie en ons harte gaan uit na hulle.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa