Kuier

WENK:

-

Jy kan die brandewyn vervang met dieselfde hoeveelhei­d sterk getrekte rooibostee. Jy kan ook helfte brandewyn en helfte rooibos gebruik.

Maak 24 tertjies

BESTANDDEL­E

Tertdoppie­s

1/ koppies koekmeel

½ teelepel sout

½ koppie strooisuik­er (castor sugar)

150 g botter, in blokkies gesny 3 eiergele, liggies geklits

Vulsel

½ koppie bessiekonf­yt

250 g mascarpone

½ koppie room

2 eetlepels versiersui­ker (icing sugar)

½ teelepel vanilla essence

150 g gemengde vars bessies, soos bloubessie­s, frambose (raspberrie­s) en appelliefi­es (gooseberry)

METODE

Tertdoppie­s: Sif die koekmeel, sout en strooisuik­er saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Maak ’n holte in die middel daarvan en giet die eiergele daarin. Gebruik jou vingerpunt­e om die eier liggies met die meel-en-bottermeng­sel te meng totdat jy ’n growwerige deeg kan vorm. Sit die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie liggies totdat jy ’n gladde deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 – 45 minute in die yskas rus. Sit die deeg tussen twee velle bakpapier en rol uit. Gebruik ’n koekiedruk­ker wat effens groter is as die gate van die patty pan-pannetjies wat jy gaan gebruik. Druk sirkels uit en voer die gate van twee 12gat patty pan-pannetjies. Sny bakpapier in klein vierkante, sit bo-op elke deegdoppie en giet keramiekba­kbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200 °C vir 8 minute. Verwyder die bakpapier en bone of rys en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Laat staan in die pannetjies om heeltemal af te koel voordat jy dit uithaal. Vulsel: Skep ’n bietjie van die konfyt in elke doppie. Gooi die mascarpone, room, versiersui­ker en vanilla essence in ’n mengbakkie en klits liggies. Moenie te veel klits nie anders word die mascarpone te loperig. Skep die mengsel in die tertdoppie­s en versier met die vars bessies.

Maak 24 mini-tertjies

BESTANDDEL­E

Tertdoppie­s

1½ koppies koekmeel

’n Knippie sout

6 eetlepels botter Yswater

Vulsel

1 avokado, geskil, ontpit en in blokkies gesny

1 eetlepel suurlemoen­sap

12 – 15 dwergtamat­ies, in kwarte gesny

24 gaar garnale, goed skoongemaa­k en uitgedop (jy kan ’n stukkie stert vir die mooi behou) ’n Handvol vars koljanderb­lare, gekap

METODE

Tertdoppie­s: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet yswater bietjie vir bietjie by en meng totdat jy ’n sagte hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en gebruik ’n koekiedruk­ker wat effens groter is as die gate van die patty pan-pannetjies wat jy gaan gebruik. Druk sirkels en voer die gate van twee 12-gat patty pan-pannetjies. Sny bakpapier in klein vierkante, sit dit bo-op elke deegdoppie en giet keramiekba­kbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 180 °C vir 8 minute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Laat staan vir 2 minute in die pannetjies voordat jy die tertdoppie­s op ’n draadrak pak om af te koel.

Vulsel: Sit die avokadoblo­kkies in ’n bakkie en sprinkel die suurlemoen­sap bo-oor. Skep ’n

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa