KRING UIT. . .
Ras was nog altyd ’n issue in Suid-Afrikaanse sport, maar nou begin swart spelers uitpraat en hulle eis dat Black Lives Matter ook in ons land van belang is. DEUR JOHANN MAARMAN
In my kontrei het die ou mense altyd gesê: as die granaat bars, dan peul die pitte uit. En met die Black Lives Matter (BLM)-drama wat tot uitbarsting in Suid-Afrikaanse sport gekom het, word die ongelykhede en die stiefbehandeling van veral swart sportlui in die openbaar aan die maspaal vasgespyker.
Die BLM-beweging wat ontspring uit die lendene ná die dood van die Amerikaner George Floyd, het soveel emosie wêreldwyd losgemaak. Pleitend het hy sy laaste woorde geroggel:“Asseblief, ek kan nie asemhaal nie.”’n Moord wat regstreeks op sosiale media die wêreld ingestuur is.
Dit het gelei tot grootskaalse protes in Amerika en Brittanje en het later ook tot ander lande uitgekring. Miljoene mense het sy dood allermins as ’n blote ongeluk gesien. Vir hulle was dit moord in die eerste graad. Amerika het begin brand en winkels is gestroop en geplunder. Betogers moes met lemmetjiesdraad van die Withuis teruggehou word, maar die konserwatiewe aanhangers van pres. Donald Trump van Amerika het onomwonde verklaar dat teen die“boewe” opgetree moet word, met ander woorde skop-skiet-en-donner die BLM-aktiviste.
Dit was net ’n kwessie van tyd voor die BLM-beweging sou oorspoel na Suid-Afrika, want sportsterre van regoor die wêreld het ook hul stemme ten gunste van BLM laat opklink. Soveel te meer dat die Amerikaanse NFL (National Football League) gesê het die eens omstrede quarterback Colin Kaepernick, die eerste beroemde knie-sakker, is welkom terug op sy eie terme. Sonder swart spelers was daar beswaarlik basketbal, so die NBA (National Basketball Association) het nie teëgestribbel nie; en die Engelse Premierliga-sokkerspanne het op hul knieë gesak as ’n gebaar dat swart (en in die breë Suid-Afrikaanse konteks ook bruin) lewens saak maak. Selfs ’n snobsport soos Formule 1 het hul gewig agter die BLM-beweging gegooi en toe Lewis Hamilton ná sy soveelste oorwinning by die Steiermarkse GP sy gebalde vuis (in Suid-Afrika sou dit vertolk word met die Black Power-saluut) in die lug stoot en sy knie buig, was die gety onkeerbaar.
Petersen en ’n tros ander spelers. Toe het het rugbygeeste soos Peter de Villiers, Paul Treu en Ashwin Willemse ook hul steun aan die BLM-beweging toegesê en juis die ongelykhede wat nog in Suid-Afrikaanse rugby bestaan, uitgewys.
Sport en politiek was nog altyd aan die naelstring verbind. Sport was maar al die tyd ’n té handige knuppel vir politici om politieke punte op die telbord te sit. In die apartheidsera is sport verdeel volgens rasgrense. Wit Suid-Afrika het glad nie notisie gevat van swart Suid-Afrika se sportprestasies nie. Swart rugbyliggame moes maar met die krieseltjies tevrede wees wat van die sporttafel met die hand afgevee is. Die beste geriewe, speelvelde, toerusting en plekke in spanne was uitsluitlik gereserveer vir wittes. Hierdie uitsluiting van swart en bruin sportlui het gelei tot die totstandkoming van die SA Council on Sports (Sacos), wie se mantra was dat geen normale sport in ’n abnormale omgewing gespeel kan word nie en dié sportliggaam het ’n doring in die vlees van die regering geword. Sacos het hom prontuit beywer vir nie-rassige sport. Iets wat die regering van die dag nie voor kans gesien het nie, want apartheid was op die wetboeke en hulle kon agter dié se rokpante skuil.
Met sy apartheidswette het Suid-Afrika die muishond van wêreldsport geword en hulle is toe uit elke wêreldliggaam geskop en in die sportduisternis uitgewerp. Maar steeds het wit Suid-Afrika bly vasklou. Soos die Sondagkoerant Rapport dit gestel het: die sistematiese stroping onder