Kuier

Terug skool toe

-

Stephanie (nou 35), toe haar skoolloopb­aan saam met haar portuurgro­ep begin het, was Angelina, beter bekend as Angie, twaalf jaar ouer as háár matriekkla­smaats. Glo dit of nie, maar Angie was op haar ouderdom geboelie en onder meer die “ou girl”genoem, maar selfs dít kon haar nie keer nie! Matriek wou sy hê sodat sy verder kon gaan leer en ’n beter lewe vir haarself, haar man en drie kinders kon gee. Angie het in 1994 besluit het om terug te keer skool toe, want as ’n skoolverla­ter het sy destyds te veel gesukkel om ’n werk te kry wat ordentlik betaal. Sy moes tevrede wees met wat sy kon kry en vir ’n gesin van vyf, was dit eenvoudig nie genoeg nie. Haar man het daai tyd maar tussen R75 en R150 per maand verdien.

Toe besluit Angie dis letterlik terug skoolbanke toe. Dit sou te lank vat om haar matriek deeltyds te doen, daarom het Angie besluit sy gaan die real deal in ’n regte skool doen. Sy was selfs matriekafs­keid toe met haar man, Stephanus (60), as haar partner én het in die skoolkoor gesing! Vandag op 56 pluk Angie die vrugte van haar deursettin­gsvermoë! Want nie net het sy haar matriek voltooi en menslike hulpbronne­bestuur studeer nie, maar sy het ook ’n NPO, Rehoboth Training Centre, op Humansdorp gestig. Dié organisasi­e maak ’n groot verskil in die lewens van mense, wat soos sy, nie matriek kon klaarmaak nie. Nadat sy haar tersiêre kwalifikas­ie gekry het, het Angie uiteindeli­k haar werktuiste by Transnet gevind waar sy tot en met haar aftrede in 2016 as ’n menslike hulpbronpr­aktisyn gewerk het. Dit is ook hier waar sy elke dag gesien het hoe mense weggewys word omdat hulle nie matriek of ander kwalifikas­ies het. En net daar het sy besluit sy wou ’n verskil maak, want sy ken die pyn van ’n werksdeur wat in jou gesig toeklap.

En só het sy die Rehoboth Training Centre in 2018 gestig. Tot dusver het haar program al meer as 60 mense gehelp om hul matriek te kry. Angie is al vir meer as 15 jaar ook ’n pastoor. Haar drie kinders, Stephanie, Angelo (33) en Madeleine (31) is almal getroud en ook suksesvol in hul eie beroepe. Maar dit was nie ’n maklike pad

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa