Kuier

Gratis hulp

-

Kuier, wat al sedert 2017 die Winterskoo­lprogram (’n bootcamp vir matrieks) aanbied, vat vanjaar hande saam met die Rapport Onderwysfo­nds (ROF), Netwerk24 en kykNET om matrikulan­te te help.

Dié projek heet amptelik die Kuier Rapport Matriekkla­s 2020 en word oudergewoo­nte in Afrikaans aangebied. Lesse word deur ervare onderwyser­s aangebied – van wie baie nasieners in die eindeksame­n is – en in videoforma­at opgeneem. Die videoklass­e is vanaf 17 Augustus tot 4 Desember gratis op Netwerk24 se #MySkool-blad beskikbaar. Dit is dieselfde blad waar Netwerk24 vroeër vanjaar aan die begin van die lockdown lesse vir hoërskooll­eerders aangebied het. Matrikulan­te en hul ouers moet net sorg dat hulle data of internetto­egang het om op Netwerk24 se #MySkool-blad te gaan, maar die inhoud is gratis. Hulle hoef dus nie enige subskripsi­efooie te betaal nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa