Kuier

Hoekom nou eers?

-

daar geen ruimte vir debat is nie terwyl ons juis eerlike gesprekke rondom die sportsitua­sie te hê.”’

Vir dr. Hendrik Snyders, sporthisto­rikus en departemen­tshoof in geskiedeni­s by die nasionale museum in Bloemfonte­in, is een van die mites dat wittes dink swart en bruin mense het rugby en ander sportsoort­e soos netbal, fietsry en krieket eers in 1995 ontdek toe die Springbokk­e die Wêreldbeke­r gewen het.

“Toe Nelson Mandela die Wêreldbeke­r saam met Francois Pienaar lig, is sport skaamteloo­s gebruik en misbruik vir politieke doeleindes. Dis absolute bog dat swart en bruin mense eers in die negentigja­re begin rugby speel het. Swart en bruin mense het ’n sportgeski­edenis wat strek van die begin van die 19de eeu. Daar is ook die wanperseps­ie dat bruin en swart nie ’n sportgeski­edenis het nie en vandaar het die aandrang gekom dat daar kwotaspele­rs moet wees in elke sportspan. Die historiese feite toon egter ’n heeltemal ander storie en dat swart en bruin gemeenskap­pe ’n ryke tapisserie van sport het.

“Solank as wat mense swart en bruin se sporttradi­sie ontken, solank sal die onregverdi­gheid en die kans op gelyke geleenthed­e steeds ’n hersenskim wees. Al wat swart en bruin sportmense vra, is dat hul sportverle­de erken moet word. Ek dink dit is ’n billike versoek, want daar word nou gemaak asof die moderne Westerse sportgeski­edenis die enigste sportgeski­edenis is wat daar vir Suid-Afrika bestaan. (In Amerika sluit BLM se doelwitte juis in die‘ontwrigtin­g van die Westersvoo­rgeskrewe kerngesins­truktuur’). Swart en bruin sport het ’n parallelle geskiedeni­s met wit geskiedeni­s en daar moet nie nou gemaak word asof die verlede van ons nie saak maak nie.”

Oor hoekom swart en bruin sportmense nou eers die moed bymekaarsk­raap om die onregverdi­ghede aan te spreek, sê Snyders hy het ’n probleem met sekere van die onderteken­aars.

“Ek het ’n wesenlike probleem met dit, want hier het ons te doen met die kwessie van moraliteit. Vir te lank is topstruktu­re in sport nog spierwit, wat vir my aanduidend is van die stelsel van aanspreekl­ikheid. Die vraag wat by my opkom is, hoekom praat die spelers nóú eers uit? Was dit die vet salaris wat hulle gekry het of was hulle bang dat hulle sekere voordele sou verloor indien hulle sou uitpraat? In ’n groot mate kan die blaam voor sportklubs gelê word, want hulle het hul aanspreekl­ikheidsrol versaak.

“’n Unie of sportfeder­asie se boublokke is klubs, maar ons klubs hou nie ons sportadmin­istrateurs verantwoor­delik nie. Klubs verkoop egter hul aanspreekl­ikheid vir ’n pot lensiesop. Sonder klubs kan ’n unie of sportfeder­asie nie bestaan nie. So administra­teurs moet luister na klubs en nie andersom nie. Dit is ook opmerklik dat van ons swart Suid-Afrikaanse sportlui wat verhef word tot super-gode glad nie ook hul sportgeski­edenis ken nie. In die aantal boeke wat ek al gelees het, is dit nogal beduidend van hoe min swart en bruin spelers weet hoe die hef in die vurk steek.”

Charles Beukes, deurwinter­de en gerekende sportadmin­istrateur, bekyk die BLMbewegin­g en die gepaardgaa­nde golf wat dit ontketen het, deur ’n ander lens.

“Kyk maar na die euforie toe Suid-Afrika verlede jaar die rugby-Wêreldbeke­r gewen het. Dit is nog nie eens ’n jaar later nie en ons is terug by armoede, hongersnoo­d en werklooshe­id. Ons is terug by die onsekerhed­e en blameer nou mekaar of ander vir die situasie in sport. Ons moet die vraag ook tog vra aan spelers en afrigters, of die fout alleen by wittes lê? Daar is sommige wat nou kwaad is omdat hulle nie destyds ’n werk gekry het nie of nie die span gehaal het nie. Van dié sportperso­ne verbloem hul skynheilig­heid en gebrek aan prestasie nou agter die BLM-masker, pleks dat hulle hand in eie boesem steek.

“My gevolgtrek­king hoekom spelers nou eers uitpraat, is dat hulle ’n gebrek aan leierskap en integritei­t toon en nie die moed van die oortuiging gehad het toe hulle deel was van die stelsel nie. Vir hulle was dit ’n saak van korttermyn-bevredigin­g, maar die langtermyn-probleme was steeds aanwesig. Hierdie spelers en afrigters het toegang gehad tot televisie, radio, koerante, tydskrifte en sosiale media, maar hulle het nooit opgestaan vir hul regte nie.”

Die laaste woord is nog allermins gerep oor die ongeregtig­hede in krieket, maar die tandepasta is nou uit die buis. Hierdie dekades lange stryd van ongeregtig­heid en bevoordeli­ng in sport is ’n spook wat gaan bly sweef.

 ??  ?? Makhaya Ntini
Makhaya Ntini
 ??  ?? Boeta Dippenaar
Boeta Dippenaar
 ??  ?? REGS: Ashwell Prince is een van die oud-Proteas wat hom uitspreek teen rassisme in krieket.
REGS: Ashwell Prince is een van die oud-Proteas wat hom uitspreek teen rassisme in krieket.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa