Kuier

Reik altyd uit

-

inperking aangekondi­g is, met breinkanke­r gediagnose­er. Net twee maande later, nadat Danya met dié nuus vrede gemaak het en noodgedwon­ge haar werk as ’n accounting administra­tor moes los, het sy ook ’n miskraam gehad.

Sy was nog besig om dié seer te verwerk toe haar pa twee weke daarna sterf weens die gevreesde Covid-19. Sy en haar suster, Jolene Hokoma (45), het ook positief getoets vir Covid-19.

“Dis ’n seer wat ek nie kan be-skryf nie. Om deur so baie goed op een slag te gaan, kan ’n mens knak. Maar ek glo dat ek met dié deel van my storie iemand anders se lewe ’n bietjie beter kan maak.”

Ten spyte van al dié hartseer het sy besluit om steeds voort te gaan met liefdadigh­eidswerk in die hoop dat sy ook ander se lewens kan verander. Haar liefde vir mense en liefdadigh­eidswerk het al kleintyd in haar ouerhuis begin.“Die mense sou altyd na my ouers kom om hulle hospitaal toe te ry as daar ’n noodgeval is. As iemand gesukkel het om die pot aan die kook te hou, sou my ouers vir hulle ’n sakkie pak. En my pa was ’n kontrakteu­r wat werk geskep het vir tieners wat nie elders werk kon kry nie as gevolg van hul kriminele rekord of gebrek aan matriekser­tifikaat.” Danya sê sy het altyd protected gevoel. “Kyk, ek was die babatjie en het twee ouer broers en ’n suster. So as hulle my nie beskerm het nie, het my ouers. Daar was altyd ’n tipe van safety net om my.”

Sy het“in die hartjie van die ghetto” grootgewor­d en bly steeds in Elsiesrivi­er.

“Enige kind wat op die Kaapse Vlakte grootgeraa­k het, kan jou vertel dat gunskote vir ons amper normaal was. Steeds is. Dit word deel van jou menswees en jy kom op ’n punt waar jy amper nie eens daarvoor skrik nie, maar dan begin ervaar jy die lewe daarbuite en jy besef dat dit nie normaal is. Jy besef dat dit nie reg is nie.”

Danya wou altyd bo haar omstandigh­ede uitstyg, maar toe sy op 16 swanger word met haar eerste kind, het dit vir haar gevoel of dié droom aan skerwe spat.

“Ek was baie geboelie deur onderwyser­s en kinders met my swangerska­p, maar ek moes deurdruk. Al was my geestestoe­stand geaffektee­r.”Sy het ná haar swangerska­p met depressie gesukkel. “Ek moes alleen man staan vir my kind en moes skool los om vir my kind te voorsien.” Sy het by Checkers as kassier begin werk en het saans skoolgegaa­n.“Daar was nou ’n kind ook waaraan ek moes dink en dis hoekom opgee nie ’n opsie was nie.”

Omdat sy weet hoe moeilik dit is om ’n kind alleen groot te maak, was haar eerste passion project gebaseer op jong ma’s in hospitale se maternity en antenatale sale.

“Daar is baie jong meisies wat kraam sonder ondersteun­ing of die nodige goedjies om hulle deur hul bevalling te dra. Die care packs bevat goed soos sanitêre doekies, waslappe, seep, tandepasta en onderklere. Net om aan hulle meer dignity te gee. Deur iets so klein aan hulle te gee, laat jy hulle besef daar is iemand wat omgee en dat hulle nie moet opgee nie.”

Dis ook uit dié projek wat die Lotus Street Foundation, wat Danya saam met haar kêrel, Marvin Levendal (38), begin het, gebore is. Die missie van die organisasi­e is om innoverend­e sosiale veranderin­gs te bring deur onderwys, kuns en tegnologie te bevorder.“Ons glo dis die dryfkrag agter opheffing, bemagtigin­g en verskaffin­g van broodnodig­e verligting in minderbevo­orregte gemeenskap­pe in die Wes-Kaap, veral die Kaapse Vlakte. Die naam Lotus stam van die Lotusblom. Selfs as die wortels van die Lotusblom in die vuilste water begrawe is, blom die Lotus steeds die mooiste. Maak nie saak waar dit geplant is nie en dit is dieselfde met ons gemeenskap­pe.”

Die Foundation bestaan uit verskeie projekte soos Danya’s Care Pack Drive (care packs vir tienermeis­ies wat geboorte skenk); Beyond Being Bullied (’n antibullyi­ng campaign); en die Covid-19 Relief (hulle versprei kospakkies regoor die WesKaap). Die Lotus Street Foundation het al meer as 22 gemeenskap­pe insluitend Elsiesrivi­er, Mitchells Plain, Kraaifonte­in, Kuilsrivie­r, Paarl, Saron en Langebaan gehelp.

Dis ook juis in Langebaan waar Danya vir antie Rosie, die dryfkrag agter Roses for Rosie, ontmoet het.“Ons het eendag in Langebaan kospakkies afgelewer toe ons by ’n huis kom waar daar net mure was – geen vensters of ’n dak nie, net mure. Ek kon nie anders om daar in te gaan nie en toe ontmoet ek vir antie Rosie.”

Antie Rosie het sowat drie jaar gelede alles verloor toe haar huis afgebrand het. Die brand is deur ’n kortsluiti­ng veroorsaak.

“Daar is een kamer wat nie afgebrand het nie en dis waarin die antie en haar dogter bly. Dit het my so baie gepla dat die vrou al vir drie jaar in sulke haglike omstandigh­ede bly. Ek moes iets doen.”

Die Roses for Rosie-projek is toe gestig. “Die Lotus Street Foundation het ’n fondsinsam­eling begin om vir die antie ’n huis te bou. Ek beoog om teen einde Desember met die bouery te begin, maar gaan mense se hulp makeer. Al gee elkeen net ’n R1 of ’n R10 – elke bietjie help. Ek wéét ons gaan van die projek ’n sukses maak.”

Tussendeur sorg Danya vir haar ma wat bedleênd is. En hoe hou sy kop bo water met alles wat in haar eie lewe aangaan en die nood in ons gemeenskap­pe?

“Daar is mense daarbuite wat deur baie erger dinge as jy gaan. Moenie jouself verloor nie en reik altyd uit na iemand anders. Daai bietjie wat jy gee, mag dalk meer as genoeg wees vir die volgende persoon. Deur te gee, versprei jy ’n bietjie lig en geluk en in die donker tye kan ons almal doen met ’n bietjie geluk.”

 ??  ?? BO: Danya en Marvin by antie Rosie in Langebaan. BO REGS: Danya se ouers, Frieda en Daniel.
BO: Danya en Marvin by antie Rosie in Langebaan. BO REGS: Danya se ouers, Frieda en Daniel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa