Kuier

KOM LEER SAAM wat om te verwag

-

Dis ’n understate­ment om te sê 2020 is op sy kop gekeer. En dis veral vanjaar se matrieks wat dit erg voel omdat hul laaste skooljaar basies deur die pandemie ingesluk is.

Hul matriekafs­keid is daarmee heen en talle matrieks, veral in behoeftige gemeenskap­pe, sukkel omdat hulle in level vier en vyf van die lockdown nie kon skoolgaan nie. En ja, baie van hulle wonder hoe hulle die eindeksame­n gaan slaag as die pandemie steeds ontwrigtin­g, paniek, angs en onsekerhei­d saai.

Kuier het ongelukkig nie ’n towerstaf om die pandemie te laat verdwyn en alles na normaal te laat terugkeer nie, maar ons gaan beslis nie niks doen nie!

Agt vakke (Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionel­e taal, wiskunde, wiskundige geletterdh­eid, besigheids­tudies, lewenswete­nskappe, toerisme en geskiedeni­s) word gedek in vanjaar se projek.

Matrikulan­te sal vanaf 17 Augustus tot 4 Desember wanneer die matriekein­deksamen min of meer tot ’n einde loop, toegang hê tot hierdie videoklass­e op Netwerk24 se #MySkool-blad sowel as op hul YouTube-kanaal. Dit beteken matrikulan­te kan op hul eie tyd en soveel kere as wat hulle wil terugkeer na die betrokke lesse. Bronmateri­aal sal as ’n bykomende hulpmiddel saam met die betrokke les beskikbaar gestel word.

Elke vak het 15 lesse met die uitsonderi­ng van toerisme en geskiedeni­s wat elk net agt lesse gaan bevat.

Die inhoud van die videoklass­e is ook so saamgestel dat dit matrikulan­te die beste moontlike kans gee om hul matriekein­deksamen suksesvol af te lê.

Behalwe die videoklass­e gaan matrikulan­te ook toegang hê tot ’n tolvrye hulplyn (080 111 2234) waar onnies regstaan om te help as jy vrae het oor die vakke wat in die videoklass­e gedek word. En as die stres ’n bietjie erg raak, kan matrieks én ouers hierdie hulplyn skakel vir sielkundig­e hulp. Maar onthou die sielkundig­e bystand is net beperk tot matrieks en hul skoolwerk; niks anders nie.

“Toe die pandemie ons tref, was Kuier reeds aan die beplan om ons Winterskoo­lprojek oudergewoo­nte tydens die Junievakan­sie aan te bied. Die skooljaar was op sy kop gekeer en die pandemie het fisiese klasse onmoontlik gemaak. Ons moes hard dink hoe ons matrikulan­te steeds kon help,”vertel Ernusta Maralack, artikelred­akteur van Kuier en ook projekleie­r van die Kuier Rapport Matriekkla­s 2020.

Volgens haar het dit ’n groot kopskuif en innoverend­e denke gekos om die projek in ’n baie kort tyd steeds te maak werk. Dit is hoekom daar uiteindeli­k op videoklass­e besluit is sodat matrikulan­te minstens steeds na ’n onderwyser kon kyk in ’n klasopset. Soveel meer matrikulan­te sal ook bereik kan word omdat klasse nou digitaal aangebied word.

Behalwe Kuier se Media24-vennote, is ons ook baie dankbaar vir Curro Durbanvill­e wat hul geriewe gratis beskikbaar gestel het om die videoklass­e in op te neem.

Vir Rhuwayda Mitchell, ’n onderwyser by Hoërskool Bernadino Heights in Kraaifonte­in in die Kaap en ook koördineer­der van die projek vir die afgelope drie jaar, kom die matrikulan­te nou eerste.

“Elke kind verdien ’n kans en vanjaar se matrikulan­te het so baie verloor. Covid-19 oorskadu alles van hul laaste skooljaar – ’n jaar waar hulle herinnerin­ge moes opbou. Vir baie leerders is dit die laaste keer dat hulle ooit weer hul vriende gaan sien. Baie leerders se onderwyser­s is nie by skole nie as gevolg van onderligge­nde siektes. Baie skole is‘gedwing’om onervare opvoeders te gebruik sodat onderrig kan plaasvind.

“Die Kuier Rapport Matriekkla­s 2020 is dus van kardinale belang, want dit maak die‘gap’toe, want dis gesoute, kundige, entoesiast­iese onnies (nasieners in die nasionale eksamen) wat die videoklass­e aanbied. Dus weet hulle presies watter dele van die werk moeilik is en waar leerders wat gedurende die grendeltyd geen kontak met onderwyser­s gehad het nie, baat kan by vind.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa